Arts wat moor doen aansoek vir parool

court-hammer_thumbCasper Greeff, ‘n tandarts van Kempton Park, se dringende aansoek om óf op parool vrygelaat te word óf om sy saak te laat terugverwys na die minister van korrektiewe dienste vir oorweging, is Dinsdag onbepaald in die hof uitgestel, berig The Citizen.

Greeff het die aansoek gebring nadat hy glo verneem het dat hy eers in Januarie vir parool oorweeg sal word. Hy voer in hofdokumente aan dat hy 13 jaar en vier maande van sy tronkstraf uitgedien het en dus in aanmerking kom vir parool.

Greeff is in Februarie 2001 tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy twee mans gehuur het om sy vrou, Estelle, te vermoor. Sy is gewurg en keelaf gesny.

Elliot Masango en Christopher Njeje, wat erken het dat hulle Estelle vermoor het, is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die berig bevat geen inligting oor hulle nie.

Greeff het in 2003 Bybelse Argeologie by Unisa begin studeer en het in 2010 sy doktorsgraad gekry. Hy het ook in 2013 sy meestersgraad in Antieke Nabye Oosterse studies met lof behaal.

Greeff het al artikels vir internasionaal geakkrediteerde joernale geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Nee!!! As die ander kan uitkom, kan hy ook uitkom Hy is nie ‘n gevaar vir die samelwing nie, en ek twyfel of hy weer dieselfde daad sal pleeg.

Ten minste kan hy vir homself sorg as hy uitkom. Hy het grade in die Bybel en in tandheelkunde en al gaan werk hy by ‘n staatshospitaal, kan hy mense help.

As verkragters en geweldadige moordernaars na slegs ‘n paar jaar uit die tronk kan kom, kan hy ook maar vrygelaat word.

En hy gebruik nie siekte as verskoning om uit te kom nie.

AmY ·

Dis maar net my mening. Mense wat erger dade geleeg het, is al binne ‘n paar jaar vrygelaat.

En ja, ek weet hy kon skei, maar wie weet wat daar gebeur het?

Sy is die een wat verhoudings gehad het met mans. Daar was dan destyds gepraat van die mnr X. Waarom word daai man nog al die jare ‘beskerm?’, terwyl hy die een was wat die verhouding met dr Greeff se vrou gehad het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.