Asbeskontrak: Ses vas, nog ʼn verdagte soek

Argieffoto

Drie staatsamptenare en drie sakemanne is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die omstrede Vrystaatse asbes-ouditkontrak.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het gesê daar is nog ʼn uitstaande lasbrief vir die inhegtenisneming van ʼn verdagte in KwaZulu-Natal. Die anders ses verdagtes is tydens gesamentlike operasies in Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Luidens mediaberigte is Edwin Sodi, ʼn sakeman, en Olly Mlamleli, tot onlangs nog die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, onder diegene wat reeds in hegtenis geneem is.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

“Die beskuldigdes sal op 60 aanklagte teregstaan, wat insluit korrupsie, bedrog en geldwassery ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) sowel as oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).”

Die inhegtenisnemings spruit uit ’n gesamentlike ondersoek deur die Vrystaatse Valke, die spesiale ondersoekeenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die bewerings hou verband met ’n kontrak wat glo op ʼn bedrieglike en korrupte wyse toegeken is. Daarbenewens het sekere regeringsamptenare glo voordele van die gekontrakteerde maatskappy en/of ’n individu ontvang wat gelei het tot verskeie aanklagte van korrupsie.

Die kontrak was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

“Dit word beweer dat die provinsiale departement van menslike nedersettings die indruk geskep het dat hy deelgeneem het aan ’n kontrak wat deur die Gautengse nedersettingsdepartement gesluit is, terwyl die dienste nie dieselfde was as wat in die bestaande kontrak gespesifiseer is nie, en ook dat die prys van die kontrak hoër was, wat strydig is met tesourie-regulasies.”

In die tydperk het die Vrystaatse departement ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verkwistende uitgawes van meer as R255 miljoen aangegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Schalk

Ek vra dalk ‘n dom vraag? Maar was Ace Magashule nie Premier van die Vrystaat nie?

Frederik C

Ten minste het Olly nou die ampswoning ontruim.

Fedup

And?
What exactly is the point of this whole excercise?
Good as you know who they are, but as i know how things roll in this dump, nothing will ever happen?

Dries

Die wiel draai, maar BITTERLIK stadig, want hierdie klomp se hofsake sal seker eers teen 2024 afgehandel wees.

koos10

Hierdie saak gaan soos die saak wees met die merk van SAPS voertuie. Mense lings en regs word gearresteer, tot die heel laagste klerk, en volgende gaan die seker die skoonmakers of tuin werkers wees, almal, behalwe die hoë koppe.