Ashwin Willemse en SuperSport se paadjies skei

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Ashwin Willemse se kontrak met SuperSport het verval en hy sal nie weer op die kanaal verskyn nie.

Clinton van der Berg, woordvoerder van SuperSport, het dit aan Maroela Media bevestig. Van der Berg het intussen ook bevestig dat hulle nog niks van die gelykheidshof gehoor het nie. Willemse het vroeër gesê hy gaan dié hof nader.

“Ons is in verbinding met die Menseregtekommissie. Ons het adv. Vincent Maleka SC se verslag na die kommissie verwys, soos hy voorgestel het ná sy onafhanklike hersiening van die voorval.” Van der Berg het gesê hulle gaan geen verdere kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.

Willemse het in Julie gesê hy sal wag op die verhoor van die MRK om sy “geldige pyn” te deel. Willemse het in ʼn onderhoud op Talk Radio 702 en Cape Talk kortliks gepraat oor sy besluit om nie aan die bemiddelingsproses by SuperSport deel te neem omtrent konflik tussen hom en sy mede-aanbieders, Nick Mallett en Naas Botha, nie.

Naas Botha.
(Foto: Wim van der Berg)

Willemse het Mallett en Botha van rassisme beskuldig, en nadat SuperSport ʼn ondersoek na die beskuldigings van stapel gestuur het, het Willemse gesê die ondersoek is “nie die gepaste forum om die kwessie te bespreek nie”. Hy het daarna aangedui dat hy die gelykheidshof oor die saak gaan nader.

Maroela Media het vroeër berig Willemse het in Mei tydens ʼn regstreekse uitsending uit die SuperSport-ateljee gestap ná ʼn oënskynlike meningsverskil met Mallett en Botha. Dit is steeds onduidelik wat presies die voorval voorafgegaan het, maar Willemse het sy ongelukkigheid duidelik gemaak voordat hy van die stel afgestap het.

Nick Mallett. (Foto: Skermskoot/SuperSport)

“Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir ʼn lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie,” het Willemse tydens dié regstreekse uitsending gesê.

SuperSport het daarna ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur waarin daar bevind is daar was geen verskuilde of openlike rassisme wat tot die voorval gelei het nie.

Die ondersoek het ook aangedui daar was twee faktore wat ʼn logiese verduideliking vir die voorval bied. Die eerste faktor was ʼn tegniese fout wat tot gevolg gehad het dat al die kommentators nie ʼn spreekbeurt gekry het nie, en die tweede een dat Willemse Botha en Mallett as neerhalend beskou het toe hulle aangedring het hy moet eerste praat ná die advertensiebreuk.

Botha en Mallett was kort ná die ondersoek afgehandel is weer terug op die kassie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Niklaas ·

Ja, ek kan net sê “bye-bye, thanks for leaving”. Daar is nie miljoene wat die man sal mis nie.

Anoniem ·

Ek wonder hoekom, wat het nou van al sy brawade geword, nie dat ek hom sal mis nie.

Ruiklont ·

Dit is beter vir sport as ‘n geheel asook vir hom. Goeie besluit

Ek Wag ·

Nou wag ek om te sien of al die boikot dreigers nou weer hulle “afgeskakelde”* DSTV dekodeerders gaan laat aansit.

*Het nooit gebeur nie, was slegs dreigemente.

Nolis ·

Jy’s 100% reg “Ek Wag” dreig op social media en op comments, maar voer nooit niks deur nie.

Siestog ·

@Ek wag_—Ek is een van die manne wat my DSTV afgeskakel het en oorgegaan het na Netfix—ek is sonder fristrasies en boonop spaar ek ‘n hele paar rand. Nog ‘n voordeel is dat ek minder rugby kyk en nou stream ek oorseese rugby as ek reste rugby sonder kwota inmenging wil kyk.

Tokkolos ·

EK wag
Bekvol wat jy het ne
Ek as persoon het gewag vir die uitslag en daar het ek dit nou so ek sal my premie elke maand betaal en sodoende RUGBY kyk want ek luv rugby
Ek baie tevrede met uitslag
So ek neem aan jy sal maar jou buurman vra of jy daar kan kom kyk
Of is jy van daai wat nie die game verstaan nie

JJ ·

DSTV is ‘n vergete herrinering by my. Sport op TV was nog nooit goeie tydverdryf vir my nie.

Hendrik ·

So stadig maar seker skei die paadjies van die geforseerde suid-afrikaanse samelewing.

ne ·

Hiep-hiep-hoeraaaaa!!!!
Dink alles in die land is rassisme. Word groot AW (Kort daar ‘n B)????

CAROL ·

MOENIE LAAT DIE GEGROETERY JOU OPHOU NIE ASB ……. ON THE WAY OUT PLEASE CLOSE THE DOOR

Speedguard ·

Nou is die Sharks weer die Sharks en nie meer die Saarks nie !!

Siestog ·

Tata ou crybaby. Jy het jouself as ‘n kwotaspeler gebrandmerk. Niemand sal jou beperkte rugby kennis mis nie.

Siestog ·

Hardloop Willemse—-dis HAWKS is op jou spoor. Gaan jy ook nou Rassisme uitroep as hulle jou ondersoek?

Marius ·

Ek het slaaplose nagte gehad oor waar gaan ek sport kyk dankie dat jy die maklik vir my gemaak het Aswin en dankie vir julle hulp Super Sport

christa ·

dankie tog, nou kan ek weer na mense luister wat weet wat hulle praat

Piet ·

Hy’t gese hulle is rassisties en hulle was nie of tenminse het hy geinsinueer dat dit die geval is. Meen jy nou hulle het nie rede om hom aan te kla nie want n witmens mag nie oor sulke goed kla nie? Hulle was albei van die kannaal verweider vir n “ondersoek”, maar daar is bevind dat Willemse twak gepraat het omdat dit die inding is om te doen.

Vra net ·

Hoekom word die pos oor die R64M delete?
Hoekom wil die moderator die R64Mil uit die media wil hou? Die Hawk sien alles

Cheers ·

Gedink jy sou kon wegkom met jou VALSE AANTYGINGS van rassisme ne? Mens kom baie ver in SA deur ander van rassisme te beskuldig totdat jy een dag jouself VASLOOP as daar geen bewyse daarvoor was nie. CHEERS .. weg is jy!

Mooi!! ·

Beste nuus nog.
Miskien sal hy by sy volgende werk iets beteken ….

Wonderlik ·

Hy is en was nog nooit teenwoordig as hy moet kommentaar lewer op ‘n rugby wedstyd nie, en het gewoontlik nonsense gepraat wat my seun van 10jr ook kon gesê het. Maar hulle sê altyd..As jy in ‘n hoek gedryf word, speeel net die rassekaart. Wat nou van die minister wat nie kon wag om haar mond uit te spoel nie..Ja, Ashwin sal seker in haar department die pos kry….Pateties!Ek hoop die klomp wat so gou hulle monde uitgespoel het ook volgende keer twee keer sal dink!! Geluk Super Sort dat julle nie nonsens geduld het nie!!

Henda ·

ja nè, toe het hy nie bereik wat hy wou nie, wou alweer die rasse kaart speel

ac ·

Spike,hy was mos van niemand se geld afhanklik nie,watse geld gaan hy mis

Stuiwer ·

Dit wys net weereens dat jy nie net kan doen en sê wat jy wil en daarmee wegkom nie.

Staal ·

Nou wonder ek of mmusi Maimane die regte ding gaan doen en vir Nick en Naas verskoning gaan vra vir sy voortydige kondemnasie van hulle sogenaamde rassisme?

Jakkalas ·

Politici sal nooit erken hulle was verkeerd nie. Veral nie hededaagse polieke figure nie….

Bets ·

My beskeie mening is dat hy betaal was om sulke ding aan te vang, daar moes weggedoen word van die wittes voor die wereld beker rugby volgende jaar en dis hoe hulle dit wou doen maar kon geen fout vind met Naas en Nick nie

Bloudrom ·

Ek hoop ons hoor eers weer van hom wanneer Huisgenoot oor tien jaar n onderhoud met hom het.

Trotse All black ·

Trots op jou Ashwin ou maat jyt opgestaan teen ouens wat op jou neer gesien het omdat jy brein is. Ek weet hoe jy gevoel het. Ek moes ook daaiselfde pad loop in my industrie rassisme kom in alle vorme voor en dit is maar net een van baie gevalle daar buite . Dieselfde mense wat hier komentaar teen jou lewer is dieselfde mense wat kla oor plaas moorde en ander misdaad en niks doen om verhoudings oor kleur grense te bou nie . Rassisme sal nooit uit sterf nie maar net in ander gedaantes verskuin. Ek weet diep in jou hart is jy netso n groot All Black soos ek laat die wat altyd beter as ander rasse weet hul span ondersteun ons sal die All blacks n wen span ondersteun. Sterkte Mr. Willemse ek haal my All Black cap vir jou af.

Bul ·

Ashwin moes beter geweet het as om Naas en Nick sonder rede tr probeer konfronteer. Hy vergeet Naas is baas van losskakels.

Siestog..@Trotse AllBlack.. ·

Tokkel tokkel tokkel maar op dieselfde ou apartheid minderwaardigheid en selfbejammerings kompleks…Hy was nie bevoegd as n oud Springbok speler nie en nog minder bevoegd om kommentaar te lewer oor rugby…Hy het maar net in elk geval oorgese in ander woorde wat Naas ou Mallet maar alreeds gese het….Toe hy voor die wae gtrek word het hy nie n clue nie en gooi trek gou die rassekaart….foeitog cry me a river…
Tata ou Ash ek sal jou nooit nooit mis nie…
Brein is die goed tussen jou ore ???en bruin is n kleur…

JJ ·

Mense wat nie hul vir hul werk voorberei nie en dan ander agterna wil beskuldig van rassisme is ruggraatloos. Hoekom dink jy is die All Blaks so suksesvol (ja ek steun hulle ook), WANT DAAR IS GEEN POLITIEK BETROKKE EN WORD NIE en daar word nie van die afrigter verwag om sekere spelers te kies nie. Tot ‘n voormalige NZ rugbyspeler het ‘n brief geskryf oor hoe teleurgesteld hy is dat die springbokke die pad stap want nou gaan hulle nie meer mededingend wees nie – DIS DIE WAARHEID! Hoop die springbokke (met al die politieke inmenging) word soos Bafana – dan sal julle seker nou gelukkig wees.

Judge Dredd ·

Party mense gaan vooruit en ander staan stil, party mense bou en ander breek af. Hoekom sal die bouers nou enigsins iets te doen wil he met die mense wat so graag terugval en die bouers se werk afbreek?

Ad ·

GEAGTE MINISTER VAN SPORT ons wag vir jou kommentaar asb. Jy was vinnig met vorige een. Hoekom so lank met die een???? Geagte DA en julle?

adriana ·

Byt hy homself toe in die haakskeen!!
Ek lag my ‘n papie!!
Geen meer skouerskuur vir jou nie knaap.
Jy is nou ge – excomunicate!

Jakkalas ·

Good riddens. Hy trek al die presteerders saam hom af na sy vlak. Ek hoop Supersport sal nou iemand aanstel wat behoorlike dinge kan uitspreek en wel deel sal neem aan die voorbereiding van die program deur sy deel te doen en nie teer op die kennis van ander nie. Wat ook nie heeltyd teenstrydig met al die ander kommentators sal wees net om net skoor te soek nie. Kry iemand van kleur wat sy rugby ken en aanklank sal vind by die kliënte(viewers).

Anoniem ·

Jy wil die Kaptein, Die Ref en die Spelers wees en wil nie luister as die Afrigter praat nie So dit is goed dat Jy tjaila en by Jou eie Werksomgewing aansluit ! Ons sal Jou dophou ek kyk of Jy op Jou eie suksesvol is !

A ·

Hy het in elk ‘n klomp nonsens gepraat. Was seker betaal om tantrum te gooi en toe boemerang dit

Ek wag ook ·

Nou toe “Ek wag” . Waar’s jou antwoord op Tokkelos se stelling? Ek wag ook.
Ek dink ek praat vir die meerderheid as ek sê Êswin, don’t let the door hit you on the ass on the way out. Niemand gaan jou verbale diarree mis nie. Gaan spandeer jou R 62 000000 wat jy by Gayton gekry het.

Nienaber ·

Dankie tog ons hoef nie meer na sy gegorrel te luister nie.

Hannelie ·

Wat se feite praat hy @ac, iets wat seker net jy kan verstaan. As daar feite gepraat word, dan luister jy na Naas of Nick Mallett.

Msp ·

Goeie nuus. Hoop dat jou ondersteuners jou beter diens as baie praat sal gee. Ju sal verseker nie gemis word nie.

sewe ·

gesien ander wen altyd met die rassisme kaart maar mie in ag geneem dat hy baie ligter as hulle is nie.

JAN ·

Die kwota faktor ( K-faktor) werk nie. Soos Roets in die Parlement beduie het. Dit is soos om ń bul te probeer melk. Net baklei en geen melk.

Siestog ·

Dstv kry swaar met agv baie lede wat die gemors opgese het. Die Willemse sage het DSTV seergemaak nou kom kruip DSTV weer by die wit gemeenskap om aan te sluit met ‘n goeie deal. Nee Dankie DSTV—Ek is tevrede met Netflix en ek stream rugby wat nie kwota spelers insluit nie.

JJ ·

Wens net daar kan nou iets aan hom gedoen word want sy inhaligheid, deur nie voor te berei vir sy werk nie en onprofessioneel op te tree, en dan om Naas hulle te beskuldig van rassisme kon Naas hulle hul toekoms gekos het. Hy moet aangevat word vir sy leuns!!!!Wonder wat hy nou verder gaan probeer want ‘n swart man het bevind dat daar nie rassisme was nie. Hy moet boet vir sy valse beskuldigings wat ander se toekoms kon verwoes het!!!!!

Buffel ·

Ashwin het baie te se gehad oor Nick en Naas. En oor hoe hulle uit die “apartheids” era kom. Wonder of hy die bok span van die 80’s sou gemaak het….?

Elvira ·

Die beste nuus wat ek in n lang tyd gelees het. Willemse jy het nodig om aan jou rassistiese geaardheid te werk en nie net altyd kleur te sien en blameer nie.

B ·

Ek het baie simpatie met Ashwin. Ek weet hoe onderduims my mense (blankes) is.

Casper Labuschagne ·

Ek wag vir die beskuldiging van rassisme wat nou eers sal losbars. Die onstabiele opset van Suid Afrika betreffende ras en die heersende vuurwarm politieke diskoers maak dit onvermydelik.

vonnie ·

Wonder of ons geliefde minister nou die moed sal hê om verskoning te vra vir haar vroegtydige en openbare veroordeling van onskuldige mense.

Reine waarheid ·

Ek hoop gebeure was LES en help met emosionele VOLWASSENHEID. Niemand SKULD jou iets.
Maar vriende en keuses in lewe kan jou breek.
bruin wit swart is NET ‘n KLEUR in die brein,
Dit is jou woorde en dade wat wys wie en wat jy is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.