ArcellorMittal gaan voort met afleggingsproses

Argieffoto (Foto: hera.org.nz)

Argieffoto (Foto: hera.org.nz)

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat hy die impak van die afleggings by ArcellorMittal se Vereeniging-walserye op sy lede wil beperk. Dit volg nadat die land se grootste staalprodusent ’n afleggingskennisgewing aan vakbonde gestuur het. Ongeveer 600 poste sal deur die afleggings geraak word.

Volgens Marius Croucamp, hoof van die Metaal- en Ingenieursbedryf by Solidariteit, het Solidariteit reeds voor die amptelike kennisgewing ontvang is aktief aan konsultasiegesprekke met die staalprodusent deelgeneem. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die getal lede wat deur hierdie proses geaffekteer word so laag as moontlik te hou,” het Croucamp gesê. Solidariteit het sowat 280 lede wat by die walsery werksaam is.

Die aankondiging volg kort nadat Evraz Highveld Steel ook ’n afleggingsproses van stapel gestuur het en Kumba onlangs die sluiting van sy Thabazimbi-myn aangekondig het. “Die staalbedryf beleef tans ’n baie moeilike tydperk en Solidariteit sal gevolglik alles in sy vermoë doen om lede in die bedryf by te staan,” het Croucamp gesê.

Geen verdere inligting is tans bekend oor wanneer die konsultasiefase van die afleggingsproses ’n aanvang sal neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Ek wil vandag in al my bitterheid se ek voel baie jammer vir die werkers wat hulle werk gaan verloor. Maar hierdie is die begin van die blinde sambok wat al hoe harder en swaarder gaan slaan vir Mittel en ek hoop hy verloor elke sent net oor die manier waar hy sy kontrakteurs behandel!!!!

Johann Marx ·

Dis wat gebeur as arbeid nie net te duur raak nie, maar hulle ook begin voorskriftelik raak oor HOE die maatskappy bestuur moet word. Ek het my eie besigheid. Gat af gewerk vir dae en nagte om dit op te bou. Ek vat AL die risiko’s en verantwoordelikhede…..en nou verwag die nuwe Suid Afrika ek moet die helfte daarvan oorgee aan ‘n “zero potensiaal, onproduktiewe, geen besigheidskennis vennoot”…..net omdat ek en hy van twee verskillende rasse is?

Johan 2 ·

100% johan, ek voel net so gatvol…oorweeg Botswana of Namibia, maar Nam. Maak selfde ras geluide.

CHRISTA ·

Ek stem!! Hulle HOEF ook nie meer te staak nie, want hulle HOEF ook mos nie meer werk toe te gaan nie!! Hoe lekker!!!

Piet Pompies ·

Vir baie jare het die eienaars van besighede soos die vir hulself enorme bedrae geld in buitelandse rekenige gesit. Die werkers is misbruik met Klein salarisse, onvoldoende pesioen, SWAK medies net om die winste wat nie met die werkers gedeel word, groter te maak. Nou word die skouers opgetrek en mense afgedank. Daar moet eintlik ‘n wet wees wat bepaal dat ‘n persentasie van die nett wins in ‘n trust funds gesit word om die salarisse van seekers te betaal in moeilikke tye. In SA word mense en hulpbronne misbruik om ‘n Klein hoeveelheid rykes nog ryker te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.