Ashley moet nou 33 jaar sit

Ashley Oosthuizen. (Foto: Facebook / A voice for Ashley Oosthuizen)

Ashley Oosthuizen se ouers het gehoop dat sy dié week uit die tronk in Thailand sou stap, maar sal dalk nou nog drie dekades moet wag voor hul dogter weer na Suid-Afrika kan terugkeer.

Dít nadat ʼn hof in Thailand Oosthuizen (23) se lewenslange vonnis vir dwelmhandel tot 33 jaar verkort het.

Oosthuizen se appèl is Woensdag deur ʼn bank onafhanklike regters in ʼn hof in Koi Samui aangehoor – dieselfde hof waar sy destyds skuldig bevind en gevonnis is.

Oosthuizen se pa, André, het aan Maroela Media bevestig dat hul regspan ʼn maand het om teen die uitspraak te appelleer.

Hy weet egter nog nie wat hulle gaan doen nie.

Die familie het gehoop dat Oosthuizen se skuldigbevinding en vonnis heeltemal omgekeer sal word sodat sy weer na Suid-Afrika kan terugkeer. Oosthuizen voer aan sy is onskuldig en haar geliefdes staan bankvas agter haar.

André het Woensdag aan Maroela Media gesê hulle verstaan nie waarom die uitspraak juis só is nie, maar glo “die Here se werk met Ashley is nog nie klaar nie”.

Oosthuizen is op 8 Oktober 2020 op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem nadat sy vir die ontvangs van ʼn pakkie wat by haar werksplek afgelewer is, geteken het.

Die pakkie was nie aan Oosthuizen geadresseer nie, maar aan die voormalige eienaar van die Hot in the Biscuit-restaurant in Koh Samui waar sy ʼn bestuurder was. Oosthuizen is op die plek in hegtenis geneem, skuldig bevind op aanklag van internasionale dwelmhandel en die doodstraf opgelê. Haar vonnis is op 8 Oktober na lewenslange tronkstraf verander.

Sy is tans by die Nakhon Si Thammarat Sentraal-gevangenis in die suide van Thailand.

Haar pa sê sy word goed behandel en kan vlot Thai lees, skryf en praat. Sy werk ook in die biblioteek en bied cha-cha-klasse aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

George ·

Moenie met dwelms betrokke raak in Thailand nie. Was al paar keer daar, en sal weer terug gaan.

George ·

Moenie “teken” vir enige iets wat nie jou naam op het nie

Annamarie ·

Ek hoop regtig hule kan appelleer en haar terug kry op eie bodem. Sterkte

Waarnemer ·

Arme meisiekind,sy gaan 56 jaar oud wees wanneer sy uitkom en dit alles deur die toedoen van een vark wie te sleg is om pa te staan vir sy laakbare dade.

Realis Thailand ·

Sy sal nie langer as 17 jaar sit nie. Sy was naief en maar ek glo het ook meer geweet as wat sy se,sou seker maar dieselfde gedoen het
Ek woon en boer al nege jaar hier en vind die land aangeneem en ken die land al sedert 2001 met sake besoeke hier
Hier is dagga ook deesdae wettig en mag jy dit rook en kweek soveel as wat jy wil.
Al die mesne wie vir dagga oortredings in die gevangenis was is ook dadelik vrygelaat na dit gewettig is.

Maritza ·

Verstaan nie hoe sy naief was nie. By my werk teken ek ook vir pakkies al is dit nie aan my geadreseer is.

Johan ·

Dankie Maritza, ek ook. Daai land sien my nooit nie, wrede gemors.

N ·

Onregverdig. Teenoor Suid Afrika waar moordenaars en verkragters 10-15 jaar kry.

piet ·

Minimum straf vir moord is 15 jaar en dan is dit die ligste “graad” van moord.

Realis Thailand ·

Indonesie het n paar jaar gelede twee Australiers met n vuurpeleton tereggestel oor verdowingsmiddels smokkel so sy moet nie kla nie
Elke land het sy eie wette wat jy maar moet gehoorsaam

N ·

Sou die regering dalk meer gehelp het as sy ‘previously disadvantaged’ was?

piet ·

Wat kan die regering doen? Dis ‘n ander land se regstelsel.

N ·

Ek verstaan dit piet, maar dalk kan hulle reel vir uitlewering of so.

Nettie ·

Ai. Hoe hartseer! Ek is bitter jammer vir die kind en haar gesin. So ‘n pragtige meisie. Ek is dankbaar sy word goed behandel en kan darem ‘n lewe daar lei, so op ‘n manier. Maar mag God haar genadig wees en mag sy gouer herenig word met haar geliefdes.

Linx ·

ONS weet duidlik nie die hele storie nie,gun land se wette is so onregverdig dat j lewenslank kry vir n handtekening vir ontvangs vir n pakkie wat nie vir Jou is nie& die feit dat sy summier gevat is nadat sy teken beteken dt was n 252 operasie(ek weet wat Thailand dt noem nie),maar daardie insident klink eder beplan deur d polisie en d plek moes lank dop gehou wees,sterkte meisiekind, hoop julle appel slaag

007 ·

Daar is meer agter die storie as wat ons van weet. Sy was dalk net op verkeerde tyd op verkeerde plek. Die kraagmannetjie doen die ding al lankal en sy was net die “fall guy”. Hy kruip natuurlik hier in SA weg. Klein blikskottel.

Lillian ·

Ons kinders moet hul heil in ander lande gaan soek omdat hul eie land hul nie wil hê nie en dan gebeur dié tipe dinge. Arme kind

Astrain ·

Is daar nie iets wat ons as ‘n kolletief kan doen om die arme kind daar uit te kry nie?? Iemand met regskennis, help bietjie hier?

Keelvol ·

Jy kan niks doen nie. Thailand ???????? Is n “sovereign state.” Suid-Afrika het geen reg om in te meng nie. Hulle kan net die nodige bystand en hulp verleen, dis al. Sy is n gewone landsburger en geniet nie die beskerming van diplomatieke status nie. Sy het hulle wete oortreë en moet die vonnis daar uitdien.

Johan ·

Eks nie so seker of sy die wet oortree het nie, dit is assof hulle net iemand wil toesluit om die saak af te handel, ongeag wie werklik daarvoor verantwoordelik was. Baie swak van hulle, want die skuldige loop vry rond.

Mariaan ·

Sjoe dis erg..voel jammer vir haar..klink soos regtig verkeerde tyd..verkeerde plek..en daar is jou lewe verwoes..sterkte ook aan haar ouers..dit moet baie moeilik vir almal wees..ons bid vir haar vrylating

Jack ·

Dit is onregverdig in die geval maar wat n seen as van die wette in ons land toegepas kan word dan sal die dwelmhandel wat die hooggeplaasdes ook voed afgebreek word. Dit is n kanker in ons land en word selfs gewettig deur n korrupte span wat net eie belang sien. Vernietig die kwaad of die kwaad vernietig jou!

Melindi ·

Ek glo nie sy is ongskuldig nie, hoe kan hulle net toesluit vir n handtekening?
Gaan kyk dalk dieper as wat mense werklik sien…………………….

Sterkte

Johan ·

Want hul wil die saak toemaak en klaar….lewe beteken vir hul niks.

Catherina ·

As jy al in hierdie land was , dan sal jy verstaan…..vorms word geteken voor jy land dat dood of tronkstraf kan volg as jy met dwelms gevind is….Saoedi Arabia ook

Anon ·

Een land waarheen ek uit prinsiep NOOIT sal reis nie. Reg is reg en verkeerd is verkeerd.

Swerwer ·

Ai dit is ‘n harde slag. Wat het van die persoon geword aan wie die pakkie gerig was.

Linx ·

Presies,hulle weet vir wie die pakkie was,maar sluit nogsteeds ‘n “onskuldige” persoon toe,en dit nogal doodstraf,iets klink nie reg nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.