Ashwin sal sy ‘pyn by Menseregtekommissie deel’

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Ashwin Willemse het Dinsdag gesê hy sal wag op die verhoor van die Menseregtekommissie (MRK) om sy “geldige pyn” te deel.

Willemse het in ʼn onderhoud op Talk Radio 702 en Cape Talk kortliks gepraat oor sy besluit om nie aan die bemiddelingsproses by SuperSport deel te neem omtrent konflik tussen hom en sy mede-aanbieders, Nick Mallet en Naas Botha nie.

Willemse het Mallet en Botha van rassisme beskuldig, en nadat SuperSport ʼn ondersoek na die beskuldigings van stapel gestuur het, het Willemse gesê die ondersoek is “nie die gepaste forum om die kwessie te bespreek nie”. Hy het daarna aangedui dat hy die Gelykheidshof oor die saak gaan nader.

“Ons neem deel aan daardie proses [by die MRK]. Ons sal soontoe gaan en aan die spesifieke proses deelneem en hopelik my menswaardigheid herstel,” het hy gesê.

Willemse het gesê hy het “uitgereik” na Mallett sowel as Botha nadat hy besef het watter effek die debakel op sy eie familie het. “Ek het uitgereik vanuit die uitgangspunt van versoening en dit was in daardie selfde gees dat ek in gesprek sal tree met al die betrokke partye, insluitend die werkgewer SuperSport,” het hy gesê.

“Daar is geen deure wat toegemaak is nie. Ons praat hier oor herstel en ʼn omgewing waarin mense se gelykheid [en] menseregte gerespekteer kan word.”

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Maroela Media het vroeër berig Willemse het in Mei tydens ʼn regstreekse uitsending uit die SuperSport-ateljee gestap ná ʼn oënskynlike meningsverskil met Mallett en Botha. Dit is steeds onduidelik wat presies die voorval vooraf gegaan het, maar Willemse het sy ongelukkigheid duidelik gemaak voordat hy van die stel afgestap het.

“Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir ʼn lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie,” het Willemse tydens dié regstreekse uitsending gesê.

SuperSport het daarna ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur waarin daar bevind is daar was geen verskuilde of openlike rassisme wat tot die voorval gelei het nie.

Die ondersoek het ook aangedui daar was twee faktore wat ʼn logiese verduideliking vir die voorval bied. Die eerste faktor was ʼn tegniese fout wat tot gevolg gehad het dat al die kommentators nie ʼn spreekbeurt gekry het nie, en die tweede een dat Willemse Botha en Mallett as neerhalend beskou het toe hulle aangedring het hy moet eerste praat ná die advertensiebreuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Ek wil ook daardie soort pyn ervaar wat veroorsaak is deur Springbokkleure
en R60-milj wat ek gekry het vir my pigmentasie?

Cry Baby ·

Ai tog! Wil hy nie maar sy nukke & grille laat staan en groot word nie?!

Rupert Ashford ·

Gaan hy nou Supersport probeer melk vir ‘n paar rand of die twee wit ouens as hy gelykheidshof toe gaan?

Mielie ·

n Goeie prokureur en beeldpoetser gaan AW nie beter laat lyk nie. Hy klink maar bra desperaat om gehoor te word…..maar of hy ooit weer geglo sal word is onwaarslynlik. Hoop hy verdwyn nou net van die lug af ….

Jannie ·

Daar was nooit enige substansie aan sy gesanik nie! Hy het ‘n konflik-situasie geskep om sy eie onetiese handelinge te verbloem en toe dit ‘backfire’ kon hy dit nie hanteer nie, want nou is hy in verleentheid en as hy bes gee, gaan hy verder gesig verloor!!!

A ·

Hy het agtergekom sy tantrum het nie die gewenste uitwerking gehad nie. Nou sing hy ‘n ander deuntjie.

Diefie ·

Dit het hom baie lank geneem om tot hierdie slotsom te kom. Eish

Johann cb ·

Ai Mnr Willemse, hoe lank gaan u nog hierdie “insident” holrug ry ter wille van publisiteit? Jy wou nie aan die “proses” deelneem nie, maar rek dit nóg meet uit! Bepaal jou eerder by joy studies en werk!

miskien oor 500 jaar is Suid-Afrika 'n lekker plek ·

Dit gaan Suid-Afrika bitter lank neem om oor rassisme te kom. Rassisme is op almal se lippe deesdae. Ek wonder of almal steeds mooi weet wat rassisme is of beteken alhoewel almal rassisme orals en tydig en ontydig oprakel. Dit wil voorkom asof al wat leef en beef in Suid-Afrika kort-kort die woord Rassis! teenoor mekaar uitfreak, uitspoeg en uitsisss soos swart mambas. Let wel: Swart mambas is slange en die woorde verwys geensins na enige mens nie.

Op ‘n positiewe noot: Twee woonbuurtes is pas op die Forbers lys as van die koelste woonbuutes in the wêreld aangewys: Kalkbaai en Maboneng in Jo’burg. Kalkbaai en Maboneng het selfs cool en lekker woonbuurtes in New York, Soho, Athene en Amsterdam uitgestof.

Jaco ·

Ek is net so keelvol vir hierdie hele rassisme ” bandwagon”. Ek ken baie cool swart mense en dan weer nare wit mense, asook andersom….ek kan baie redes gee oor hoekom sekere groepe n haat in ander groepe het, maar dit gaan niks reg maak nie…Kan almal nie net ons mooie land weer saam probeer opbou nie en net meer verdraagsaam wees teenoor mekaar nie, als wat jy doen het n “ripple effek”, as jy as mens teenoor ander rasse nederigheid, respek en vriendelikheid toon, sal dit dinge teen n baie vinniger tempo net beter maak vir ons almal. Deur vriendelik te wees het ek al mense van ander velkleure wat haatlik teenoor my opgetree het verbaas en het hul hesindheid handomkeer teenoor my verander. Probeer dit net!

tamboti ·

Ek is bevrees die MRK gaan vir baie simpatie he en van hom ‘n held wil maak

Aitoggie ·

Ervaar ook tans die druk van deeltydse M-studies, maar blameer wraggies nie almal om my (veral nie by werkplek) vir my studie-angs nie.

Willem ·

Ek het ‘n idee hy sal eerder sy pym met ‘n ander professionele mens moet deel dat dié hom kan help.

rugraatloos ·

Geen maar geen rugraat nie – die Thai seuns in die grot het rugraat!! En hulle is nou natuurlike helde – nie opgemaakte “helde” soos sekere mense nie .
Jy sal altyd ly want jy is oorsaak van jou kamstige lyding.

Boerseun ·

die moeilikheid hier is hulle gaan in n moeilike posisie wees die geleikheidshof. vind hulle teen hom gaan die poppe daans. Groot oomblik die, as jy nie jou werk doen nie en uitgevang word dan hardloop jy geleikheidshof toe. Hoeveel ander free loathers is daar buite wat hulle werkgewers hierna gelykheidshof toe gaan sleep. Op die ou end solank daar n wet is wat bepaal dat daar n ras kwota moet wees sal daar spelers wees wat as quota’s gekenmerk gaan word.

Xxxxxx ·

Meer as een keer het ek dit in my professionele beroep gevind dat mense reageer in n sekere manier / omstandighede nie oor ras maar wel oor persoonlike interpretasie – soms moet n mens die tyd vat en terug staan voor jy reageer! Ashwin ek nie van jou afkoms, maar glo my ekt net so hard vir jou geondersteun toe jy ons Land verteenwoordig het! Stel n voorbeeld vir die kinders om na op te lewe nie af te bring nie –

Adam ·

Mnr Willemse, ek deel graag my pyn met jou. ,My pyn is dat ek jou as ‘n pyn ervaar.

IK ·

Dalk ‘n sinnetjie, kom ons maak dit ‘n paragraaf werd in die geskiedenis van Springbokrugby??

Onnie ·

Was daar fout met my kommentaar MM? Indien wel , sal dit gaaf wees as julle dit uitwys dan weet ek wat om te sê sodat ek nie so dumb founded is elke keer as ek sien my “skoon” kommentaar word nie geplaas nie

Ina ·

Bou ‘n brug en kom daaroor Ashwin…. Die rasse kaart werk nie meer nie…..shame!!!!!

SVL ·

Ai Ai..ons wat kleintyd met ma se troosmiddel , dr pink pilletjies- “sweeties”groot geword het, het ons net sterker en groter gemaak.
Veral as ons seer gehad het 0f verloor het. Geen minderwaardigheid ondervind na so paar dr pink pilletjies.
Aswin! ons kan nie altyd reg wees in verkeerde optredes nie. Moet fout aanvaar en aan beweeg.

Hennie ·

As driee ñ maatstaf was dan is dit 5 driee in 19 toetse teenoor Brain Habana se 7 driee in 1 (EEN!) toets. Verstaan AW se minderwaardigheids gevoel……. Sterkte Ashwin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.