Arbeidsdepartement sê oor ineenstorting van M1-brug

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die departement van arbeid het Woensdag ʼn mediakonferensie gehou om “voorlopige bevindinge” in die ondersoek na die M1-brug ineenstorting bekend te maak.

Tibor Szana, hoofinspekteur van die departement, het egter geen duidelikheid gegee oor die oorsaak van die tragedie soos verwag is nie. Szana het bloot die tydsraamwerk van die ondersoek bekendgemaak en gesê dit sal ongeveer ses maande duur voordat die bevindinge bekendgemaak sal word. “Ons het reeds met ons voorbereiding vir die formele ondersoek begin. Ons kyk na enigiets rondom ses maande in hierdie stadium,” het hy gesê.

“Mense moet in gedagte hou dat ons besig is om bewysstukke te versamel en dat daar talle partye by hierdie ondersoek betrokke is. Terwyl die ondersoek aan die gang is, sal ons vasstel hoeveel bykomende tyd nodig is.”

Twee mense is dood en meer as 20 beseer toe ʼn voetgangerbrug, wat nog in aanbou was, op 14 Oktober op die M1-snelweg ineengestort het. Ooggetuies het vroeër aangevoer die brug, naby die Graystonweg-afrit wat na Sandton lei, het ineengestort weens sterk rukwinde in die gebied.

Volgens die departement is ander partye wat by die ondersoek betrokke is die Stad Johannesburg en die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap, wat Royal Haskoning DHV as agent aangestel het. Die boumaatskappy Murray & Roberts is die hoofkontrakteur.

Die saak is by die Bramley-polisiestasie aanhangig gemaak en word ook deur die SAPD ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JOHAN ·

Hoe kan ‘n eenvoudige tegniese ondersoek soos die 6 maande neem om af te handel. Of gaan daar weer konsultante vir miljoene rande ingeroep word om die ondersoek te doen omdat die amptenary nie bevoeg is om dit te doen nie.

GES ·

Daar gaan baie geld gespandeer word, geen uitslag en hopelik is alles vergete. Die handelsmerk van krippel Suid-Afrika.

Pieter ·

Daar was vir n lang ruk nie gewerk daar nie, konstruksie is sleg geroes/toestand en van die “scaffolding” was/is gesteel (Scrapmetal). Die resultaat is geskiedenis!

Debs ·

Johan, ons noem dit Afrika tyd …… en baie geld wat weer gespandeer word vir 6+ maande se ondersoek… ons lewe nou in Afrika.

Anton de Beer ·

En so 800,m noord is daar nog so ‘n tydelike brug oor die hoofweg gebou. Nou wat gebeur as die ook inmekaar tuimel en drie mense se dood veroorsaak voor hulle ses maande se ondersoek voltooi is?

Harry Coetzee ·

Volgens slegs lugfotos lyk dit of die brug se scaffold aan die een kant op “piles” ge anker was. Slegte grondtoestande. Dis duidelik vd fotos af dat dit geswig het. Groot gat is sigbaar. Die hele scsffold ondersteuning met brug struktuur bo , was alles vas aanmekaar. Met die meegee op die een punt het dit n domino effek gehad en die hele struktuut saamgesleep en laat val. Net n opinie en waarneming van dit wat ek van beskikbare fotos kon sien. Mag heeltemal verkeerd wees. Hoor graag wat sè struktuur ingenieurs.

Gjorg ·

Is ons darem nie gelukkig om soveel ingenieurs te hê wat Maroela volg nie, julle almal is tog so slim….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.