ATKV-Mediaveertjies: Hier is al die wenners

Emo Adams se beeldjie (Foto: Twitter via Ben Heyns @benheyns)

Die ATKV-Mediaveertjies het Vrydagaand weer Suid-Afrika se blinkste mediasterre vereer – en dié jaar het die nasionale radiostasie RSG, kykNET en Die Burger bo uitgetroon.

Dié glansgeleentheid is by Katy’s Palace Bar in Sandton in Gauteng gehou.

Die aktrise Kim Cloete, onder meer bekend vir haar rol in Binnelanders, was vanjaar se seremoniemeester. Die kitaargenie Loki Rothman en die saksofoonspeler Hiram Koopman het die gaste deur die loop van die aand vermaak.

Nita Cronjé, bestuurder van kunste en feeste by die ATKV, sê die ATKV-Mediaveertjies word jaarliks gehou om die media se uitnemendheid te bekroon. “Ons wil erkenning gee aan die belangrike rol wat die media in die huidige samelewing speel om die publiek in te lig, op te voed en te vermaak. Hulle rol is van kritieke belang,” sê sy.

Hier is die wenners:

In die kategorie luister
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Willim Welsyn – WAT met Willim Welsyn – Podsending

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Johan van Lill – RSG Kuns: Oude Libertas 40 jaar – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Phil Loots – Fiks vir die lewe: “Om te gee” – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Izak du Plessis – Monitor: “Paternoster Vissers” – RSG

Beste joernaalprogram
Ilse Salzwedel – Skrywers en boeke: “Die woordketting” – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Melissa Tighy – Spektrum: “Landwye betogings teen Zuma” – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks
Jamaine Krige – “Knysna: Na die brande” – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
Marianne Breytenbach – Net medies: “Aannemings” – Pretoria FM

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater
Marion Erskine – Akwarius – RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater
Bettie Kemp – Akwarius – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5

In die kategorie lees     
Beste in-diepte artikel
Leti Kleyn – “Die Tankwa-Karoo kan ’n kind heel opvréét” – Die Burger

Beste ondersoekende joernalistiek
Jacques Myburgh – “Woordsmid met ’n ruim hart” – Huisgenoot

Beste persoonlikheidsprofiel
Gerard Scholtz – “In die nabyheid van bome” – De Kat

Beste kunste-resensie
Elmarie Rautenbach – “J.M. Coetzee as jeugdige fotograaf” – Die Burger

Beste leefstylstorie
Murray La Vita – “Viriel en peperduur: Ontmoet Karoo se goue ram” – By: Die Burger & Netwerk24

Beste essay, rubriek of opiniestuk
Marita van der Vyver – “Julle wat teister: Dis tyd om te luister” – Rapport Weekliks

Beste sportartikel
Suzette Truter – “Kind van die wind” – By: Die Burger

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
DistriksPos/District Mail – Redakteur: Tasmin Cupido

Beste in die kategorie kyk
Verhalende genres

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
Louis Pretorius – Die Boekklub – kykNET

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
Jaco Bouwer – Waterfront – kykNET

Beste dramareeks of enkeldrama
Bobby Heaney – Erfsondes – SABC 2

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
De Klerk Oelofse – Die Boekklub – kykNET

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
Antoinette Louw – Swartwater – SABC 2

Aktuele genres
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Johnny Davids – Kwêla: “Kurt Minnaar & Hillary Geslin” – kykNET

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Bertus Louw – 50/50: “Finland bere” – SABC 2

Beste joernaalprogram
Paul Venter – Kwêla – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
Byron Taylor – Fokus: “Die groot gryp” – SABC 2

Beste nuusinsetsel
Jacques Broodryk – KN Verslag: “Zimbabwegrens” – kykNET

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Megaboere: “Graham Rae” – kykNET

Beste dokumentêre program of programreeks
Carien Loubser – Jan – Via

Beste vermaaklikheidsprogram
Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Amira – kykNET

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
Emo Adams – Jou show – kykNET

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Valerie ·

Bly om Suzette Truter se naam te sien. Dis tyd dat sy erkenning kry.

stellie ·

Baie geluk aan Tasmin Cupido…trots op ons redakteur en span vir jul harde en toegewyde werk om Die Distrikspos te publiseer. Jul verdien jul Veertjie. Sien altyd uit daarna om al die nuus oor die Helderberg en omgewing te lees. Doen so voort.

Alternatief ·

Oor die algemeen, neig links, word dan vereer. Ons wie se oe oopgaan en weet hoe die linkse media ons wil breinspoel tot selfvernietiging kort ons totale eie nuwe alternatiewe media. Internet tv en ons eie kompetisies en eretoekennings is die weg vorentoe.

Andile ·

Alternatief – Vir alle nie slaapwandelaars is joune die enigste alternatief tot die “Afrikaans Plus Veertjies” wat nou so uitgehol is.

Toergogga ·

Uitstekend Bertus Louw! Jy en 50/50 verdien al lankal erkenning. Leersaam en genotvolle programme deurentyd. Dis hoogtyd dat die program n ereplek kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.