Assistent by Jhb-skool doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Assistent is Maandagoggend by die Hoërskool Die Fakkel in Forest Hill, Johannesburg, doodgeskiet.

ʼn Opsigter het geluide in die skool gehoor en na die assistent, wat naby die skool bly, gehardloop vir bystand. Die assistent is deur rowers doodgeskiet, het die Gautengse departement van onderwys gesê.

“Ons innige meegevoel aan die familie, vriende en die skoolgemeenskap,” het Panyaza Lesufi, provinsiale LUR, gesê. “Dit is ʼn hartseer situasie in ons skool.”

Die departement bied die nodige bystand en berading aan die werknemers, familie, onderwysers en die leerders. “ʼn Span maatskaplike werkers is na die skool ontbied om traumaberading te verskaf.”

Lesufi sal Dinsdag die familie van die oorledene besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louwrens pretorius ·

Asb Maroela jul moet asb seker maak van julle feite die opsigter is die een wat doodgeskiet is en nie die assistent nie

bgj van der westhuizen ·

sal nie verbaas wees as dit nog n leerder is van daar die skool nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.