ʼn Argitek is Donderdagoggend dood langs sy motor aangetref, op die pad tussen Bultfontein en Wesselsbron.
Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is om 09:10 ingelig van ʼn onbekende persoon wat langs sy motor lê, sowat 10 km van Bultfontein af.
Beamptes van verskeie eenhede het onmiddellik na die toneel gehaas.
“Die liggaam van ʼn man is op die grond langs sy Honda Ballade aangetref. Die voertuig se vensters was gebreek. Doppies het op die teerpad gelê en dit lyk of die man geskiet is terwyl hy bestuur het. Hy het ʼn skietwond aan sy kop gehad,” het Thakeng gesê.
Die man, van Bloemfontein, was glo op pad na ʼn bouprojek in Wesselsbron toe die voorval plaasgevind het.
Die motief vir die moord word nog ondersoek.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Elisha Tshabalala by 082 466 7928 kontak.
‘n Man word doodgeskiet terwyl hy sy voertuig bestuur. ‘n Vrou word binne in ‘n bank vermoor. Misdaad het jare gelede reeds hand-uit geruk, maar bly eskaleer! En niks word daaraan gedoen nie, daarom word dit al erger.
Hy was seker weer opposisie vir iemand wat ‘n tender of iets betref.
ñ lewe in SA is niks meer werd nie!
Laar ek jou woorde regstel, die lewe van die gewone mens is niks werd nie, maar die lewe van die misdadiger is kosbaar vir ons linkse liberaliste.
Volgens ander berigte was dit ‘n sluipmoord gewees…..
Blanke man? Ek neem so aan want daar is geen artikel op news24 nie.
54 jarige mnr Francois Roodt
Sjoe dit is baie erg… Sterkte vir sy familie , mag die VADER vir julle baie krag en vertroosting bied.