‘Armes gaan ergste deurloop onder brandstofprysstyging’

Argieffoto

Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag gesê dat arm huishoudings die ergste gaan deurloop onder nóg ʼn verhoging in die brandstofprys wat die afgelope naweek aangekondig is.

Die departement van energie het die naweek gesê die prys van petrol sal Woensdag met tot 26c per liter styg. Die departement het die rand-dollar-wisselkoers voorgehou as die rede vir dié verhoging. Die jongste styging volg op ʼn skerp styging verlede maand.

Sizwe Pamla, woordvoerder van Cosatu, het gesê die vakbondfederasie is erg ontsteld oor die verhoogde brandstofprys.

“Dit is slegte nuus vir alle Suid-Afrikaners, maar die impak op arm gesinne sal selfs erger wees. Dit sal ʼn sekere vlak van swaarkry meebring vir ʼn groep wat reeds gebuk gaan onder hoë vlakke van werkloosheid en stagnante of dalende lone,” het Pamla gesê.

Pamla meen lae- en medium-inkomste huishoudings sal nou dieper in die skuld wees omdat hul inkomste nou nie voldoende sal wees om die basiese geriewe te bekostig nie.

Dieselpryse sal volgens die departement met tussen 24c tot 26c per liter styg terwyl die kosprys van paraffien met 22c per liter sal styg. Paraffien word deur talle huishoudings wat nie elektrisiteit kan bekostig nie gebruik.

Die prys van gas sal met tussen 30c en 37c per kilogram styg.

“Die koue weerstoestande sal talle arm families dwing om hulself te wend na ‘vuil’ energie soos steenkool en hul kwesbaar maak vir gesondheidsrisiko’s.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Snaaks dat niemand nog ge-toi toi, geplunder of afgebrand het agv die petrolpryse nie. Soek mos altyd rede vir n plundertog! Laat mens wonder…

Judge Dredd ·

Nee, maar toe moan mense mos eerder oor die armsalige BTW verhoging.
Brandstofprys verhogings gaan julle baie harder slaan.

Koos de Meyer. ·

Hoekom sal die klomp daar bo omgee. Hulle kry alles verniet want Jan Alleman betaal mos. Die koei word mos al hoe meer gemelk.

willie ·

Ja en om te dink dat die Padongelukfonds heffing vorm deel van die brandstofprys en dan word dit ook geroof!

Nettie ·

Nou toe nou ….. vertel ons iets wat ons nie weet nie, asb.!

Maar steeds sal die oningeligtes vir die ANC stem, net omdat hulle sedert “demokrasie” nog altyd vir die ANC gestem het omdat die ANC vir hulle ‘n kombers, kospakkie en “quarter KFC chicken” gee en omdat die ANC vir hulle huise, elektrisiteit, lopende water en toilette BELOWE.

Ek sê “oningeligtes”, want oningelig MOET hulle wees, as hulle nie besef dat dit belastings en heffings op die brandstofprys, asook die swak rand is wat veroorsaak dat die brandstofprys vir die – is dit? – VYFDE keer hierdie jaar styg nie.

En so draai die wiel en gaan ons almal in ons peetjie in, danksy die oorweldigende meerderheidstem vir ‘n onverkwiklike, onvermoënde, onbeholpe meerderheidsras-regering, gestriem onder misdaad, toenemende lewenskoste, verval, korrupsie, diefstal ens. ens. ens.

Sandy ·

Die “armes” is maar basies ons almal wat werk om aan die lewe te bly.

Ella ·

Dis die waarheid maar “spare a thought” vir pensionarisse ook.

Baat ·

Sandy, ek stem saam. Almal gaan geraak word. Die armes gaan swaarder kry en die middelklas gaan die nuwe armklas word. Wie baat daarby?

Ella ·

Dis nie waar dat net hulle swaar kry. Ek het gedink na aftrede gaan ek sommer my kar pak en ry vir n week of twee na plekke in ons land wat ek nog nie gesien het nie. Toerisme bring geld in maar dit word nie raakgesien.
Nou moet ek elke sent omdraai want my rente styg nie soos die”fat cats” se salarisse nie.
En… die wat werk het staak en breek af en vernietig terwyl ander nie eens n brood het nie.
Siek verby iin die land
Ons betaal nou soveel vir petrol as wat ek twee jaar gelede in Auckland NZ betaal het, $1.59, en.ons kry nie hulle soort salaris nie.

Ek Ook ·

Dit raak my beslis ook. Ek ry ver werk toe, het nie n petrol kaart van my werk nie. Kry nie werk nader aan die huis nie. So hoe nou gemaak? Ek is a ma met 2 seuns, geen hulp. Ek moet tans my kos geld (hulle kos geld) minder maak sodat ek by die werk kan kom. Hoe nou gemaak?

Penellope Jones ·

Die belastingbetaler ook want ons sal moet “aanvul” vir die wat alles gratis ontvang.
Eintlik as mens dit goed deurdink, kry die belastingbetaler die swaarste juis vir die van “social grants” wat betaal word uit belastinggeld, dus as hulle met meer gehelp moet word, is dit belastingbetaler wat moet opdok. Kry die “”studente”” *swaar*, dan word dit van die belastingbetaler verhaal.
Kry die regeringsbeamptes “swaar” omdat hulle duurder vir petrol moet betaal, word dit van die belastingbetaler verhaal.
As SAL nie sy skuld betaal nie, soos ook met ESKOM en andere, word dit van die belastingbetaler verhaal.
Maar kry die Belastingbetaler swaar, moet hulle maar net aansukkel – daar niemand anders van wie hulle ”swaarkryfondse” wat hulle aan alle ander swaarkryendes betaal, verhaal kan word nie.
“The buck stops with the taxpayer”

Ella ·

Dis baie moeilik vir almal en.die druk.is te groot.
Dis net so moeilik om positief te wees oor ons regering en wat in die land aangaan maar Kommentaar op RSG het gese: hou moed dit sal weer beter gaan. Hulle kon net nie se wanneer…..

Whatever ·

Ag wat as hulle nie wil HOOR nie moet die (sekere) ARMES maar voel. Hulle bly steeds vir die EFF en ANC stem wat lee beloftes maak en onder wie hulle net nog meer suffer . so solank hulle daar vashaak solank gaan dit SLEGTER met hulle gaan, maar nee hulle lek lippies af vir al die wildsplase en wynplase wat hulle een van die dae gaan KONFISKEER< so laat hulle maar suffer onder die brandstofprys .. boo hoo ..

marous ·

R20 L voor Desember want die stoele by POF moet betaal word …..

AMMIE ·

Het enige een van julle al ooit ‘n taxi gesien petrol of diesel ingooi by vulstasies in ons omgewing. NEE, want ek is amper doodseker hulle betaal nie dieselfde geld as ons blankes wat belasting betaal nie. Daar word absoluut onregverdig teenoor ons opgetree. Ons moet net betaal vir alles. Ek wonder waar gaan dit stop. Net ons blankes alleen kan ‘n einde aan die onregverdigheid bring. Ons wil mos nie saamstaan en ook sê genoeg is genoeg nie, ons kla net die heeltyd en doen niks omtrent ons omstandighede nie.

Hendrik ·

Wat wil jy doen Ammie? Die taxi’s gooi brandstof in by hul vulstasie, almal betaal dieselfde belasting, ons betaal nie vir alles nie, dit gaan nie stop nie, ons blankes gaan nie die einde aan die onregverdigheid bring nie, ons staan saam en en dit is nie jy wat wil saamstaan nie, genoeg is genoeg en ons doen iets.

rollie ·

Die gewone swart werkersklas met motors het ook seker geheime vulstasies waar hul ingooi né want net blankes betaal mos volgens jou. Boonop is blankes ‘n druppel in die emmer in vergelyking met swart verbruikers. Soos die Engelse sal sê: “Get off your high horse, blankes onderhou nie die land nie, lankal nie meer nie.

Nikita ·

Die taxis se eienaars het gese hulle gaan nie hulle passasiers se fooie opsit nie….wonder hoekom….het gedink hulle oorlaai die taxis…maar ons gaan nou eers sien hoe hulle daai arme taxis oorlaai. Maar een van die dae die donkie of perdekarre moet begin inspan! Die tye van rondry sommer vir die lekker, is lankel verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.