Soorte resepte:

As Kaapstad ’n koffie was, hoe sou dit proe?

Cape Town Evivo Lungo (Foto: Nespresso)

In ʼn spesiale huldeblyk aan Suid-Afrika het die bekende koffiehandelsmerk Nespresso ʼn koffiekapsule gemaak wat die wesentlike koffiegeur van die Moederstad inhou.

Dié Kaapstad-koffie, Cape Town Evivo Lungo, is deel van Nespresso se World Exploration-reeks waarmee die koffiegeure van vyf ander bekende stede – Shanghai, Tokio, Buenos Aires, Wene en Stockholm – ook in ʼn koffiekapsule vasgevang word.

Nespresso beoog om op hierdie manier koffieliefhebbers die geleentheid te bied om met ʼn koppie boeretroos om die wêreld te reis en die plaaslike koffiegeure van ʼn klompie stede te kan proe.

Net soos die stad is Cape Town Evivo Lungo-koffie ook sterk en vol karakter. Yassir Corpataux, koffie-ambassadeur van Nespresso, sê dié mengsel reflekteer Suid-Afrika se koffietradisies perfek.

“Die smaakprofiel en intensiteit pas die rykheid van Kaapstad in sy leefstyl en kultuur en dit reflekteer ook die koffiegeskiedenis en hoe Suid-Afrikaners van hul koffie hou – ʼn mengsel van arabica en robusta wat saam met melk gedrink word.”

Hier is die smaakprofiele van die vyf stede:

Shanghai

China het ʼn jong moderne koffiemark wat hou van lig geroosterde arabica-bone van Kenia, China en Indonesië. Die bessienodes en ʼn fyn surigheid van die koffie word op sy beste baie warm bedien om lank aan te teug.

Buenos Aires

Met Argentinië se diverse kosmark, waar soetgoed baie bekend is, bevat dié stad se koffie heerlike soet-springmielie nodes. Plaaslik geniet Argentyne hul koffie met baie melk en suiker.

Tokio

Die Japannese geniet ʼn ryk koffie met gebalanseerde, elegante aromas. Die aromatiese koppie koffie word geskep deur ʼn mengsel van koffie uit Ethiopië en Mexiko en lewer ʼn komplekse, blomagtige geur met ʼn tikkie surigheid.

Kaapstad

Suid-Afrikaners het ʼn neiging na Asiese koffie wat hul palet mettertyd beïnvloed het. ʼn Mengsel van Indiese arabica en robusta lewer ʼn intens, bitter geur met houtnodes.

Stockholm

In Swede geniet inwoners plaaslik ʼn koppie intense, soet koffie met ʼn tikkie bitterheid. Geniet dié geurige koffie saam met kaneelrolletjies vir ʼn eg Sweedse ervaring.

Wene

Wene se koffietradisies dui op gladde, soet arabica-koffie van Brasilië en Colombia. Geniet dié aromatiese koppie koffie aangevul met warm water en ʼn sny koek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vonkprop ·

As SA ‘n koffie was sou dit ‘n gebrande geur gehad het wat ‘n bitter nasmaak vir maande los.

DieKriek ·

Proe is n werkwoord, so die antwoord is “met sy/ haar tong”. Dit moet wees “hoe sal dit smaak”.

Nie Verbaas ·

As Kaapstad n koffie was? Dan het ek nou tee gedrink.

Stof ·

Sou dit dalk ‘n souterige smaak hê, met ‘n neiging tot gevolglike winderigheid, en ‘n sanderige residu wat ‘n tussen die tande vassit, soos sand wat net nie tussen die tone wil uitkom, selfs na die derde stort nie?
of:
Sal dit’n diep dankbare smaak hê wat herhinder aan Broer Jan van Riebeeck se inisiatief toe hy die fondament kom lê het sodat ons vandag die voorreg kan hê om te woon in ‘n land waarvoor ons passievol lief is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.