Arbeidshof sê oor afleggings by SAL

(Argieffoto)

Die arbeidshof het Vrydag ʼn aansoek deur twee vakbonde, om ʼn interdik te bekom teen afleggings by die Suid-Afrikaanse lugdiens, van die hand gewys.

Dit volg ná die sakereddingspraktisyns vroeër aangekondig het verskeie vlugroetes sal gekanselleer word om koste te besnoei.

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging (Sacca) voer aan SAL se administrateurs probeer afleggings bespoedig buite ʼn verpligte 60 dae konsultasie.

Die lugdiens het bevestig dat afleggings onvermydelik is, maar hou vol dat alle verpligtinge aan personeel nagekom sal word.

Regter Graham Moshoana het in sy uitspraak gesê die SAL het nie afleggings in gedagte gehad nie en die verpligting om kragtens artikel 183 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge te konsulteer, was dus nie ʼn oorweging nie.

Die SAL is in sakeredding geplaas ná die lugdiens die afgelope twee jaar meer as R10 miljard se verliese gely het. ʼn Staking verlede jaar het die lugdiens ʼn verdere hou toegedien en die lugdiens daagliks meer as R50 miljoen uit die sak gejaag.

Die sakereddingspraktisyns het verlede week aangekondig die lugdiens sal vanaf 1 Maart verskeie internasionale roetes opskort en plaaslike roetes vir Durban, Oos-Londen en Port Elizabeth.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Die vakbonde het reeds gesê dat hulle die saak nie daar gaan laat nie. Hulle is magsbehep en sluk swaar aan ‘n nederlaag. Hulle gaan waarskynlik stakings reël. Ek hoop so, want dit sal moontlik die SAL se finale ondergang beteken wat tot die land se voordeel sal wees.

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. Ek hoop hulle staak dan is een staats grap uit die weg uit. Eskom moet volgende wees. Hulle kon nie so ver dink dat plunder en wanbestuur hierdie uiteinde sou oplewer nie.

Tjom ·

Nie seker hoe n vermindering van roetes NIE sal lei tot personeel aflegging nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.