‘Argitekte van Vuwani-krisis’ moet nou oplossing vind, sê Sadou

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in Limpopo het Dinsdag gesê die “argitekte” van die betogings wat Vuwani in ʼn krisis gedompel het, moet nou die krisis oplos ná ʼn ingrypingspan gefaal het.

“Iemand het die probleem geskep, en daardie persoon moet ons help om dit op te los,” het Ronny Morwatsehla, provinsiale voorsitter van Sadou, tydens ʼn georganiseerde gebedsvergadering aan inwoners gesê.

Minstens 20 skole is in April gevandaliseer en afgebrand toe die munisipale afbakeningsraad besluit het om Vuwani onder ʼn nuwe munisipaliteit te laat val, en weg te neem by Makhado-munisipaliteit (Louis Trichardt).

Morwatsehla het aan inwoners gesê God luister na hulle gebede om die ongewilde besluit van die munisipale afbakeningsraad om te draai.

Skoliere kon intussen nog nie weer skool toe gaan nie en nabygeleë skole het hulle ook weggewys, uit vrees dat die betogers hulle skole ook sal teiken.

Morwatsehla het ouers versoek om hul kinders na die mobiele klaskamers, wat die regering verskaf het, te stuur, sodat hulle steeds vir die eksamen kan studeer. “Niemand glimlag oor die honderde leerlinge wat nou al vir meer as twee maande lank nie skool het nie,” het hy gesê. “Almal wil sien dat die kinders teruggaan skool toe.”

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Hy het die gesê die ingrypingspan wat gestuur is om die saak op te los, het opgegee. “Die bal is nou in ons hande. Stamhoof (Mmbangiseni) Masia, ek bid, tyd is nie aan ons kant nie,” het hy gesê en bygevoeg die toekoms en opvoeding van die skoliere is op die spel. “Dit is nou ʼn resies teen tyd.”

Masia het gesê die inwoners van Vuwani kan nie geboelie word om ʼn kompromie van die regering te aanvaar nie. “Ons baklei nie teen die regering nie, ons baklei teen sy swak besluite. Ons sal steeds vir hulle stem [in die verkiesing], en dan met ons struggle voortgaan,” het hy gesê.

Die polisie se eenheid teen openbare geweld, wat in Vuwani gestasioneer is ná die gewelddadige betogings in April uitgebreek het, bly steeds in die gebied. Ongeveer 23 skole is afgebrand en meer as 2 000 matrikulante het reeds hul eksamen misgeloop.

Pres. Jacob Zuma het ʼn ingrypingspan na die gebied gestuur, maar die span was onsuksesvol. Die Limpopo-regering het Vuwani se betogende gemeenskappe aangemoedig om skole te laat hervat, sodat die studente die verlore tyd kan inhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

“Ons sal steeds vir hulle stem…en dan voortgaan met ons struggle”?…..en die stamhoof knik instemmend. Sy salaris, byvoordele, nuwe Toyota, selfoon, en beeste wat hy onlangs ontvang het van die Prez, en voor betaal is met belastingbetaler’s geld, is darem nog veilig….

Popeye ·

Daar het ons dit nou, baklei teen swak besluite maar sal steeds vir hulle stem! Dis hoe ek die uitlopers met Zuma se toespraak ook beskryf het, dis wie ek is.

Jan maak n Plan ·

eeee – Sooorrry we made a mastake. – en daar betaal die belasting betalers van SA weer vir alles.

Johann ·

Steeds vir hulle stem!!!!!!!!! En fan berder struggle? Is dit hoe mens anargie en brand en breek en verwoes spel? Gekke paradys.

Johann ·

Argitekte? Laas wat ek in die RERIGE wereld gekyk het; is n argitek iemand wat kreatief skeppend betrokke is by OPBOU en noe AFBREEK noe. Maar dan os dit seker die volgende spesialosveld wat jy nie gekwalofiseer te.wees.nie. n ANC “graad” in Gemeenskaps Argitekturering of eerder n MESSTERS in BRAND NREEK EN VERWOES.

Ben Prinsloo ·

Topster ek val jou nie aan nie maar hoe bid jy dat n jakkals n luiperd word? My siening was nog altyd dat ek geen probleem met velkleur het nie maar wel met denkwyse. Ongelukkig gaan velkleur en denkwyse hand aan hand. Dit is in BAIE min gevalle waar dit nie so is nie. En o ja hierdie probleem het gekom agv apartheid. Apartheid tussen 2 stamme. Hoe ironies tog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.