Asiel vir Mugabe is onwettig, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens ʼn debat oor die 2017 staatsrede.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê die regering sal die wet oortree indien hy wel besluit om asiel aan pres. Robert Mugabe toe te staan.

Maimane het pres. Jacob Zuma aangemoedig om dié moontlikheid tydens ʼn openbare aankondiging ʼn nekslag toe te dien.

Dit volg nadat die Zimbabwiese weermagleiers Donderdag gesê het dat Mugabe uit die presidensie verwyder sal word indien hy nié teen Saterdag bedank het nie.

Maimane het gesê dit sou onwettig wees om asiel aan Mugabe toe te staan omdat die wet dit verhoed vir persone wat oorlogsmisdade of enige misdaad wat onder die Suid-Afrikaanse wet tot gevangenisstraf sou lei, gepleeg het.

“Robert Mugabe het, soos baie ander leiers, van bevryder na diktator verander. Talle menseregteskendings en misdade het onder sy toesig gebeur. As sodanig moet hy nié asiel toegestaan word nie,” het hy gesê.

Maimane het gesê solank Mugabe nié “marteling of die doodstraf” in Zimbabwe in die gesig staar nie, moet die regering hom nie skuldig maak daaraan om die wet te oortree nie.

Hy het ook gesê Mugabe moet met onmiddellike effek as die Zimbabwiese president bedank sodat ʼn nuwe regering aan bewind kan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Al ·

Zums se kop werk nou oortyd, want net soos Mugabe Zim se ekonomie agtertuit laat gaan, is Zums ook skuldig aan SA se ekonomie.
Ek stem saam met Maimane.

Kat ·

Bly jy eerder stil want jy beteken niks nie
Wat jy ookal kwytraak dra geen krag nie.

Andre ·

Ons weet mos dat die regering hulle aan geen reels steur nie so Musi gaan herhaal jou pleidooi vir ‘n dubbeldekker bus !

Mariaan ·

Mugabe is in elk geval nie wettig aan bewind nie.
Hy het ń vorige verkiesing verloor en geweier om sy amp te verlaat.
Hy dink Zimbabwe behoort aan hom.
Hy moet in geen land asiel kry nie
Hy moet in Zimbabwe bly en die nagevolge van sy fafe dra.
ñ Oorlog veteraan is tog immers nie ń lafaard nie. Of hoe?

Eugene ·

Dis insiggewend dat die RSA regering en die AU hulle almal nou op die Zim konstitusie beroep maar Pres Mugabe het 2 verkiesings gesteeel, onwettig opgetree teen die opposisie, die staatsmedia misbruik, die jeugliga plunderings van staplel laat stuur ens maar toe het pres Mbeki en nou Zuma maar alles gelate aanvaar. Almal is nou sg “geskok” en wil nou oplossings vind. Ek vind dit pateties. Nota : Waar is die westerse komplot nou ?

Leahim ·

Die DA moet hom nie ophou met Zimbabwe en mugabe nie die polisie, gesondheidsdienste,Eskom,sal ens ens is probleme in SA wat nie aangespreek word nie kyk eers na jou eie probleme voor jy jou met sulke snert ophou.

Daan ·

Nou wonder ek of Bra Julius Malema nog steeds inspirasie kry van Mugabe

jcwf ·

Goeie vraag. Ek het ook gewonder. Wat gaan gebeur met die eise vir meer grond as Zimbabwe se mense vry word om hulle ervarings te deel? Goeie boere wat baie produktief is vervang deur mense wat minder lewer is ‘n goeie manier om honger te veroorsaak en in Zim weet hulle dit uit bitter ervaring.

John ·

Wat ‘n nagmerrie le voor as dit sou gebeur. Die twee is opruiers se moses en Saxonworld sal altyd net ‘n hanetreetjie ver wees. In Dubai wag ‘n lekker aftree-plekkie met die heerlikste klimaat, kossies en modewinkels soos die Mugabe’s mos gewoond aan is.

Johann Marx ·

As Mugabe na Suid Afrika toe kom, gaan AL die zimbo’s wat alreeds hier bly en op ons teer terug Zimbabwe toe?

Moerige Frikkie ·

Wed jou hulle trek na ‘n plek met Europese kultuur. Die derde wereld rykes is altyd mondvol oor die Weste tot hulle mediese sorg, shopping of ‘n aftree plekke nodig het.

Boet Fasie ·

Die DA is ook net soos ‘n donderstorm sonder enige wind en reen – lyk en klink belowend maar is net ‘n geraas en donder verby in ‘n paar minute sonder enige verkil

Gulde geleentheid ·

Hier is nou ‘n geleentheid om die wêreld te wys hoe om Zimbabwe op te bou nadat dit “gedecolonize” is. Ek hoop die slim SA studente wat so daarop hamer sal voor in die ry staan om vrywillig hul hulp en slim idees daar te gaan toepas.

Eish ·

Geldige punt. Maar, soos numba one vir die DA toegesnou het, wen eers verkiesings voor jy daaroor kan besluit. Lekker reguitlinker so voor die klok lui.

Fanie Meintjes ·

Hy moet van vergrype en menseregteskendings teen sy mense aangekla word by Den Haag en dan maar wat kry wat hy verdien. Net jammer dit gebeur as ‘n reël nie met die diktators van Afrika nie. Indien hulle ‘n paar voorheen aangekla en toegesluit het, kon dinge dalk al anders gelyk het in Afrika. Maar nee, meer geld word vir die leiers gegee om hulleself verder te verryk in plaas van die goed toe te sluit. Ons “president” is heel waarskynlik die volgende een wat ‘n diktator gaan probeer word om sy gat uit die tronk te hou. Hulle kan niks opbou nie maar afbreek, daarin is hulle meesters.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.