Mokgadi Pela, waarnemende woordvoerder van die departement, het gesê die man doen hom as ʼn arbeidsinspekteur voor en doen onvoorbereide inspeksies by persele voordat hy vra geld moet in sy rekening inbetaal word.
Volgens Pela is ʼn werkgewer in Howick onlangs deur die man bedrieg en hy het die departement laat weet. “Die bedrieër het beweer hy het gevind alles is nie in orde by die onderneming nie, waarna hy betaling versoek het.”
Pela het beklemtoon inspekteurs van die departement moet altyd identiteitskaarte by hulle dra. Hy het gesê die departement werk nou saam met die polisie om te verseker die bedrieër word gevang.
Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul naaste arbeidskantoor te kontak om inspekteurs se besonderhede te bevestig.
Maak Zuma oorure om geld te vat van arm mense?
Of is dit een van syn family lede?