‘As hy nie dan terug is sal ek weet daar’s groot fout’

Gert en Marietjie saam hul twee dogters.

Gert en Marietjie saam hul twee dogters.

“As hy nie terug is voor ons dogter se verjaarsdag nie dan sal ek weet iets groot is fout.” Só sê Marietjie Marais wie se man, Gert (44), steeds vermis is nadat hy op 14 Desember spoorloos verdwyn het.

Gert, ’n forensiese speurder van Kaapstad, is omstreeks 17:00 die laaste keer by die gesin se huis in Melt Brinkstraat in Parow gesien.

“Sedertdien is sy foon en af en daar is nog nie geld uit sy bankrekening onttrek nie,” het Marietjie aan Maroela Media gesê. Die egpaar se oudste dogter, Danélle, vier op 8 Januarie haar 20ste verjaarsdag. Volgens Marietjie is die gesin raadop. Die egpaar het ook ʼn 16-jarige dogter, Elandi.

Gert het ʼn rooi en wit blokkieshemp, khaki-kortbroek en ʼn groen De la Rey-sak by hom gehad toe hy die laaste keer gesien is. Hy is groot gebou en is 1.9 meter lank en weeg 108 kg. Hy het blou oë en grys hare. Hy het bakore en ʼn dubbelken. Hy het ook letsels aan sy linkerarm en nek. Marais moet mediese behandeling ontvang en hy is moontlik baie depressief.

“Die hartseer stoot voordurend in my oë op. Die onsekerheid maak my van my kop af. Ek bid net dat die Hemelse Vader Gert sal beskerm en hom weer op die pad huis toe sal stuur. Ek sal glo dat daar hoop is dat Gert nog leef en veilig is tot dit anders bewys word. Here bewaar hom asseblief,” het Marietjie op Facebook geskryf.

Die gesin het ook ʼn webwerf geskep om te help met die soektog na Gert. Lede van die publiek kan deur middel van die webtuiste met sy vrou en twee dogters kontak maak of kontak ao. Spannenberg by die Parow-polisiestasie by 082 411 3292.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

pop ·

Ek dink as iemand al n halwe maand weg is dan is daar groot fout. Hoekom sal die kind se verjaarsdag nou afsnydatum wees. Vreemd!!!!!

snel ·

Ek glo mens hou vas aan die bietjie hoop en n wonderwerk. Hulle het hom seker oor Kersfees en Nuwejaar ook terug verwag, maar glo nou dat dit sy dogter, sy eie bloed, se verjaarsdag is, sal hy terug kom huis toe as hy net pad gevat het. Mens probeer altyd sekerlik sterk staan en positief bly en hoop, dat hy aan die deur gaan klop. Mag hy gou terug kom of mag julle gou antwoorde kry. Sterkte, ek glo baie bid vir julle.

MM ·

En as hy nie 8 Jan terug is nie dan wag hulle seker vir die volgende verjaarsdag???? Kan nie dink dat jy vanaf 14/12 al vermis word en geen geld uit jou bank rek trek dat jy kan oorleef met geen geld by jou nie. dis vir my net baaaie vreemd!

Drieks ·

Ons hou duim vas, ons sal nooit moed opgee dat ‘n geliefde nie sal terug kom nie.
Hartseer…….

anne ·

Dis baie hartseer. Hoop en bid vir julle dat hy wel sal terugkom. Hou vas aan die hoop wat julle
het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.