Arno Carstens hoor eers later sy lot

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens 'n vorige verskyning Foto: SAPA

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens ‘n vorige verskyning Foto: SAPA

Die musikant Arno Carstens sal tot November moet wag om te hoor of hy skuldig of onskuldig bevind gaan word op aanklag van dronkbestuur.

Carstens het Woensdag in die Kaapse distrikshof verskyn. Landdros Nasha Banwari het slotbetoë aangehoor en die saak tot 4 November uitgestel vir uitspraak.

Staatsaanklaer Andi Hess het Woensdag aangevoer dat daar meer as genoeg bewyse is om Carstens aan dronkbestuur skuldig te bevind. Sy het gesê Carstens het besluit om nie in sy eie verdediging te getuig nie.

Volgens Hess is die staat verplig om die saak bo redelike twyfel te bewys en dat sy dit gedoen het.

Milton de la Harpe, Carstens se regsverteenwoordiger, het die geldigheid van die bloedtoetse wat op Carstens gedoen is betwis en aangevoer dat niemand wat by die proses betrokke was die korrekte prosedures gevolg het nie.

Volgens De la Harpe kon die verkeersbeamptes wat Carstens agtervolg het voor hulle hom af getrek het, nie eers kon aandui waar hulle sy motor die eerste keer gewaar het nie. Hy het gesê dit het die owerhede langer as vier maande geneem om die bloedmonsters te ontleed.

Carstens het vroeër onskuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur, alternatiewelik om met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20% te bestuur. Die staat het deur sy ondersoek die 0.20%-vlak bepaal. Die wettige perk is 0.05%.

Carstens is in Desember 2010 in hegtenis geneem nadat verkeersbeamptes hom van die pad af getrek het.

Lees ook:
Arno Carstens se dronkbestuursaak hervat
Arno Carstens weer in hof vir dronkbestuur
Geen verdere getuies in Arno Carstens-saak
Arno Carstens se dronkbestuursaak hervat
Arno Carstens: Saak duur voort
Arno Carstens se saak wéér uitgestel
Arno Carstens se bloedtoetse was glo “akkuraat”
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse
Sanger weer in hof oor dronkbestuur
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.