Asbeskontrak: Saak tot volgende jaar uitgestel

Die sewe verdagtes vroeër in die beskuldigde bank.

Die saak oor die omstrede Vrystaatse asbes-ouditkontrak is tot volgende jaar vir verdere ondersoek uitgestel.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het aan Maroela Media gesê die saak sal nou eers weer op 19 Februarie aangehoor word.

Die sakeman Edwin Sodi en sy ses medebeskuldigdes se borgtog is tot dan verleng.

Die moontlikheid bestaan dat nog drie verdagtes by die lys van beskuldigdes gevoeg kan word.

Die uitstel van die saak volg kort nadat dit Dinsdag bekend geword het dat ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, uitgereik is.

Magashule word ondersoek vir sy beweerde rol in die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken, maar dit is glo op bedrieglike en korrupte wyse gedoen. Dit was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

Volgens Shuping is besluit dat die saak nou in die hooggeregshof aangehoor gaan word.

“Ons hoop dat al die uitstaande kwessies rakende die ondersoek teen 19 Februarie volgende jaar afgehandel sal wees sodat die saak oorgedra kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wondermaarnet ·

19 Februarie 2056 of wat, want dit gaan ook net sloer en sloer.

Persheks Adri ·

Volgende jaar volgens die hoof opskrif eish man en seker sonder Ace pffft

Strandloper ·

Nog n zuma sage…wit persone sou nou agter tralies gesit het. Die “All Now Criminals” maak mens soooooooo siek!

LANA is ELANè ·

Niks sal teen 19 Feb afgehandel wees nie aangesien ene Ace daarby betrek is gaan dit net weereens een uitgerekte proses word waar niemand ooit boet vir dit nie.

Persheks Adri ·

Eers volgende jaar? Nou wat nou van Ace? Wil julle nou sê ons het verniet bly geraak gister mmmmmm? Hy gaan tog te pragtig lyk in oranje eish man

Mieke ·

Ek het geweet Ace sou nie Vrydag vir sy in hegtenisname verskyn nie! Hy is gans te is glibberig om ordentlik vas gevat te word!! Hy het sy vriende en weet ook hoe om ander af te pers!!

Johann ·

En so begin die standaard aksie en reaksie….UITSTEL!!!!!

So Ace gaan waarskeinlik eers in 2045 die hof sien?

Grassie ·

‘n Lasbrief is ‘n dokument wat deur ‘n landdros uitgereik word aan die polisie om ‘n persoon te arresteer en voor die hof te bring. ‘n Dagvaarding is ‘n kennisgewing aan ‘n persoon om op ‘n spesifieke datum op eie stoom voor die hof te verskyn. Dit lyk vir my Ace se lasbrief word deur die polisie soos ‘n dagvaarding hanteer. Dit is verkeerd, alle landsburgers moet mos eenders behandel word. Maar sommiges van hulle is mos onaantasbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.