ARV’s vir alle MIV-positiewe SA’ners

Argieffoto

Argieffoto

Alle Suid-Afrikaners wat MIV-positief is, sal vanaf September antiretrovirale (ARV)-behandeling mag ontvang ondanks hul CD4-telling, het die minister van gesondheid Dinsdag aangekondig.

“Ons sal vanaf September vanjaar die CD4-telling verwyder as ʼn kriterium vir persone om in aanmerking te kom vir ARV-behandeling,” het minister Aaron Motsoaledi aangekondig terwyl hy sy begroting aan die parlement voorgehou het. “Dit beteken dat ons behandeling sal bied kragtens die nuwe riglyne soos voorgestel deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in Desember verlede jaar.”

MIV-pasiënte met ʼn CD4-telling van minder as 500 kom tans in aanmerking vir behandeling in staatsgesondheidsfasiliteite.

Motsoaledi het gesê ondanks die groot vooruitgang wat gemaak is om behandeling aan MIV-positiewe persone te bied, is die toename in besmettings steeds ʼn groot kommer. “Dit is veral ʼn opdraande stryd in jong meisies tussen 15 en 24 jaar oud,” het hy gesê. “Daar is tans ongeveer 5 000 nuwe besmettings per week in 14 verskillende suidelike en Oos-Afrika-lande, maar die helfte daarvan vind plaas in Suid-Afrika.”

Die minister het gesê sy departement sal vanaf Junie vanjaar aan sekswerkers in 10 sekswerkerprogramme PrEP-behandeling bied. PrEP is ARV-behandeling aan persone wat nog nie MIV-positief is nie, maar vir wie daar ʼn groot risiko bestaan om met MIV besmet te word.

Motsoaledi het gesê die regering het die vereiste finansiering beskikbaar gemaak vir dié ingrypingsprogramme. “Hierdie nuwe programme sal ons ongeveer R1 miljard ekstra kos in die begroting, en ons is dankbaar dat die tesourie dié bedrag beskikbaar gemaak het, ondanks die huidige ekonomiese klimaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Xa ·

Net nog n verkiesingsfoefie waarvoor massas skape gaan val soos altyd. Mense word weggewys sonder medikasie of behandeling vir lewensdreigende siektes, hierdie gaan geen uitsondering wees nie.

jennefer ·

Jy is reg, hier in ons klinieke is nie eens Penado, Dit sou beter wees om die kindertoeslag (grant) te stop vir vroue onder 20jaar.

Tersia ·

Dan kry hulle die grant gebruik dit vir hulself vat die kind na ouma toe en ouma gaan doen aansoek vir grant vir dieselfde kind en kry dit. So daar word twee keer grant vir dieselfde kind gekry. En so kry ons kinders by dosyne.

Lance ·

Ja sure en betaal hulle die diensverskaffers …..nee …..so is daar medikasie in die klinieke ….ook nee ….alles lee beloftes om stemme te probeer wen …grap is mense val vir dit

christine ·

Ja dan gaan steel die kinders dit meng dit met dagga en rook ai ons kan nie wen nie

Tess ·

Daar word medisyne gegee vir Miv en vigs maar Daar is nie geld vir ander siek mense nie. Hoe bloeddruk en diabetes se medikasie word gedurig verander want daar is nie geld vir hulle nie. Baie maande word daar net gese. Daar is nie voorraad nie. Julle moet self by n Apteek medisyne gaan koop. Baie pensioenarise het skaars geld vir kos nadat hulle blyplek betaal is. Wàar moet hulle geld kry vir medisyne. En Dan word met hulle baklei omdat hulle suiker en bloeddruk hoog is, want hulle eet nie reg nie. Hoe betaal jy vir blyplek, die regte kos en medikasie met R1500 per maand.

Johann Marx ·

Moeder natuur het ‘n manier om die wan-balans wat deur die mens geskep word teen te werk om getalle-aanwas in toom te hou. Ongelukkig meng die mens ook nou hiermee in…..Moeder natuur stuur ‘n droogte….die Westerste Wêreld stuur kos. Moeder natuur stuur vloede…die Westerse Wêreld red wat te redde is. Moeder natuur stuur VIGS….die Westerse Wêreld spandeer miljarde op navorsing en vervaardig medisyne. Pasop…..die volgende kataklismiese “event” wat Moeder Natuur mee vorendag gaan kom om die populasie aanwas in toom te hou……gaan daar nie pille voor wees nie!!

Moeggepraat ·

Die konsensus wat verkondig word is dat ARV’s lewensduur van pasient verleng en risiko vir oordrag minimaliseer. Wat nie verkondig word nie is die newe-effekte, toksisiteit en die ontwikkeling van weerstand teen medikasie a.g.v konstante mutasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.