Arbeidsdepartement waarsku oor bedrieër

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van arbeid in KwaZulu-Natal het die publiek gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ʼn bedrieër wat hom as ʼn inspekteur van die departement voordoen.

Mokgadi Pela, waarnemende woordvoerder van die departement, het gesê die man doen hom as ʼn arbeidsinspekteur voor en doen onvoorbereide inspeksies by persele voordat hy vra geld moet in sy rekening inbetaal word.

Volgens Pela is ʼn werkgewer in Howick onlangs deur die man bedrieg en hy het die departement laat weet. “Die bedrieër het beweer hy het gevind alles is nie in orde by die onderneming nie, waarna hy betaling versoek het.”

Pela het beklemtoon inspekteurs van die departement moet altyd identiteitskaarte by hulle dra. Hy het gesê die departement werk nou saam met die polisie om te verseker die bedrieër word gevang.

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul naaste arbeidskantoor te kontak om inspekteurs se besonderhede te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Simon ·

Maak Zuma oorure om geld te vat van arm mense?
Of is dit een van syn family lede?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.