Artikel 25-komitee wil by spertyd hou

Argieffoto (Foto: Matthew Miles/Unsplash.com)

Die ad hoc-komitee wat aangestel is om te begin met wetgewing om artikel 25 van die Grondwet te wysig, is vasbeslote om by die spertyd te bly vir die afhandeling van sy werk.

Dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die komitee, het gesê die komitee sal na verwagting sy werk teen 31 Maart 2020 finaliseer.

Die komitee sal volgende Vrydag vergader om reëlings vir ʼn beplande werksessie met verskillende kundiges oor die grondvraag te finaliseer en die Grondwet dienooreenkomstig te wysig.

“Ons wil die publiek verseker dat alles op dreef is om die sperdatum te bereik. Die komitee neem dit baie ernstig op en sal die nodige ure insit om te verseker dat die werk deeglik gedoen word.”

Die komitee sal volgens Motshekga die beste kundiges in die land identifiseer oor die proses wat die komitee sal volg en die implikasies daarvan ten einde die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Die komitee oorweeg dit ook om kundiges uit ander Afrikalande uit te nooi om hul ervaring te deel. Die komitee beplan om Vrydag te bespreek hoe om voort te gaan met sy werk vorentoe.

Die komitee het voorheen ooreengekom om alle amptelike verslae oor die aangeleentheid in ag te neem, waaronder om ʼn inligtingsessie by te woon oor die samevatting van die verslae van al die komitees en panele wat voorheen ondersoek na die kwessie ingestel het.

Die besluit om dié ad hoc-komitee aan te stel volg ná die parlement in Desember 2018 ʼn verslag van die grondwetlike hersieningskomitee aanvaar het om artikel 25 van die Grondwet te hersien.

Die verslag het aanbeveel dat die parlement artikel 25 van die Grondwet moet wysig om eksplisiet te stel wat implisiet in die Grondwet opgeneem is, wat betref die onteiening van grond sonder vergoeding, as ʼn regmatige opsie vir grondhervorming om “geskiedkundige foute reg te stel wat deur die arbitrêre onteiening van grond veroorsaak is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan Nel

Nooi gerus ‘n paar kundiges uit Zimbabwe ook.

SjN

Hoekom die haas, gewoond aan Afrika tyd, die besope regter saak het dan 12 jaar gevat om aandag te geniet.

Pop

Ek is mal oor die kundiges uit ander Afrika lande. As hulle enige ordentlikheid gehad het sou hulle raad wees, moet dit nie doen nie, glad nie , nooit nie, want julle gaan fout van julle lewe maak. Maar ek twyfel of daar selfs net een sal wees wat sal erken dit was n fout.

jaco

ek besit 2 huise in stedelike gebied. gaan ek albei verloor, of gaan ek net 1 moet afstaan met die rede “dis onregverdig dat jy 2 het en ander het niks”.
alle berigte oor grondonteiening sonder vergoeding gaan net oor landbougrond.

Essie

Hier kom groot hongersnood vir ons mooi land