‘Arm’ ma vermoor glo eie baba

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma van Smithfield in die Vrystaat het glo haar eenjarige seun vermoor omdat sy nie geld gehad het om vir hom kos te koop nie.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die 32-jarige vrou is Maandag in hegtenis geneem nadat sy die baba glo met ʼn kussing versmoor het.

“Die ma en haar baba was saam in die bed toe die ma die kind se ouma ingelig het dat die baba nie beweeg nie. Hulle het die polisie ontbied,” het Ngcukana gesê. “Met verdere ondervraging het die ma glo erken dat sy die kind met ʼn kussing versmoor het omdat sy gesukkel het om genoeg kos vir die kind in die hande te kry. Sy het gesê haar familie het haar nie gehelp om die kind groot te maak nie en sy was moeg om heeltyd die bure vir kos vir haar kind te vra.”

Ngcukana het gesê die ma is in hegtenis geneem en aangekla van moord. Sy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dedré ·

Nou wat het sy geeet? Op 1 jaar kan die baba al saam met haar eet!

annatjie ·

My vraag is. Kon die mamma ha nie vir iemand gegee het ni ek dan was sy skot vry. Sy het nie nodig gehad om lewe te vat nie maar ja. Dit is nou uitgemaakte saak.

Stefaans ·

Dit gebeur terwyl ‘n minister R11,000 spandeer op akkomodasie vir een nag.

Mielie ·

Ag Hemel tog Nog n sinnelose moord. Hemel tog daar moet tog hulp wees, kerke, bure regtig!

Gertjie ·

Hoekom het sy nie maar liewer die kind weggegee vir iemand wat die kind kan versorg het nie…?

Willie ·

Ai hoe hartseer en sinneloos? Sekerlik kon die kerk, of n organisasie gehelp het?? Sjoe wat n tragedie…

Theresa B ·

Dit gebeur terwyl die ministers in weelde leef. Die sakeman van Mpumalanga 10 Ford Ranger bakkies en Taxis en wat nog alles vir die ANC gee. Hierdie mense se prioriteite is maan toe. Dit gaan nog altyd, nog steeds en vorentoe net om hulself te verryk. Hulle voel ‘n veer vir ons land en ons land se mense wat so swaarkry. Solank dit lekker by “hulle” gaan is die saak reg.

Mielie ·

Kan iemand dalk aan my verduidelik Wat die doelwit van die VROUE liga is. Ek dink dis belangriker om uit te reik na sulke mense as wat dit is om in opspraakwekkende hofsaak jou verskyning te maak. Ek sien of hoor nerens van goeie goed Wat hulle doen om lewes vir VROUE te verbeter, maar hulle kan vinnig vingers na ander wys. Prioritiseer ……asb

marianne ·

AS JY NIE ‘n KIND KAN BEKOSTIG NIE!!!! MOENIE EEN GAAN MAAK NIE!!!!
Baba’s is ‘n geskenk van God hulle mag nie veroorsaak word nie! Aborsies moet gewettig word!

japie ·

Aborsies is wettig in die oe van die regering, net nie in die oe van God nie….

Marianne ·

Marianne, aborsies is geruime tyd alreeds wettig in Suid-Afrika. Vir my is daar egter nie ‘n verskil of jy ‘n mensie doodmaak met ‘n aborsie of met ‘n kussing oor die gesig versmoor nie. As jy nie ‘n kind wil hê nie (of kan bekostig nie) kan voorbehoeding gratis by ‘n staatskliniek bekom word.

Ruan ·

Die kinder to else van SASSA is R330 per maand. ‘n 1.8kg Lactogen melk kos R165 op special! Hoe moet ‘n ma it haar kind sorg??? Wat van doeke en klere???
Maak kinder toelae meer en gee toelae aan werklose ma’s – maar dan moet S.A beperk word tot EEN kind! Anders gaan baie babatjies vir toelae gebore word!
Kinders onder 18 moet sumier aborsies kry hulle kan nie vir hul kinders sorg nie! Werklose vroue moet by mobile klinieke op jaarlikse voorbehoed inspuiting gaan!!!

CHRISTA ·

Stop die lorrie!! As jy nie ‘n baba kan bekostig nie – voorbehoedmiddels is GRATIS by staatshospitale en klinieke!!!!

m ·

Hierdie mense vat altyd die maklike manier om n problem te wil oplos. Hoekom het hierdie vrou swanger geraak as sy dan nou kwansuis nie kos het om te eet nie. Wat het sy gedink???? ek raak so naar vir hierdie tipe mense….. Geen respek vir lewe nie..

Zallas ·

Mielie ek stem saam met jou. Die vroue liga kon help. daar is baie organisies wat kan help ek wens net die mense wil bykom en hulp kry op die regte manier. dan is dit nie nodig vir moord steel en bedel nie.

KarooKlong ·

Ten minste weet sy nou die anc lieg vir haar want hulle sorg nie rerig vir almal nie.

Cindy ·

Dit maak nie saak hoe arm, n mens is nie waar daar n wil is sal daar n weg wees!!!
sy is die voorreg gegun om n ma tewees iets wat baie vrouens na smag…. sy het glad nie die reg gehad om haar kind se lewe teneem nie, sy kon rerig uit geruik het na enige iets of enige een, vandag se dae is daar baie maniere, maar lyk my vandag se mense is te gemaklik en verwag als moet net in hulle skoot val!!!!

Gesiggie ·

ASB”” Vrou… het jy nog nooit gehoor van vra?? daar moes seker iemand gewees het wat jou sou help, nou het jy jou kind vermoor, en gaan jy sonder kos moet sit in n tronk… om te boet vir jou dade…daar was n uitweg, maar jy het die verkeerde besluit geneem… jy is gewetenloos…

jennefer ·

Meeste werkloses meisies en vroue dink die “grant” is genoeg, en dit is ook, die eerste 6 tot 8 maande kan n vrou borsvoed, maar dan moet die baba begin eet, teen daardie tyd is mamma gewoond om die geld op haarself te spandeer.en word die kind n las.

wonder sommer ·

Ek en my man het pas R50 000 vir ‘n invitrobevrugting-siklus betaal.Daardie Ma het haar baba “verniet” gekry.Ek wonder sommer of mense twee keer sou dink,indien hulle eerder moes betaal om te mag swanger raak,in plaas daarvan om geld van die staat te ontvang vir elke kind.Draai die tafels en kyk hoe daal swangerskappe en statistieke van babas wat in dromme of op straat gevind word.

n arm mamma ·

Sy kon dir ou weerlose baba seuntjie vir my gegee het. Ekt n 6 jrge dogtertjie wat so graag n boetie maaitjie soek maar die mamma en pappa kan nie vir ha een gee nie. Nog minder kan ons hom vir ha gn aan neem nie want dis welsyn ondersoeke en geldsake wat ons nie het nie. My baarmoeder is weens mediese redes na my dogter se geboorte verwyder toe ek 26 jr was. Hyt geskeer met my dogter se geboorte wat ons alby se lewens in hevaar gestel het. By ons sou hy meer as genoeg kosies en melkies gekry het en lekker warm klere maar hy sou nie versmoor en dood hemaak word nie net oor da kosies is vir hom nie.. sê maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.