Arbeidskomiteevoorsitter voldoen self nie aan arbeidswetgewing

Lumka Yengeni. Foto: Twitter

Lumka Yengeni. Foto: Twitter

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het bevind dat Lumka Yengeni, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor arbeid, strydig met arbeidswetgewing opgetree het rakende haar huishulp.

Die DA het intussen geëis dat Yengeni ontslaan word. “Yengeni het oor die hele land gereis en werknemers gekritiseer omdat hulle die land se arbeidswette oortree terwyl sy self nie die wette nagekom het nie,” het Ian Ollis, woordvoerder van die DA, gesê.

Volgens mediaberigte het Yengeni die regte van haar huishulp geskend deur haar af te dank sonder om aan die grondvereistes van die Indiensnemingswet en ander arbeidswetgewing te voldoen. Yengeni het onder meer nie ʼn aanstellingsbrief of kontrak aan haar huishulp verskaf nie. Die huishulp het nie ʼn salarisstrokie ontvang en geen verlofdae gekry nie. Sy is ook nie meer betaal wanneer sy gedwing is om op vakansiedae te werk nie.

Die berigte lui verder dat die huishulp nie ingelig is dat sy vir werkloosheidsversekering geregistreer is nie, dat daar nie werkloosheidsversekering van haar salaris afgetrek is nie en dat die huishulp nauurs aan diens was. Die huishulp is glo ook ʼn uniform en skoene beloof wat sy nooit gekry het nie. Sy was van 15 Julie 2013 tot 14 Februarie 2016 in Yengeni se diens waartydens sy geen verlof gekry het nie. Sy is sonder kennisgewing summier afgedank.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar en Yengeni moet ontslaan word as voorsitter van die arbeidskomitee,” het Ollis gesê. Volgens hom is dit onaanvaarbaar dat Yengeni die voorsitter is van ʼn komitee wat verantwoordelik is vir oorsig oor die KVBA en die departement van arbeid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Griki ·

Ek verstaan nie waarom Ian Ollis daarop aandring dat sy afgedank word nie. Die landswette geld mos nie vir die ANC-kaders nie en veral nie vir ‘n Yengeni nie.

tong innie kies ·

Ai tog.Sy kan/sal tog niks oorkom nie.Die wette geld mos nie vir Parlemendslede,en in besonder,ANC lede nie.

christine ·

Vaar Edike uit maar net vir die wit mense wat hulle vertrap. Klomp onbeholpe diktaters.

christine ·

Die wet was vir ons gemaak. Sy sal net maak soos sy wil sys ANC hulle vertrap maar die armtes van die armstes so

Boela ·

Tipies die ANC – wil vir almal voorskryf, maar voldoen self nie aan landswette nie. Hoekom moet ek enigsins ag slaan op wat só ‘n korrupte en oneerlike organisasie te sê het? Hoe durf hulle byvoorbeeld vanuit hul eenogige kommunistiese (im)moraliteit vir my voorskryf met wie ek mag assosieer en met wie nie (lees: (onder andere) Goede Hoop koshuis by die UP) terwyl een van hul eie parlementslede die regte van ‘n werknemer skend? Skande!

PJ ·

Netsoos die tannie van die Parlement wie se diere so verwaarloos was klomp patete

Flippie ·

Die arbeidswetgewing is net gemaak vir blankes. Swartes is nie aan die wet onderhewig nie.

Ek moet my arbeiders R130 per dag betaal. My swart buurmanne (ook boere soos ek) betaal R40 per dag. Ek word brsoek deur dept van Arbeid – hulle nie.

Ben Prinsloo ·

Die wette geld nie vir hulle nie want hulle is nie wit nie.

Siestog ·

Hulle voel vir hulle eie mense NIKS. Enige velkleur kan aan hulle mense doen wat hulle wil, sê wat hulle wil, noem wat hulle wil – solank dit net nie ‘n BLANKE is nie. Dan is jy ‘n rassis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.