As die skoen jou pas, is iets dalk uit jou handsak weg

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het vroue-inkopiegangers gewaarsku om bewus te wees van ʼn slenter wat veral tans in die ooste van Pretoria kop uitsteek.

“Die Brooklyn-polisie ondersoek talle sake van diefstal uit handsakke wat die afgelope tyd by verskeie winkels en winkelsentrums plaasgevind het,” het kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, gesê.

“Sommige vroue los hul handsak op die vloer of op ʼn bankie terwyl hulle skoene aanpas. Die handsak bly gewoonlik agter terwyl hulle rondloop om te voel hoe die skoen loop. Misdadigers het dié gewoonte waargeneem en gebruik dit om items uit handsakke te steel.”

Weilbach het gesê die kansvatters werk in groepe. “Een sal die skoenkoper se aandag probeer aftrek of die kans benut om iets uit die handsak te steel wanneer die vrou wegstap. Die slagoffer kom gewoonlik eers ná dit tyd agter dat iets uit haar handsak gesteel is,” het sy verduidelik.

Sy het gesê soortgelyke voorvalle is ook aangemeld waar vroue hul handsakke in winkeltrollies  geplaas het. “Partykeer loop die oortreders doelbewus met hul winkeltrollies teen hul slagoffers vas om hul aandag af te trek, terwyl ʼn medepligtige die slagoffers besteel.”

Weilbach het gesê vroue met kinders word ook gereeld geteiken omdat hul aandag maklik afleibaar is.

“In die meeste gevalle word die verdagtes beskryf as baie netjiese, goed geklede swart vroue, wat soms deur mans vergesel word.”

Weilbach het die publiek gewaarsku om paraat te wees, nie vreemdelinge te vertrou nie en waardevolle items soos handsakke, beursies en selfone goed op te pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

pop ·

Ek loop nie meer met n handsak rond nie, ook nie selfoon nie, Vir die tydjie wat ek winkels toe gaan moet hy maar by die huis bly. Ek koop met n kaart wat ek mooi netjies in my borsgleuf stoor. Al wat ek in my hande het is skokstok. So moet ons nou leef.

GC ·

Ek stem met als saam wat jy sê, behalwe die borsgleuf. Regtig? Sal jy n item by iemand neem wat hulle onder uit hul klere haal? Siesa. Ek is (ongelukkig, lyk my) in die “tilslaanbedryf” en kan regtig vir jou sê dis sulke gedrag wat maak dat ek my hande na elke klant moet gaan was.

Dave ·

Miskien oordryf jy met jou aanval oor wat Pop gesê het. Dit is van haar BORSgleuf wat sy praat en ek dink nie dat daar soveel verskil is dat sy dit daar uithaal en met haar hande na jou aangee. Sy behoort ook haar hande te gaan was nadat haar kaart deur tilslaners se hande is.

Ek is geweldig vol fiemies en was hande op ‘n gereelde basis. Werk tussen mense en was dikwels my hande na iemand met die hand gegroet het en ek wonder oor die higiëne van daardie een. Maar ‘n borsgleuf, wat die goedbedeeldes graag in die sonlig laat baai, is mynsinsiens nie noodwendig ‘n bevraagtekenbare bêreplek nie. Miskien speel ons geslagsverskille ook ‘n rol in siening.

Dave ·

En om verder te gaan, ek besef nou eers wat jy werklik sê! Jy slaan til maar dit pla jou nie soveel dat jy met geld werk as dat ‘n kaart uit ‘n borsgleuf kom? Geld is van die vuilste goed op aarde! Wanneer ek met geld gewerk het was ek àltyd hande nevermaaind of dit deur ‘n boemelaar of gegleufde dame gehanteer is!

Asjas ·

Stem ook saam met alles behalwe die gleuf, ek het net een Debiet Kaart aan my, in my lekker stywe jean se sak. Ek sal weet as iemand iets probeer.

Dave ·

Daardie stywe jean Asjas; as iemand iets probeer is dit nie noodwendig om jou kaart in die hande te kry!

ladybug ·

Ek hou my handsak onder my arm, ritse toe gemaak en bly bewus van alles en almal om my!Al baie mense gewaarsku oor hul oop handsakke en beursies in gatsakke!

Dave ·

Lady, jy vat ‘n kans! Klomp jare gelede is ‘n pragtige Italiaanse vroutjie wat bestuurder was van ‘n groot kettingwinkel, in Carletonville op ‘n sypaadjie vasgedruk en haar handsak met geweld geneem. Sy het dit aan my vertel toe ek gevra het waarom haar arm In gips was.

Berhalet Beukes ·

Opportuniste wat te sleg is om ‘n eerbare inkomste te verdien, dis lekkerder om te steel en oor die res te toi-toi!

Lise ·

Ai, en die ou ooms wat met hulle bultende beursies in hulle hempsakke rondloop …

Eish! ·

Hoe lekker lag ek nou? Wonder waar ek myne moet wegsteek? Glo my ek het nie so ‘n gleuf nie. Eks nie so geseend nie! lol

Dave ·

Jy’s geseënd Eish! Wanneer die gegleufdes wonderbras moet begin dra, glip jy sommer ‘n T-hemp aan!

MvdWalt ·

Die 1 dame gaan na kliente van Mr Price in Mr Price Menlyn en se sy is hoof van sekuriteit…die ander een vat jou klere uit jou hand wat jy wou aanpas…die scam word deur 4 swart dames wat saamwerk gereeld glo toegepas. .Menlyn sekuriteit het die videos en die ergste is as dit jou kind is en op die “footage” sien jy hoe die vrou wat hul paar minute voor jou kind gescam het sekuriteit se aandag trek en vir hul se wat gebeur en niks gebeur.

chris ·

Borsgleuf nogal se julle wat tande het!!
Ag hoe lekker lag ek nou vir ‘n slag.
Maar wat van ons arme mans nie eers ‘n wonderbra sal help nie!

Charles ·

My komentaar maak nie saak hoe en waar word net eenvoudig verwyder so as julle dalk die een opsit Dames sit n groot rubber slang in dan sien julle die bollie spat

fransie rowles ·

Ha ha jul maak my vrydag net jul kommentaar!!
do so voort!!
Die een wat nie n gleuf het nie, wat van jou boud gleuf??
Sien jy is ook gelukkig!!
lekker naweek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.