Die saak oor die omstrede Vrystaatse asbes-ouditkontrak is tot volgende jaar vir verdere ondersoek uitgestel.
Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het aan Maroela Media gesê die saak sal nou eers weer op 19 Februarie aangehoor word.
Die sakeman Edwin Sodi en sy ses medebeskuldigdes se borgtog is tot dan verleng.
Die moontlikheid bestaan dat nog drie verdagtes by die lys van beskuldigdes gevoeg kan word.
Die uitstel van die saak volg kort nadat dit Dinsdag bekend geword het dat ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, uitgereik is.
Magashule word ondersoek vir sy beweerde rol in die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken, maar dit is glo op bedrieglike en korrupte wyse gedoen. Dit was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.
Volgens Shuping is besluit dat die saak nou in die hooggeregshof aangehoor gaan word.
“Ons hoop dat al die uitstaande kwessies rakende die ondersoek teen 19 Februarie volgende jaar afgehandel sal wees sodat die saak oorgedra kan word.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
19 Februarie 2056 of wat, want dit gaan ook net sloer en sloer.
Nog n zuma sage…wit persone sou nou agter tralies gesit het. Die “All Now Criminals” maak mens soooooooo siek!
Niks sal teen 19 Feb afgehandel wees nie aangesien ene Ace daarby betrek is gaan dit net weereens een uitgerekte proses word waar niemand ooit boet vir dit nie.
Eers volgende jaar? Nou wat nou van Ace? Wil julle nou sê ons het verniet bly geraak gister mmmmmm? Hy gaan tog te pragtig lyk in oranje eish man
Ek het geweet Ace sou nie Vrydag vir sy in hegtenisname verskyn nie! Hy is gans te is glibberig om ordentlik vas gevat te word!! Hy het sy vriende en weet ook hoe om ander af te pers!!