Athol Trollip is NMB se nuwe eerste burger

Athol Trollip. Foto: Twitter

Athol Trollip. Foto: Twitter

Athol Trollip van die DA is Donderdag amptelik tot burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verkies.

Dit volg nadat die DA Woensdag op ’n mediakonferensie aangekondig het dat hy ʼn veelpartyregering stig in samewerking met die UDM, Cope en die ACDP. DA-raadslid Jonathan Lawack is tot speaker verkies terwyl die UDM se Mongameli Bobani tot adjunkburgemeester verkies is. Die DA se Werner Senekal is as die hoofsweep aangewys.

Trollip het kort nadat hy tot eerste burger verkies is ʼn spesiale raadsvergadering toegespreek. “Dit is ons verantwoordelikheid om ʼn nuwe standaard daar te stel vir beter regering en dienslewering vir almal.”

Hy het gesê korrupsie is die vyand van vryheid en regverdigheid en die dief van geleenthede. “Daar sal nie langer erosie van munisipale hulpbronne wees weens korrupte verkrygingspraktyke nie.”

Trollip het gesê enige amptenaar wat buite die wet optree, sal aangekla en vervolg word. “Alle dissiplinêre aksies wat tans aan die gang is, sal geprioritiseer en spoedig afgehandel word.”

Volgens Trollip is die Nelson Mandelabaai-metro gevul met oorvloedige en onontginde ekonomiese potensiaal wat in werkskepping en ekonomiese groei omgeskakel kan word. “Dit sal ons help om ons enorme toerismepotensiaal te ontgin.”

Trollip het gesê daar sal teen einde 2017 behoorlike sanitasiegeriewe aan alle inwoners in die metro verskaf word. “Dit is tyd dat die 30 000 emmertoilette in die metro verwyder word. Ons kan nie toelaat dat gemeenskappe wat al dekades oud is steeds die emmerstelsel gebruik nie.”

Lede van die ANC het uitgestap nadat Trollip tot burgemeester verkies is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kiepie ·

Enige verkose raadslid van enige party moet prorata minder geld kry wanneer hy uit ‘n vergadering stap as protes. So ook wanneer hulle nie vergaderings bywoon nie. Jy is tog verkies om jou kiesers te verteenwoordig, hoe verteenwoordig jy hulle as jy nie een teenwoordig is nie?

poot ·

@ Kiepie
Wat verstaan jy nie van dat die ANC GEEN seggenskap meer oor NMB het nie. Hulle verteenwoordig NIEMAND in NMB nie. Hulle was net nuuskieriges by die vergadering en wou dit ontwrig deur uit te stap.

Kiepie ·

@poot, jy mis die punt. Hierdie mense verdien ‘n salaris om vergaderings by te woon en deel te meen aan die besluitnemingsproses, ongeag of hulle meerderheid of minderheidsteun geniet. Hulle word daarvoor betaal en dus moet hulle ten minste teenwoordig wees. Net soos my en jou werkgewer van ons verwag om teenwoordig te wees en effort in te sit vir die vergoeding wat hy ons betaal.

m ·

Lekker lag ek nou, dit moes seker n baie bitter pil vir die ANC gewees het om te sluk omdat die DA nou aanbewind is daar. So val al die helde.

Melt Olckers ·

…en daar gooi Danny Jordaan sy speelgoed uit sy kot uit. Drentel buite rond en beweer hy word verbied om in te gaan.

Ben Prinsloo ·

Kom nou Danny, ons wag vir jou kommentaar. Ons weet dit gaan weer n “correction speech” wees maar gee ons die satisfaksie en vertel ons die volgende liegstorie. En o ja Danny net n “tip” aan jou en jou ANC gepeupel, jy kan nie regmaak wat verkeerd is nie alvorens jy nie eerlik is met jouself oor jou foute nie. Begin maar deur julle geliefde prez te “boot” Dankie Danny, wag in spanning om van jou te hoor.

snoefie ·

feels geluk aan PE se eerste burger. ek glo hy sal n waardige en eerlike burger meester wees.

m ·

O ja en DA wys tog vir hierdie ANC lot hoe word dinge op n professionele en nie-korrupte manier gedoen. Maak die beste van Nelson Mandela-baai metro. Stel sommer n naamsverandering ook voor…

Piet Pompies ·

Ek het baie respek vir die man nadat ek na sy toespraak geluister het so ‘n paar dae terug. Hy het voorneme om beleggings in groot besighede terug te bring na PE en omliggende dorpe wat deel uitmaak van Kuga. Uitenhage, Jeffreys baai en Humansdorp is nou ook trots DA. Ons het nog altyd gewonder waar ons gaan aftree, nou weet ek, JB hier kom ons.

JongMan ·

Piet Pompies jy raak te vinnig opgewonde jy word nou vermoor en in jou eie kattebak gegooi. Suid Afrika is in Afrika onthou dit net.

Wern ·

Lekker ANC, stap uit, stap uit ons lewens, sommer almal van julle, oral! Bye bye ANC!!

Joann ·

Hehehe. Danny moet mos nog rekenskap gee oor die sokkerwereldbeker storie nie waar nie? O ek like die dramas.

BOLANDER ·

Ai julle, ek is soooo bly vir hierdie wonderlike nuus. Niks gaan my vandag ontstel nie. Toedels ANC !!!!!

jaco ·

Is Trollip se velkleur reg vir hierdie pos? Zover ek weet is die DA dan ten gunste van regstellende aksie…

Savethetigerplz ·

Maroela, kan ons asb ‘n ‘like button’ kry ek sou graag die ‘like button’ wou druk by verskeie kommentare ??

dries ·

Mooi so DA. Gee vir die mense die regte dienste wees n voorbeeld vir ander en ek kan jou waarborg julle gaan die land regeer.

Trots DA ·

TROTS OP JUL DA!WYS VIR SA WAT JUL KAN DOEN!NET MET SKOON REGERING SAL DINGE 100% VERBETER!

Andre ·

Danny is heelwaarskynlik die volgende president van SARU…

Lance ·

Die man gaan die ding omswaai …hou net aan op die nou pad …dan kan niemand n vinger wys nie …en anc wat uitstap spreek eintlik boekdele van hoe vrot dit eintlik daar is ..shame hulle kan dit netnie vat nie

Popeye ·

Eerstens hou ek van die “like-knoppie” idee, seblief Maroela ek sekondeer. Tweedens, ja…weereens ja!, Trollip is wit ja!! Onthou net die spul ANC-rassiste het sommige blankes nou al so gebreinspoel dat hulle al begin ‘n minderwaardigheidskompleks (lang woord ne). ontwikkel het oor hulle velkleur. Moet nooit ooit skaam voel vir wat jy is nie…white-like-me.

Ken ·

Asseblief ja Maroela, brink daardie duimpie knoppie, ons wil soms net n vinnige opinie gee.

Frans ·

Da begin die anc nes malema om uit vergaderings te stap en die volgende is pleke afbrand

Wilhelm ·

Mooi DA net jammer dis nie nommer een in plaas van Jordaan wat op moedverloor se vlakte sit nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.