Asem opgehou oor Zim-vlug se verslag

Die ANC-afvaardiging het glo ‘n saamrygeleentheid saam met die minister gekry. (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die land hou asem op oor die politieke toekoms van die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nadat sy ’n verslag oor haar veelbesproke militêre vlug verlede week na Zimbabwe aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig het.

’n ANC-afvaardiging het verlede week na Harare gevlieg om met die Zanu-PF te vergader en ondersoek in te stel na menseregteskendings in Zimbabwe. Die wet is egter volgens alle aanduidings oortree deurdat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler opgedok het vir ’n partypolitieke uitgawe, en dit is waarom Mapisa-Nqakula die verslag aan Ramaphosa moes lewer.

Die wet bepaal dat die weermag verantwoordelik is vir die vervoer van die minister van verdediging. Daar is egter geen aanduiding dat daar enige nodigheid was vir Mapisa-Nqakula om na Harare te gaan nie, en daar is elke aanduiding dat Mapisa-Nqakula bloot saamgevlieg het as deel van ’n slap plan om die grendelstaat se voorskrifte oor internasionale reis te omseil, sowel as om op korrupte wyse toe te sien dat die ANC nie die onkoste dra nie.

Ramaphosa se woordvoerder, Tyrone Seale, het reeds bevestig dat die president besig is om die verslag te bestudeer. Hy sal te gelegener tyd kommentaar daarop lewer en optree, indien nodig.

Die DA-LP Kobus Marais het gesê daar is geen rede om te wag met die hantering van die verslag nie, want die feite is voor die hand liggend. Hy het gevra dat die verslag dadelik aan die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging voorgelê word sodat dit openbaar gemaak kan word.

Die verwagting in politieke kringe is dat Ramaphosa binne die volgende dag of twee sal optree, en dat Mapisa-Nqakula afgedank sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

lon ·

WAT VAN DIE ANDER WAT SAAM GEVLIEG HET, WAT HET HULLE DAAR GAAN MAAK, GRATIS PARTY

Belinda ·

Die antwoord gaan interessant wees!!!!!! Sterkte Cyril Ramaphosa, jy is sowaar op ‘n vuurwarm stoel

Pieter ·

En die bevinding is …….. na ‘n in-diepte ondersoek en baie raadpleging, niemand het enigiets verkeed gedoen nie! Sien, ek kon daai verslag in 10 sekondes doen en alaml baie tyd spaar.

Androclus ·

ek weet nie of daar iets van sal kom nie ,daardie mense is al die pad net reg hulle doen nooit iets verkeerd volgens hulle nie.

Androclus ·

Minister van verdediging,hmmn ek wonder was sy al ooit in die weermag.

Hoekom ·

As die SANW werk vir die ANC as hulle eie persoonlike weermag dan het ons die reg om ons eie weermag op die been te bring, of ons nou DA, VF+ of Afriforum is…

Johann ·

Dis maklik: dis soos ‘n TAXI se aandag kry. Die Comrades het terloops saam gestaan en lands sake bespreek toe hulle besef hulle moet saam in Zim kom….toe ry die minister se tuig so veby en toe wys hulle die regte vinger…soos vir n taxi…en toe stop die tuig en toe se die drywer…HI ES NOG BAJA PLEK…en toe gaan sit die minister voor en vat almal se geldjies en TADA!!!!! Daar gaat hulle ZIM toe.

Wats die issue?

Adam Adriaan ·

“n Geleentheid om ‘n nuwe pappagaai in die swerm aan te stel.

Dries ·

Afdank ha ha dit wil ek sien. As dit gebeur sal sy net weer aangestel word in n hoër amp. Dit is voorwaar n surkus

Inkpot ·

AS sy afgedank word gaan sy net “recycle” word na ń ander portefeulje, m.a w nìks gaan met haar gebeur nie.
Hopelik word sy wel afgedank en word ń bevoegde persoon aangestel.

Inkpot ·

Wat ń jammerlike grap het Suid-Afrika tog nie geword nie.

DLR ·

So Jan alleman betaal twee keer. Die ANC het nie geld om te betaal. Dis my en jou belasting geld. Of maak ek ‘n fout ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.