ArcelorMittal – Impak op Weskus astronomies

staalbedryf seifsa

Argieffoto: Hera.org.nz

Tania Heyns en Vryskut

Die sluiting van ArcelorMittal se tak in Saldanha sal duisende mense werkloos laat en die hele Weskus se ekonomie in duie laat stort. Só sê ekonome en sakelui nadat die staalreus Maandag aangekondig het hy gaan sy fabriek in Saldanha sluit.

Dawie Roodt, die hoofekonoom by die Efficient Group, verduidelik dat dit nie net bloot die aanleg se 900 werknemers is wat hul werk kwyt gaan wees nie, maar dat daar ook diegene is wat indirek geraak word onder meer vervoerkontrakteurs en verskaffers.

“Dit is ʼn ramp vir die dorp. Hierdie mense gaan waarskynlik verhuis om in die stede geholpe te raak,” sê Roodt.

Sedert 1996 draai die Weskus se ekonomie om Saldanha Staal. Werknemers woon hoofsaaklik in Saldanha, Jacobsbaai, Vredenburg, Paternoster, St. Helenabaai en Langebaan en hul kinders gaan hier skool.

“Dis ʼn tragedie. Dit gaan ons almal ruk,” het Kevin Craill, algemene bestuurder van Anderson & Kerr gesê oor die sluiting van ArcelorMittal se tak in Saldanha. Anderson & Kerr vervaardig hidrouliese en pneumatiese komponente.

Hy sê die invloed op werkloosheid strek veel verder as bloot net die werknemers van Arcelor wat afgedank word.

As die kontrakteurs, diensverskaffers en ondernemings wat die grootste deel van hul werk by Saldanha Staal gekry het in ag geneem word, reken Craill tussen 7 000 en 8 000 mense sal direk deur die aankondiging geraak word. “Dit gaan verrykende gevolge vir die Weskus hê.”

Hy verwag dat baie ander ondernemings ook hul deure gaan moet sluit.

“Dit het gelyk of Saldanha Staal al hoe meer sukkel en daar was sprake van toemaak, maar ek dink nie enigiemand het verwag dat dit regtig gaan toemaak-toemaak nie. Die hartseer is dat die grootste probleem nie die produk is nie, maar dat elektrisiteit, vervoerkoste en al die beperkende wetgewing te duur was.”

Argieffoto (Foto: MEIBC, Facebook)

Shanah Damonse, voorsitter van die Weskus-sakekamer, het die aankondiging as die “mees katastrofiese ding wat kon gebeur het” beskryf. “Dit gaan ʼn groot impak op die plaaslike ekonomie en die gemeenskap hê.” Sy glo dat rolspelers soos Eskom grootliks bygedra het daartoe dat die deure sluit. Dit is kommerwekkend dat dit wat op nasionale vlak nie reg bestuur word nie, so ʼn verwoestende impak op plaaslike ondernemings gaan hê.”

Andy Wahl, besturende direkteur van Vaalmac, ʼn ingenieursfirma wat 95% van hul werk by Saldanha Staal kry, het gesê die sluiting is “verwoestend”. “Niemand het dit verwag nie. Dit gaan ʼn groot impak hê om alle sakeondernemings in die Weskus.” Vaalmac het reeds voorraad vir die nuwe jaar aangekoop, eksklusief vir Saldanha Staal, waarmee hulle nou niks kan doen nie.

Marius Koen, burgemeester van Saldanha-munisipaliteit, het sy hartseer oor die aankondiging uitgespreek. “Dit gaan ʼn geweldige impak op die plaaslike ekonomie hê. Ons is al drie maande in gesprek met ArcelorMittal en het van ons kant vir hulle korting gegee op water wat R700 000 beloop het. Dit gaan ʼn rowwe en massiewe effek op die Weskus hê.”

Roodt sê dit was egter onvermydelik dat die aanleg sy deure sou sluit weens die ligging daarvan.

“Die aanleg het alles wat teen hom tel. Nie net is die aanleg klein nie, maar dis ook ver van die stede. Staalfabrieke is veronderstel om groot en sentraal te wees. Dit is onvermydelik dat dit sou gebeur het en dit gaan waarskynlik al meer in relatief klein dorpies gebeur.”

staalbedryf seifsa

Argieffoto: Hera.org.nz

Volgens Roodt kan ondernemings in die landbou en mynboubedryf nog ʼn bestaan in dié dorpies maak. Hy meen dat die vervaardigersbedryf se kans op bestaan egter veel skraler is.

Roodt voer aan dat selfs al was daar ʼn manier om die aanleg se deure oop te hou, hy nie ten gunste daarvan sou wees nie. “Dit maak nie sin om ’n ding te red wat nie gered kan word nie.”

Mike Schüssler, die hoofekonoom by Economists.co.za, meen op sy beurt dat die aanleg se grootte nie te blameer is vir sy mislukking nie.

Volgens Schüssler kan Suid-Afrikaanse aanlegte egter nie meer vir internasionale aanlegte kers vashou nie.

“Dit gaan nie oor klein of groot nie. Dis baie moeilik in die staalbedryf as jy nie mededingend is nie,” verduidelik hy.

Schüssler voer aan dat ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se pryse, kwaliteit en tegnologie bloot nie op dieselfde vlak as internasionale aanlegte is nie.

“Suid-Afrika is besig om sy mededingendheid te verloor. Veral as dit kom by uitvoere. Daar is ook ander faktore soos kragonderbrekings en dreigende stakings wat daartoe bydra dat so ʼn aanleg net nooit voor kan kom nie.”

Schüssler is onlangs die taak gegee om ʼn impakstudie te doen oor die effek van die huidige en voorgestelde heffings op staalprodukte. Die studie het bevind dat Amsa se ystererts, kooksteenkool en skrootmetaal goedkoper is as die wêreldgemiddelde en 18% goedkoper as die prys wat China betaal.

Amsa se staal is egter tussen 18% en 27% duurder as die gemiddelde wêreldstaalprys en die prys van China se staal.

“Die bevindinge wys daarop dat Amsa nie met die wêreld se suksesvolste staalfabrieke kan meeding nie, grotendeels weens sy buitensporige bedryfsuitgawes en die verouderde staalfabriek,” sê Schüssler.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

m ·

Dis skokkend om te hoor Saldanaha staal gaan toemaak, maar sal nie verbaas wees as die Chinese dit opkoop vir ‘n appel en ‘n ui nie.
Ek’s seker die ANC regering sal hulle daarmee kan help!!

m ·

ja, ja, ja, “whatever”. Bly om te sien ek kon jou dag maak @Taalondersoeker!!

K P ·

Maak julle deure toe as julle dit nie kan maak. Hier is genoeg ondernemings soos Eskom wat soos aasvoëls die land opvreet

Johanna Botha ·

En die chinese gaan SA voorsien met ons eie staal net goedkoper …..werkloosheid nog hoer onder die anc se bewind …wat beleggers en kundige belasting betalers net verjaag

Pieter ·

Jip, nes hulle gemaak het met “rare earth minerals”. Sodra hulle monopoly het, styg prys die hoogte in. Kyk bietjie rond – staal word orals gebruik. Geen land kan ontwikkel sonder ‘n gevestigde staalbedryf nie. Economics101

Johan ·

Dit is maar nog net n ramp wat gestapel kan word bo-op Transnet, Eskom, Telkom, en al die honderde ander rampe. Dit is waarlik n groot ramp vir die hele weskus. Sterkte mense.

jan ·

Dawie Roodt se aand- en môrepraatjies stem nie altyd ooreen nie. Hoe kan dit beter wees om plek te sluit wanneer SA meer uitvoere benodig, meer werk, meer belasting, meer…
Kry eerder iemand anders om dit oor te neem. Verstaan daar’s baie belangstelling in Saldanha…, maar AMSA is bang vir kompetisie. Klink nie asof hulle enigsins bele het in tegnologie vandat Iskor ontbind was nie.

Katvis ·

Jan, dit gaan bloot oor rand en sent. As iets nie werk nie, dan werk dit nie. Dis soos Eskom, dit kry geld, maar dit kan nie kop bo water hou weens al die skuld nie. Ek stem saam met Dawie. Dit het gewerk op ‘n kol, maar nou kan hulle nie meer kersvas hou nie. Dis ‘n mislukking en ramp. Dis die slotsom van die ANC se rippel effek

JV ·

Dit is hartseer dat soveel mense sonder werk gaan wees en die dorpe rondom Saldanha wat ook daaronder gaan lei.

jerome ·

Verstaan nie die opwinding nie. Saldanha sluit elke 4 fo 5 jaar. Gaan maar deur weslander se argief. Dink die plek sou al toemaak voor hy gebou was. Selfde artikel, net datum wat verander word.

Liz ·

So is ou Cyril vreeslik bragerig met sy beleggings wat hy lok. Paar honderd mense kry werk en dis orals in die nuus. Intussen verloor n paar 1000 mense elke maand hul werk. Wie probeer hy flous. Terloops. Dit kos goedkoper om staal in te voer van die ooste as om n trok vol staal van Jhb af te vervoer Kaap toe.

Kolskoot ·

In die huidige Suid Afrika gaan nog baie besighede vou asgevolg van bee implentering as julle die ekonomie wil laat groei en werk wil skep raak ontslae van beee in die res van die werld was dit n ramp maar nee die regering maak te veel geld daaruit basta daarmee hou op om die mense te laat betaal vir die verlede julle meer skade aan aan die hede hoekom hoekom neem die ANC dit nie oor nie onder swart bestuur sal die plek floreer of kan ZUMA en sy pelle dit nie oorneem nie my innige simpatie met die werkers

Wielspore ·

Yskor Saldanha was in 1994 nuut en dit is reeds daar gebou naby Kaapstad vir die uitvoermark en rou materiaal naby die ystererts spoorlyn. Werknemers is by Pretoria, Vanderbijlpark en Newcastle op hulle name gekies om daar te gaan werk. Dit is nou ‘n klomp jare later en die tegnologie van 1994 is nie ekonomies om te bedryf in 2019. Die fabriek is net eenvoudig te oud om ekonomies bedryf te word. Waar is al die kapitaal heen wat die fabriek gemaak het vanaf 1994 to nou toe, beslis nie belê in die modernisering van die fabriek. Daardie geld is tans in die hande van een of twee direkteure wat glad nie omgee wat nou met die mense en die fabriek gebeur. Kyk maar, Yskor Newcastle gaan dieselfde pad loop. (Yskor – Mittal)
Sterkte aan mense wat hierdeur geraak word.

Oupa Vlakvark ·

En die Internasionale Draak Van Wêreldkompeteerbaarheid pynig die Suid-Afrikaanse nasie toenemend. Daar is net één oplossing: beveg die Draak met wêreldkompeteerbaarheid. Geen vakbond gaan SA red nie. Finish en klaar.

Leon ·

En vir wie moet ons bedank, die ANC. Net nog ‘n veertjie in hulle hoed. Hulle het nog ‘n maatskappy laat toemaak saam met hulle unie vriende. Die unies regeer mos Suid Afrika.

Gustav Venter ·

Groot verskil tussen “verrykende” en “verreikende” gevolge, hoewel verrykend dikwels verreikend kan wees.

Frans ·

Liewe joernaliste, ek neem aan julle skryf die berigte onder druk, maar let op na jul spelling en taalgebruik; byvoorbeeld: verrykende teenoor verreikende.

Kraaibakke ·

Ja hulle sal seker die staalfabriek werkers gratis stede toe verplaas ,die stede is mos maar die dumping ground ,waar moet hulle werk kry ,nie politiesie met onversadige sakke nie .Dit is werksmense met bloed in sy are en behoeftes.

Francois ·

Ek stem Marous, gaan Google maar net “South Africa’s economic downward spiral” en jy sal dae se uiters bekommerde leeswerk he…IMO en tov wat ek gelees het sover, is RSA se ekonomie deur korrupsie en wanbestuur (gebrek aan bestuur) soos n trein sonder remme op ‘n afdraende en die spoor se einde is in sig…

DC ·

Marous se siening is ongelukkig korrek. Besigheidslui het nie meer vertroue. Die owerheid weet nie om n eknomie of land te ontwikkel nie. Dis tyd v nuwe bestel. In tussen is dit elkeen v homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.