‘As jy nie ANC stem, sal land weggevat word’

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: ANA

Oudpres. Jacob Zuma het Vrydagoggend gesê indien Suid-Afrikaners nie vir die ANC stem nie, sal die land van hulle weggeneem word nadat sy party so hard vir vryheid geveg het.

Zuma het honderde ANC-ondersteuners en gemeenskapslede by die Pinetown-busterminaal en -taxistaanplek toegespreek as deel van ʼn kiesersregistrasie-bewusmakingsveldtog vir die ANC vir volgende jaar se verkiesing.

“Ons is hier om almal te herinner dat daar volgende jaar ʼn verkiesing is. ʼn Stem gee aan die ANC die mag om die land te regeer. Om te regeer omdat dit daarvoor geveg het en om dit van skade te beskerm, want die ANC is die een wat vir die land geveg het,” het Zuma gesê.

“Almal moet vir die ANC stem. As jy dit nie doen nie, sal die land deur ander mense weggevat word. ʼn Stem is ons mag.”

Zuma het ondersteuners ook versoek om die ANC se verjaardagvieringe wat in Januarie in Durban gehou word, by te woon voor hy met “Umshini Wami” afgesluit het.

Sihle Zikalala, die ANC se provinsiale voorsitter, en Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini, het Zuma vergesel.

Zikalala het aan ondersteuners gesê sowat 80 busse sal verskaf word om mense na Durban te vervoer.

“Diegene wat nog nie geregistreer het om te stem nie, asook diegene wat nog nie gekyk het of hulle op die kiesersrol verskyn nie, moet hul status verifieer en hul adresse nagaan,” het Zikalala gesê.

“Ons as vrywilligers van die ANC moet verseker dat ons werk en streef na eenheid binne die ANC sodat die ANC die verkiesing kan wen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Hannetjie ·

Hoe oud is Jacob Zuma nou?Want hy praat asof hy nog enige iets te prate het.Jacob….gaan rus nou..sodat jy krag het sodra jy die baie nodig gaan kry..dis binnekort.Die langarm van die gereg…..

L ·

Dis vir my snaaks dat mense rerig glo die gereg gaan enige iets doen rofl

Lollie ·

Die ANC sal net wen dmv intimidasie maar op ń ordentlike en eerlike manier sal hulle beslis uitval.
Die mense moet net weet, stem jy ANC kan jy dalk sê die land is joune MAAR daar is nie werk nie, nie geld nie en nog minder kos!
Hulle moet maar self opweeg wat vir hulle belangrik is.

Jacques ·

Dink jy vir een oomblik hul dink daaraan? Sal soos gewoonlik kos bedel van die buiteland soos die res van Afrika.

Janet ·

Duh hoe weet hulle vir wie stem ek. Dis presies hoe hulle werk deur vrees by hulle mense in te palm.

Irma ·

Né, bly maar groot praterig om vir homself steun in ANC te kry en Ramaphosa te ondermyn. Hy verstaan lyk my ook nie engels nie, anders sou hy verstaan het by watter % van die staatskaping hy impliseer word.

Dina ·

Weggevat word deur wie? Ons moet juis die land probeer red uit die hande van die ANC wat alles in die grond bestuur het! Alles wat goed funksioneer het is onder hulle bewind tot niet gemaak . Nou moet gered word wat te redde is.

Andre ·

Die ANC het vir die land “geveg” dat Zuma dit vir die Guptas kan gee.

D B ·

Dis hoe dit werk in Afrika, die meerderheid ongeskooldes stem vir die mees ongeskoolde…watter regdenkende mens sal so ‘n pot k.. glo?

Elkgeval, maak nie regtig saak nie, die ANC GAAN die verkiesing wen en hulle GAAN ‘n tweede derdes meerderheid kry, want almal wat vir hulle stem gaan mos nou grond kry.

Dina ·

Weggevat word deur wie? Dit is dan juis die ANC wat alles in ons land bankrot bestuur het!

Skroef ·

Om nie skade aan die land te doen nie? Is die vent ernstig? Hoeveel skade het hy, man alleen die land aangedoen? Ek kan steeds nie glo dat die anc dit oor hulle harte kon kry om hom tot die parlement toe te laat nie! Lo and behold! Daar word hy president.

Dina ·

Se voet. Dit is dan juis die einste ANC wat ons land so agteruit laat gaan het en alles bankrot bestuur het.

Al ·

Tirannie – wys jou net hy was sterk oppad om ñ tiran te word sou die Here nie ingegryp het nie. Dankie Vader!
Hy onderskat kiesers se IK – niemand sal weet by wie jy jou kruisie getrek het nie.
Hy wil vrees inboesem by mense.
Weereens die Here het nog steeds die laaste sê oor wat in toekoms gaan gebeur.

Piet ·

Ek rig konings op en ek bring hulle tot ‘n val. So spreek ons Vader in die Hemel.

Michelle ·

Zuma het reeds ‘n paleis oor sy hook uit hard werkende land se sakke, hy het reeds vir Cupta’s so te sê als gegee nou vat die Chinese oor. Nou wil hy verdere staat geld mors hy moet geld bymekaar maak vir sy eie hof onkoste.

christa ·

nogal geveg het vir die land….. Dis aan hulle gegee asof dit sy land was wat hy weggee. En nogal die anc regering moet aan bewind wees om skade te verhoed? Dis reeds hulle wat dit ‘n tweede Zim wil maak want hulle plunder alles. Ek dog Zuma gaan sy eie party stig, of het hy gesien hy gaan verloor.

Kraai Hartzenberg ·

Dis vandat die ANC aanbewind is dat alles in duie stort. Zuma hou op om mense manipuleer want jy bevorder HAATSPRAAK. Jou eie kultuur-ANC aanhangers gaan jou jou nog verras. Moenie dreig nie, want kyk wat het jy deur korupsie aangejaag het. Die soustrein moet een of ander tyd ook tot stilstand kom. By die tyd, op jou ouderdom moes jy al bietjie meer verstand bygekry gekry het, maar ek dink jy is besig om dit te verloor ook.

liz ·

Ha HAAAAAA HAAAA siniele ou man, daar is NIKS oor van hierdie land nie te danke aan die ANC!

Kraai hartzenberg ·

Zuma stop die soustrein vir n change!!!!want jy klink te souserig

Johan ·

Lyk my Zuma is nog net relevant by taxi-staanplekke :)

Dink die media moet hom nou maar begin ignoreeer. Maak hom irrelevant. Ek wil regtig nie weet wat die nar gorrel nie. So MM kan maar groot asb ophou om stories oor hom te plaas.

KP ·

Waar is die DA kan hulle nie die mense die waarheid vertel nie.

Frik Lotz ·

Ag asseblief! Wat kan die DA doen? Hul praat net baie en doen ook nie maar veel verder nie. Verder is hulle maar niks anders as n ANC-lite nie!

alida ·

Hy hoort lankal in die tronk wat loop hy nog rond en bollie praat.

KP ·

Dit van skade beskerm wonder wie is besig om die hele land af te brand, wie pomp rou riool in ons riviere in. Die sot is duidelik uit voeling met wat in die land aangaan. Dit is hoekom hulle skole afbrand om die bevolking ongeletter te hou sodat hulle sulke twak moet glo.

Robert ·

Hoekom gee julle publisiteit aan hierdie man. Hy is ‘n globale verleentheid

Kierie ·

Dit sê alles van die ANC as hulle iemand soos Zuma gebruik om hulle beeld te poets.

Emma ·

Ag weet jy nie lus vir hom nie groot praterig voor verkiesing. Anc het in elk geval die land in die afgrond bestuur. Nou moet ons daaronder ly. Aan alles wat hulle hand opgele het in n bokkerop.

Judge Dredd ·

Soos die ANC die land regeer, moet dit van hulle afgeneem word.

Neels ·

Alla wereld daar begin die beloftes met n groot fees in Durban dit is al wat belangrik is. Vergeet die beloftes van die afgelope 24 jaar wat nie gerealiseer het nie Die man is reg of hulle stem of nie in sy tyd is die land al verkwansel aan die Chinese en amper die Russe en gedeeltelik aan die Guptas .

Irene ·

Ag zuma jou wou die land self weggegee aan die guptas toe val jy hard

jaco ·

mense wat nou so krities is op wat Zuma gesê het, vergeet ook maar vinnig die “ou” dae:
daar is toe weer gesê jy kan net n goeie Afrikaner wees as jy vir die Nasionale Party stem. Lidmaatskap van een van die 3 Afrikaanse susterkerke is ook bygegooi as nog n vereiste vir goeie Afrikanerskap.
In daardie jare is ook lekker jobs vir broederbonders gegee. dit was maar n voorloper van regstellende aksie en “kader-ontplooiing” van die ANC
Kortom, “hulle” het n hele paar goed by “ons” geleer…

Groot Verskil ·

Net een fundamentele verskil is dat die Afrikaner met sweet moes WERK na die ABO se verskroeide aarde beleid en die depressie vir sy selfbenoud en voorspoed. Die ANC vat dit waarvoor hulle nie gewerk het nie, pronk dat hulle glo daarvoor baklei het, net om dit uiteindelik deur hulle sterte te trek; terwyl hulle die massas polities onnosel hou en breinspoel…maar mens moet toegee, die een ding wat die ANC op grootskaal regkry, is korrupsie en leuens. Onverbeterlik daarmee.

Cornel Rothmann ·

Ag Zuma… het jy geweet as mens ophou asem haal gaan jy dood,??

Anoniem ·

What a joke !!!! Kan ek dit nooit doen nie word links en regs doogemaak dan nog vir die anc stem verre gaande !!!!!!

HENNIE ·

Hahaha,wegvat?Wil hulle die grond in kruiwaens sit en oor die grens stoot,al wat die klomp idiots wat die land verwoes het kan vat,is lee banke,vliegtuie wat staan,trein wrakke en hulle onnoselgeit.

Michael ·

Ai kyk nou waar staan hy nou en praat by n taxi staan plek en n bus terminaal het die man nou tot die vlak gedaal. hy soek seker werk as n taxie drywer. wat n clown is hy nie.

Andre Stander ·

Dat mense nog enigsins [positief] glo in dit wat die ou kweitraak, se eerder meer van hulle vlak van intelligensie as enige iets anders…

Klink my dit is tyd vir nog n #veld-tog

#ancwilaanhouplunder

lewies ·

Julle het die land op ‘n skinkbord gekry, so waarom nie.

honourable member ·

En so Glo die dommes alles Wat gese word. Shame

Woedend ·

Haaaa haaaa haaaa!!! VRYHEID, VRYHEID!!! GET A GRIP ON LIFE

ne ·

Zupta moet maar voort droom. Gelukkig is ons HEMELSE VADER in beheer.

Foxi ·

Die hoofskakelaar het die hef in die hande……80% se ligte is aan, maar niemand is ‘tuis’nie!
Almal sal seker weet wat ek hier bedoel. En ja, die ongeskooldes kan en sal dit NOOIT verstaan nie. Hulle word bang gepraat en is vrek onnosel om te verstaan. n kospakkie en n T hemp is vir hulle soos manna uit die hemel. So word onskuldiges verlei want hulle het nie die geleerdtheid om te onderskei tussen reg en verkeerd nie. Hulle glo in voorvaders ensv, wat eintlik net n heksejag is. Moet n mens hulle nou veroordeel omdat hulle so grootgeword het, mislei is ensv? Nee, stellig nie, want dit is NIE hulle skuld NIE! Laat die mens stem vir wie hy wil en in wat hy glo……als sal tog op die ou einde uitwerk soos wat die WIL VAN GOD IS……dit hang van die mens self af!Dankie…

Gevange ·

Die mense is nie vry nie. Hulle word deur die ANC gevange gehou.

Ben ·

Hy wou eintlik by die treinstasie gepraat het, maar toe is daar feitlik niemand. Net die geraamtes van eens spoggerige treinwaens.

LR ·

Die een wat hierdie land weggevat het is JZ. Hy het hierdie land se ekonomie met 25% laat krimp, dit is hoogverraad wat hy gepleeg het.
In die ou dae was dit n halsmidaad, maw die doodstraf. Hy MOET sy dag agter tralies kry, hulle moet sommer die tronkdeur se sleutels weggooi.

Magrietha ·

Ja die land het aan koning Elizathe behoor laat sy hom weer terug vat want land kan bestuur en nie alles va5 wat die oogies sien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.