Armand Hofmeyr se vriendin geklap, gespoeg ná ongeluk

Skermskoot van die plasing wat Armand na die voorval op Twitter gelaai het (Let asseblief op: die persoon wat Bisschoff geklap het verskyn nie op die foto nie en die Golf is die derde persoon wat in die ongeluk betrokke was)

Skermskoot van die plasing wat Armand na die voorval op Twitter gelaai het (Let asseblief op: die persoon wat Bisschoff geklap het verskyn nie op die foto nie en die Golf is die derde persoon wat in die ongeluk betrokke was)

Chantelle Bisschoff, die sanger Armand Hofmeyr se vriendin, is Sondagmiddag ná ʼn ongeluk op die N12 tussen Fochville en Potchefstroom geklap en gespoeg, glo deur ʼn man wat moontlik onder die invloed van alkohol bestuur het.

Bisschoff, ʼn lugwaardin, het van Mosambiek af teruggekeer en was op pad na haar ouers se huis in Klerksdorp. “Dit het baie gereën en toe sy weer sien, het daar ʼn motor in die pad stilgestaan,” het Armand aan Maroela Media gesê. “Sy het rem getrap en haar motor het gegly. Sy het die stilstaande motor rakelings gemis.”

ʼn Tweede motor, ‘n wit motor, het haar motor daarna glo met ʼn hoë spoed van agter getref en ʼn derde persoon het met sy Golf in hulle vasgery.

“Die man in die wit motor was glo onder die invloed van alkohol en hy het geval. Hy het na Chantelle toe geloop en haar met sy bebloede hande geklap en toe in haar gesig gespoeg,” het Armand bygevoeg.

Die bestuurder van die stilstaande motor, ʼn Volvo, het intussen gery. Dit is nie duidelik waarom die motor in die pad stilgestaan het nie.

Die wit motor wat ook in die ongeluk betrokke was (Foto aan Maroela Media verskaf)

Die wit motor wat ook in die ongeluk betrokke was (Foto aan Maroela Media verskaf)

Volgens Armand het die polisie by die toneel opgedaag en verklarings afgeneem by die wit motor se bestuurder en die Golf se bestuurder, maar hulle het nie Bisschoff se verklaring afgeneem nie. Hy het gesê sy sal by die polisie in Potchefstroom ʼn verklaring aflê.

Paramedici het die bestuurder van die wit motor met ʼn ambulans weggeneem. Armand het gesê ander persone op die toneel het ook gesê die man het na bier geruik.

Bisschoff se pa het van Klerksdorp deurgery en sy dogter gaan haal. Sy is by haar ouers, maar nog baie geskok. “Sy het ook nou begin kla van rug- en nekpyn na die ongeluk,” het Armand gesê.

Armand is tans op toer in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Peet Schabort ·

Gesuip, hospitaal toe SONDER ‘n bloedtoets of VIGStoets?

Thea Gerber ·

Ja en dit is hoekom dit so gaan in die land!!! Hulle word nooit vir dronk bestuur toegesluit!!!

moedeloos ·

Ja nee kyk as dit anders om was was dit rasisties. Dis rerig vieslik erger as n barbaar sies jou vark om iemand te spoeg en slaan mt bloed aan jou. Chantelle jy mt gaan vir n HIV test asb. Hoop jy ht jou se gaan se. Dit klink vir my soos n hijacking storie. Sterkte

Neptunus ·

Armand weet seker waarvan hy praat. Hy was mos self so paar jaar terug vir dronkbestuur gearresteer. Wat was die uiteinde van die saak?

alta ·

Die verskil was, hy was wit en gearresteer, het niemand deur die gesig geklap of in die gesig gespoeg soos wat onopgevoede barbare doen nie. Ek wonder hoekom is sommige mense so venynig!

Neptunus ·

Drank maak mense maar venynig en sou vir seker ‘n rol gespeel het. Tog vreemd dat iemand wat ‘n ander van agter af stamp sommer net so die voorste bestuurder sonder rede ‘n oorweeg gee. Daar was natuurlik geen provokasie van haar kant af nie, niks harde woorde nie, reg?

Delia ·

Ja Alta, wonder ek ook! Sommiges hou daarvan om met so ‘n fyn messtekie iemand anders by te kom…

ig ·

As sy hom geklap en gespoeg het,was die hele Fochville seker afgebrand en al wat n Eff en Anc liga sou sou by die hof betoog het.Neptunis jou kommentaar suig.

Johandre Janse van Renbsurg ·

Iets soortgelyks het my ook oorgekom in dieselfde omgewing, 6 jaar gelede. Ek was oppad vanaf Klerksdorp na Kroonstad, en het stadiger begin begin ry omdat die spoedgrens verminder het en ek weet hulle vang gereeld in die area vir spoed. Daar was die heel pad ‘n motor agter my en ek het in my truspieeltjie gekyk of die motor sien dat ek stadiger ry aangesien dit gereen het, dit was skielik weg, en het my toe van agter getref nadat hulle my van links probeer verbysteek het. Die motor se nommerplate het afgeval en hulle het weggejaag terwyl ek nog tot stilstand gegly het. Presies dieselfde het met my gebeur, die polisie het vir my gese ek moet self ‘n verklaring gaan afle omdat hulle niks aan die mans kan doen aangesien ek nie seergekry het nie. Die saak se ongelukstoneel kaart het toe “toevallig” net weggeraak.

Neptunus ·

En? Moenie sê jy het dit net daar gelaat nie? Jy sou in elk geval ‘n verklaring moes aflê indien jy ooit die ou wou laat vervolg het, en in ‘n hof getuig. Die botsingsverslag is belangrik maar dis nie jy wat daaroor sou moes verduidelik het nie, maar die ondersoekbeampte (speurder) wat die saak ondersoek het. Jy kan nog steeds voortgaan daarmeee, wees vindingryk en gaan kyk op die SAPD se webblad en begin navraag doen!

Peet Schabort ·

Neptunus, ek glo daar gaan net gesê word hulle weet niks van die ongeluk. Dis mos minder werk. Heel moontlik het die personeel ook al so verander dat hulle werklik niks weet. Lyk vir my dat foto’s en videos die enigste oplossing is.

Neptunus ·

Hoekom neem jy nie so paar voorvalle op nie, klank of video, en dan gee jy dit vir die media nie?

Henri ·

Nog n Golf nog n dronk bestuurde. Gisteraand het die meisie wat n paar weke gelede ook deur n dronk bestuurder in n stilstaande voertuig raakgery was haar stryd verloor. Wanneer gaan iemand iets hieraan doen? Sterkte aan Anrike Barnard se familie en vriende.

Henri

Bruno Stefbb ·

Weet iemand wat gebeur het met die selfoon video van die polisie in Bloemfontein wat die jongmense van n klub met die bedrag van R10000 beroof het volgens die klaers en toe deur die selfde polisie in hegtenis geneem is nadat jongmense agtergekom het die geld is weg na hulle gestop en deursoek was.

Piet Pompies ·

Koop vir jou ‘n “dash cam”, of selfs twee, monteer een op die voorste windskerm en die ander teen die agter ruit. Intree vlak met goeie eienskappe kos R699 by Makro, die kamera neem HD beeld op met klank, so as mnr die verkeersbampte jou aftrek, draai die kamera net na jou venster se kant toe en dan maak hy ‘n beeld opname met klank. Ongelukke dieselfde, die kamera kan dalk jou onskuld bewys……..die voordele is oneindig……besoek aan die wildtuin, leeu vang bok in die pad…..skoonma dreig jou in die motor, klank word opgeneem…lol

Leeutjie ·

Hoe lekker lag ek nou Piet! Ek is ook ‘n skoonma…eish!

Whatever ·

Ek is jammer vir die mense wat deur nare dinge moet veg … maar hier is my vraag? Het die arme kind nie ‘n identiteit nie. Of is Armand se naam aan die berig gekoppel om publisiteit te kry? Ek is seker as die voorval net onder Chantelle se naam gestuur is sou dit nie eers publiseer gewees het nie?

Tersia ·

Ai, was bly toe ek sien Maroela se julle duld nie rassisme nie. Maar hoe dan nou met al die rassistiese opmerkings? Tog duidelik die opmerkings vervang bloot ras-identifikasie met ander beledigende terme?

Sune van Heerden ·

Dagsê Tersia

Baie dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die afstootlike kommentaar wat op die webwerf verskyn het. Die kommentaar is verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Milan Bye ·

Wie se bloed was aan die man se hande gewees?? Ek hoop hulle doen toetse!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.