Asbeskontrak: Verdagtes op borgtog vrygelaat

Die sewe verdagtes Vrydag in die beskuldigde bank.

Die sewe verdagtes wat vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is in verband met die omstrede Vrystaatse asbes-ouditkontrak, is Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof op borgtog van tussen R50 000 en R500 000 vrygelaat.

Die sakeman Edwin Sodi is op borgtog van R500 000 vrygelaat terwyl sy medebeskuldigdes, Nthimotse Mokhesi, Vrystaatse departementshoof van menslike nedersettings, die sakeman Sello Joseph Radebe, Thabane Wiseman Zulu, voormalige direkteur-generaal van die nasionale departement van menslike nedersettings, en Sarah Matawana (Olly) Mlamleli, voormalige Vrystaatse LUR van menslike nedersettings en voormalige burgemeester van Mangaung, elkeen borgtog van R100 000 toegestaan is.

Die sewe verdagtes Vrydag in die beskuldigde bank.

Mahlomola John Matlakala, direkteur van verskaffingskettingbestuur by die departement van menslike nedersettings, en die Pretoriase sakeman Abel Kgotso Manyeki is elkeen op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê hoewel staatsadvokate Johan de Nyschen en Dansi Mpevane nie borgtog teengestaan het ​​nie, hulle wel op stewige borgtogbedrae aangedring het weens die ernstige aard van die aanklagte teen die beskuldigdes.

Die maatskappye Blackhead Consulting, Diamond Hill Trading 71, 605 Consulting Solutions, Mastertrade 232 en die Ori Group is ook tot die klagstaat gevoeg vir hul beweerde betrokkenheid by dié kontrak van miljoene rande om behuisingseenhede met asbesdakke wat voor 1994 in die Vrystaat gebou is te beoordeel en te oudit.

Die beskuldigdes staan tereg op 60 aanklagte wat insluit korrupsie, bedrog en geldwassery ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) én oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).

Die saak sal na verwagting weer op 11 November aangehoor word. Al sewe beskuldigdes moes hul paspoorte aan die Valke oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Androclus ·

Daar kry hulle borg en hulle betaal sommer met daardie asbesgeld,wat bang vir daardie bedrae.

Carientjie ·

Wonder juis waar het hulle daardie klomp geld gekry op borg te betaal.. dis baie rande waarvan ons hier praat!!!

Persheks Adri ·

Die borg regverdig nie die korrupsie nie. Die stelsel darem oe ee ee aikona

Moppie ·

Waw, hulle lyk te goed in daardie pakke…..asbesgeld ???????

Marius ·

Net my mening . As die asbes mense wit was het hulle gesit tot volgende jaar kersfees sodat die saak verder ondersoek kan word . Eish , hulle kader maatjies kyk darem mooi na hulle . En die belastingbetalers betaal nogsteeds vir hulle gemors .

Byekonfyt ·

My land Suid-Afrika is soos George Orwell se boek “Animal Farm”.

Cornelius ·

Wat n kriminele samelewing onder die ANC regering. Dis n kultuur wat nie gaan ophou voordat daar niks oor is nie. En dis alles Apartheid se skuld.

Sobymykoolkop ·

Eentjies eentjies staan in ń ry……………….

PieterP ·

Alles goed en wel maar… Dit is blykbaar erger om korrup te wees as om te moor. Moord borgtog het ons nou al hoeveel maal gelees R1000. Die somme van die hof verbaas my gereeld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.