Arrogant, harteloos en wreed’: Appèlhof gee Santam bloedneus

Argieffoto ter illustrasie van Santam. (Foto: Santam/Facebook)

Santam het nou geen ander keuse as om te hoes nie.

Die appèlhof het Donderdag bevind dat dié versekeraar eise vir sakeonderbreking te midde van die Covid-19-pandemie vir ’n onderbrekingstydperk van 18 maande moet betaal.

Dít nadat die versekeraar aanvanklik die betaling van Covid-19-eise van die maatskappye Ma-Afrika Hotels en die Stellenbosch Kitchen tot slegs drie maande wou beperk en die hooggeregshof ’n stokkie daarvoor gesteek het.

Die appèlhof volstaan egter by die hooggeregshof in Kaapstad se vroeëre beslissing dat Santam vir Ma-Afrika Hotels en Stellenbosch Kitchen vir die volle 18 maande-tydperk van die kontrak moet betaal en het die versekeraar se aansoek met koste van die hand gewys.

Santam het intussen aangedui dat hy die uitspraak aanvaar en die betrokke eise sal afhandel.

Die versekeraar sê voorts hy maak goeie vordering met die afhandeling van sy ander eise en dat sakeonderbrekingseise van meer as R2,1 miljard reeds gefinaliseer is.

Intussen word die versekeraar as “arrogant, harteloos en wreed” bestempel terwyl die appèlhof se uitspraak wyd verwelkom word.

“Geregtigheid het eindelik geskied,” meen die Gasvryheidsvereniging van Suid-Afrika (Fedhasa).

Rosemary Anderson, voorsitter van Fedhasa, sê die vereniging is hartseer is oor die aantal maatskappye wat gedwing is om hulle deure te sluit omdat versekeraars nie hul eise vir sakeonderbreking uitbetaal het wanneer hulle moes nie.

“Die term ‘sakeonderbreking’ beteken dat jy betaal sal word terwyl jy nie sake kan doen nie. Santam en ander soos hy het dit nie eerbiedig nie en dit is onwaarskynlik dat hy ooit vergewe sal word vir die arrogante, wrede en skadelike standpunt wat hy ingeneem het en wat ’n verlies aan soveel entrepreneurs se inkomste en spaargeld veroorsaak het,” sê Anderson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Di ·

Hierdie maatskappye is baie gou om hulle produkte aan jou af te smeer maar as dit by eise kom is daar lang stories. Wil altyd eers kyk of hulle kan wegkom sonder om te betaal. Was self al deur soortgelyke storie toe my eis geweier is. Na ombudsman se hulp ingeroep is kon hulle vinnig my eis uitbetaal

Hardekwas ·

Dit geld vir alle versekeringsmaatskappye. Vinnig om premie te virder, stadig om te betaal. Die eienaars is skatryk en ry in duur kaare rond. Die staat moet hulle geld vat en tussen polishouers verdeel.

Frikkie ·

Het in 2005 al besluit dat Santam nie ‘n sent van my geld ooit weer sal sien nie.

Andries ·

Raai watter versekeringsmaatskappy se premies gaan lekker hoog opgestoot word!

Elmarie ·

Almal se premies gaan die hoogte inskied want almal het eise wat uit betaal word.

Hennie ·

Julle kon naam gemaak het, toe gooi julle die geleentheid weg! Ek sal waaragtig nie by julle verseker nie! Tsêk Santam!

Casper ·

Maklik,moet hulle nie verder ondersteun nie.Weerhou hulle van besigheid dan kyk ons of hulle gelukkig is.

E ·

Wat nou van al die ander ouens of moet almal nou eers hooggeregshof toe gaan ? Dit is skandelik dat die klein outjies altyd die geld moet uithaal om groot ouens hooggeregshof toe te vat, hulle het nie daai sort geld nie.

pestilensie ·

Teen die einde gaan ek en jy betaal vir regering se onbeholpenheid

Janee ·

Ou ding van Santam….Voor in die ry om altyd te verkoop, maar jy sal jou as afsukkel om na jare se premiebetalings iets te mag eis.

Andre ·

Ek is so bly dat geregtigheid geseëvier het. Groot instansies oor die spektrum loop eenvoudige oor die verbruikers en werkers. Jong man met familie nou onlangs ontmoet wat 7 dae ‘n week vanaf 7 tot 7 by ketting groep werk en toe hy vra om daarna te kyk, is eenvoudig gesê “ kry vir jou’n ander werk as jy nie gelukkig is nie. Inderdaard wreed; gevoelloos en winsbehepte eienaars

Fred ·

Nou wil ek ook by se.
En weereens moet privaat maatskappye betaal vir n onbevoegde regering…
Ek ondersteun die hof se besluit om hulle te dwing om uit te betaal, maar die groot probleem is in die eerste plek deur die regering veroorsaak..

Danie ·

Santam het my nog altyd goed behandel.
Alhoewel hulle ook maar van tyd tot tyd assessors inkry wat geboelie was op skool.
Rather the devil you know…

Erich ·

Ek het al my polisse by santam gekanseleer weens hulle fasistiese benadering tot geforseerde- vaksinering vir wernemers Dit was laas gesien in die Dritte Reich onder Nazi proklamasie. As ons nie reageer nie, is ons soos die bree Duitse volk wat gehipnoseer was in nasionale eksperimente en nou eers sien dat daar min uitspraak was teen die vorm van outokratiese beheer oor die publiek se gesondheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.