Arbeidshof verwerp aansoek oor afleggings by SAUK

(Foto: pixabay)

Die arbeidshof in Johannesburg het die vakbond Bemawu se aansoek dat die afleggingsproses by die SAUK heeltemal geskrap word van die hand gewys.

Bemawu het die hof gevra om ʼn stokkie voor die hele afleggingsproses te steek, ten spyte daarvan dat die openbare uitsaaier se raad einde verlede maand aangekondig het dat hy die proses verleng sodat verder beraadslaag kan word.

Die SAUK het gesê hy gaan die voorgestelde strukture in hierdie tyd hersien.

ʼn Herrie het losgebars nadat die SAUK aangekondig het dat hy 400 mense by die organisasie gaan aflê in ʼn hernieude poging om kop bo water te hou.

Bemawu het die SAUK hof toe gesleep en aangevoer die uitstel is onvoldoende en dat die hele proses opgeskort moet word. Hy het ook aangevoer daar was nie ʼn billike konsultasieproses oor die afleggings nie.

Hannes du Buisson, president van Bemawu, het aan SAUK Nuus gesê die uitspraak is teleurstellend, maar dat dit geensins die einde van die stryd is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Afleggings is een manier vir ‘n maatskappy wat geldlik sukkel om van hulle mense ‘n paket te offer, en in baie gevalle om van dooie hout ontslae te raak, en te herstruktureer. Na die uitpraak sal die SAUK nie met 400 stuks dooie hout sit wat elke maand moet betaal word nie! Dit sal seker ‘n besparing van R10 tot 15 miljoen ‘n maand wees. Onthou die 400 en meer, is wat Hlaudi Motsoeneng aangestel het om te verseker hy bly in sy pos.

Dries ·

Ek weet darem nie of die bekende omroepers van RSG wat aflegging in die gesig staar, dooie hout is nie. So hoewel ek met jou benadering saamstem, is ek nie oortuig dat die SABC wel daardie logiese roete gaan volg nie. Ek dink die dooit hout gaan my bly ronddryf op die sous(trein).

JohanR ·

Ja nee Dries….die omroepers van RSG is NET een groot hartseer storie. Die enigste ordentlike stasie om na te luister in SA.

Jakes ·

Hierdie fiasko is agv nog n staatsentiteit wat hopeloos te veel mense in diens het. Dis ongelukkig n pynlike situasie vir mense wat miskien na lang diens hul pos moet ontruim maar die bestuur wat na willekeur mense indiens geneem het moet eintlik pa staan vir hierdie gemors.

Jerry ·

Eerstens word baie van SABC se bestuur belaglik te veel betaal en Tweedens n staatsinstansie wat geld ontvang van die minderheid maar wil die meerderheid bevorder sal nooit volhoubaar wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.