Pistorius-familie se renosterhorings gesteel

Arnold Pistorius en sy vrou, Lois. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Arnold Pistorius en sy vrou, Lois. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Vyf renosterhorings wat aan Oscar Pistorius se oom, Arnold Pistorius behoort, is uit ʼn kluis gesteel, het Beeld Maandag berig.

Anneliese Burgess, woordvoerder vir die Pistorius-familie, het bevestig dat die horings uit ʼn inloopkluis by Arnold se sake-onderneming in Waterkloof, Pretoria gesteel is.

Die diefstal is twee weke terug by die Brooklyn-polisiestasie aangemeld, het Burgess aan die Afrikaanse dagblad gesê.

“Dit was ons eie renosters se horings wat gesteel is. Die renosters is onthoring want ons was bang dat hulle gestroop sou word,” het Burgess gesê en bygevoeg die familie is in besit van al die nodige permitte vir die horings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.