Arbeidminister te blameer vir komende werksverliese

Foto ter illustrasie: (Foto: Facebook)

TLU SA betreur die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, se benadering en hantering van die geskil ten opsigte van die verhoogde minimumloon van 16,1% vir plaaswerkers.

“Ons het herhaaldelik na die minister uitgereik om ʼn gesprek aan te lê om tot ʼn sinvolle vergelyk en oplossing te kom,” sê Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Dit is ʼn kwade dag dat die minister van arbeid in ʼn land waar die werkloosheidsyfer op 42% staan, eerder bereid is om werksverliese te veroorsaak as om te probeer om na die belange van die werkers in die produksieproses om te sien. Wie kyk na die werklose mense in die land?”

Geldenhuys sê TLU SA het alles moontlik gedoen om te verhoed dat produsente afleggings moet doen om te kan voldoen aan die produksievereistes wat vir winsgewendheid nodig is. Die werklose massas wat smag na die geleentheid om te kan werk, maar deur die ANC se beleid daarvan ontneem word, skep ‘n onaanvaarbare sosio-maatskaplike probleem vir die land.

“Elke produsent moet nou opnuut hulle winsgewendheid en produktiwiteit ontleed en evalueer. Operasionele aanpassings sal noodwendig gemaak moet word om in produksie te bly,” voeg hy by.

Die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie verg nou dat alles moontlik gedoen word om dit te stimuleer sodat die land by ekonomiese groei kan uitkom. Dit sou insluit dat die produksiefaktore so bekostigbaar as moontlik binne bereik van die entrepreneurs geplaas moet word.

“Terwyl die president beloof om die ekonomie te herbou, beloof die minister afleggings en skade aan die ekonomie. Miskien moet die president oorweeg of Minister Nxesi wel die regte persoon vir die werk is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Gaan staan maar bakhande by julle sogenaamde president en kaders, want deur hulle gaan die werkloosheid net méér word! Ons boere kan dit eenvoudig nie bekostig nie en die minister dínk hy’s baie slim. Slim vang sy baas ne hoop hulle verstaan daai konsep mooi gggmmmfff pateties die regering tsssk net!

Pieter ·

So gaan dit as jy nie op skool was nie. Hy dink ons kry als verniet soos hy. Laat ouer people dan maar daar by hom gaan werk soek.

KB ·

Waar was Nxesi die afgelope 3-4 jaar? Nooit van hom gehoor nie.. net nóg ‘n nuttelose kader minister.

Ian ·

Die verskil tussen om ontplooi te word en aansoek te doen vir n pos is jy moet gekwalifiseerd wees en jy ding mee teen ander wanneer jy aansoek doen. As jy ontplooi word is skoling glad nie nodig nie jy moet slegs politiek kan doen. So kennis van jou werk is glad nie belangrik nie

Hennie J ·

Ons moet meer lees hierin; Hierdie mister (of is dit nou minister?) kies hierdie tye van ekonomiese depressie om die landbouers nog harder te druk EN bloot te stel aan gevolglike arbeidsonrus en vergelding. Duidelik een welbekende kommunistiese taktiek.

Francois Le Cochon ·

Werk word geskep deur ryk mense in ‘n land. Hoe meer rykes in ‘n land, hoe meer werksgeleenthede. Die teenoorgestelde is ook waar.

jzjz05 ·

By gesê as jy ryk wil wees moet jy jou ryk werk en nie van ander vir jou neem wat hulle voor gewerk het nie.

Regverdigheid ·

Sy eie mense gaan dood van honger, hy gee niks om kry mos meer as genoeg om van te leef sad sad!!!!

Bart-Man ·

Ongeskoolde arbeid was tot onlangs goedkoop arbeid. Ons het geleer dit was nog nooit nie. Die goedkoop arbeiders is nie betroubaar of betrokke nie. Kan nie op hulle staatmaak of vertrou nie. Geduurig siek of laat. Kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir toerusting of eiendom wat beskadig word deur nalatigheid nie. Genieg om aanhoudend seer te kry. Raak ontslae van hulle, koop beter toerusting en implemente.
Doen soveel moontlik self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.