ATKV-oord ontruim weens brand

Foto: @GertDel/Twitter

Foto: @GertDel/Twitter

Die ATKV se Goudini Spa-oord by Rawsonville is Woensdagmiddag ontruim weens ʼn veldbrand.

Die oord het bevestig gaste is inderhaas ontruim weens veldbrande digby die oord. “Die ATKV-Goudini Spa is in die laaste stadium van ontruiming. Geen beserings is sover aangemeld nie, maar nooddienste is op pad na die oord,” het die oord net na 16:00 op Facebook gesê. Paaie naby die oord is ook gesluit weens die digte rook.

Foto: @GertDel/Twitter

Foto: @GertDel/Twitter

Die brand het vroeër in die Hessekwa-bergreeks agter die oord uitgebreek. Die oord sal na 18:00 besluit of gaste kan terugkeer.

Volgens ER24 is 22 mense in die Slanghoekvallei vir rookinaseming behandel. Hulle het geringe tot matige gevalle van rookinaseming gehad en tien van die mense is na die Worcester provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Intussen brand die veld steeds in die nabygeleë Du Toitskloof-pas. Die brand, wat Maandagaand ontstaan het, het reeds ʼn pad van verwoesting gesaai. Sommige wynplase en die Augusta Kleine Bosch-herehuis op Kleinbosch het in die slag gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Esther ·

Dit is mnese soos Lindsay Maasdorp wat moet ondersoek word vir brandstigting. Sien sy inskrywing op Facebook soos op 3 Januarie 2017.

CHRISTA ·

As die skuldiges gevang en skuldig bevind word, moet hulle vir die tydperk wat hulle tronkstraf sou uitdien op daardie plase gaan WERK om dit weer te herstel en op te bou! As hulle besef hoeveel harde werk in boerdery ingesit moet word sal hulle nie eers weer aan ‘n vuurhoutjie raak om ‘n sigaret aan te steek nie!!! Hulle dink mos alles val net in die boere se skote!!!

Jeanine ·

Ongeag hoe die brand ontstaan het. Ons gemeenskap het soos een man gehelp om te red wat te redde is. Almal het ingespring tot die boere in breerivier. Wel gedaan Goudini!!!! Daar is water aangedra vir almal en energy bars. Enige iets kan ons vallei tref ons staan saam en glo!!!

Katryn ·

Het ek nie iewers gelees dat van die poletiek ouens gese het hulle gaan begin vat wat ons gesteel het nie en in die Kaap gaan begin nie? By die wynplase?

John ·

Nee, nie ongeag hoe die brand ontstaan het nie… Dit sal weer en weer gebeur, want die plan van verskroeide aarde wat misdadigers nou in die Kaap volg, werk soos ‘n bom. Dit sal nie meer snaaks wees as dit kort-kort gebeur nie en meer en meer skade volg nie. Dit reen min in die somer/gewoonlik in daardie dele. Die lewe gaan ondraaglik bly en die lug vuil. Saamdoen is opwindend omdat ons net in krisistye kommunikeer. Eintlik hartseer.

Jou dade ·

Sou hierdie brandstigting wees (wat so lyk) behoort daar reeds op skoolvlak aandag hieraan gegee te word dat jy verantwoordelik moet aanvaar vir jou dade.
Onthou julle (nou vergete) Jim Fouché-oord langs die Vaaldam naby Oranjeville in die Vrystaat? Die plek is al jare gesluit. Gaan kyk op Google Earth hoe die groot luukse rondawels afgebrand het. Die UJ-oord (Universiteit Johannesburg voorheen RAU) se oord langs die Vaaldam staan ook leeg.
Geluk aan hierdie owerhede.

Karma ·

Aggenee, julle, ek glo darem nie die brand(e) is doelbewus gestig nie. Dit was byna ondraaglik warm die afgelope paar dae in die Boland, met temperature wat geraak-raak het aan 40 grade C. Ek is nou nie ‘n brandoorsaak-kundige nie, maar ek kan dink dat baie goed in die natuur ‘n veldbrand kan veroorsaak en waar dit so droog is, soos dit tans by ons is, versprei so ‘n veldbrand … wel, letterlik soos ‘n veldbrand. Natuurlik is daar die morone wat buite in die natuur braai en dan vergeet om hul braaivleisvure behoorlik uit te maak of diegene wat ‘n lewendige sigaret-toppie by die motorvenster uitskiet …. En ook kinders wat met klappers speel! Maar dit was erg, mense, verskeie rondawels en ander eenhede het by die oord afgebrand en groot stukke veld en wingerde is ‘to hell and smithereens’ toe gebrand, met langdurige skade vir die boere. Ons mense in die streek het soos een man bymekaargestaan en die noodpersoneel met die nodige voorsien. Bravo Rawsonvillers en Worcesteriete!!!

Waarheid ·

Brandstigting….of wat ook al…, as jy besig of aandadig is om vir enige IETS of IEMAND.,.GAT TE GRAWE… GRAWE maar gerus TWEE GATE …! Aandadiger aanstoker of medepligtiger JY GAAN OOK GAT BENODIG. Die lewe werk so.

Ricci ·

Dis so hartseer. Ons het gedurende Desember al hierdie lieflike plekke besoek en die natuur en lieflike wynplase so geniet. Dis so sleg om te sien hoe die brande alles so kan vernietig (baie foto’s op FB ook). Welgedaan aan almal wat saamgestaan het om dinge onder beheer te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.