Arbeidshof sê oor oudpolisiehoof se afdanking

Die voormalige polisiekommissaris Khomotso Phahlane.

Die arbeidshof het lt.genl. Khomotso Phahlane, ʼn voormalige waarnemende polisiehoof, se aansoek om sy afdanking uit die polisie ter syde te stel, van die hand gewys.

Phahlane is by beweerde tenderbedrog van sowat R86 miljoen betrek wat verband hou met die aanskaffing van blou ligte en ander toerusting.

Hy is in 2017 geskors en die tugverhoor teen hom, op verskeie aanklagte van wangedrag, is in April 2018 voor adv. Terry Motau SC aangehoor.

Phahlane is in dié tugverhoor skuldig bevind en daar is aanbeveel dat hy afgedank word. Hy het die hooggeregshof sonder welslae gevra om die bevindings te laat hersien en het daarna die arbeidshof genader met ʼn aansoek om die stappe wat die polisie teen hom gedoen het, onregmatig te laat verklaar.

Regter André van Niekerk het Dinsdag bevind die arbeidshof het nie die jurisdiksie om te bepaal of ʼn afdanking onregmatig – in teenstelling met onbillik – is nie.

Van Niekerk het bevind as Phahlane wel afgedank word, soos die tugkomitee aanbeveel het, is daar steeds verskeie maniere waarop hy die regmatigheid en billikheid van die afdanking kan betwis.

Hy het Phahlane se aansoek verwerp.

Phahlane was van 2015 tot 2017 hoof van die polisie. Hy staan nou saam met verskeie ander senior offisiere tereg op aanklagte van bedrog. Die verhoor begin na verwagting in November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Nee man, kan nie reg wees nie! Hier het ons ‘n ANC kader sonder ‘n werk. Is daar nie ‘n ambassadeur of diplomaat pos iewers oop vir die ou? Jy kan NIE ‘n ANC kader laat sit sonder ‘n werk. Miskien iewers is daar ‘n PPE tender opening wat hy en sy arm familie kan in deelneem?

Kokerboom ·

Ja dis total onverstaanbaar. Die basiese kwaliteite is dan ‘n streng vereiste in ANC vir bevordering en ‘n uitstekende pos. Dis darem onregverdig. Die R85 mil en rente is nou opgebruik

Ou Baardbek ·

Korreksie: “Jy kan nie ……… lat sit sonder ‘n POS nie!” Niks te doen met ‘n “werk” nie!!

Adam Adriaan ·

En hy stap skotvry weg, met beloftes van hulp deur kaders, wat ons nie van weet nie. Koud en honger sal hy nie gaan slaap nie. Binne kort het die kaders nog ‘n miljoenêr, sonder dat hy ‘n vinger veroer het.

Excalibur ·

Die land, volk en hemele roep om Geregtigheid in hierdie kriminele staatsgreep wat die ANC en sy kaders toepas op alle gebiede. Suid-Afrika se wereld status het van Setlaars, Britse Onderdrukking, Trots Onafhanklikheid na voorbeeld Reenboognasie na “Gupta Roadkill” verander en is ons tans net ‘ stinkende onooglike karkas langs die wereldontwikkelingspad…die mooi wat was as lankal vergete deur die oe van die wereld. Solank daar nie ‘n daadwerklike Politieke Wil en Rotsvaste wereldleierskap is nie sal pasief bo aktief seevier.

Nie Verbaas ·

Ek wonder hoekom Cele nooit aangekla is nie want hy is in 2012 deur Zuma afgedank as kommissaris van polisie agv korrupsie.

Jakes ·

Ek staan verstom. Die kerel is skuldig bevind aan bedrog en diefstal maar het steeds die howe genader om sy saak ter syde te stel. Sou graag sy argument wou hoor hoekom hy weer in sy pos moes aangestel word? Het hy dalk in die polisiekoor gesing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.