ATKV-oorde en SANBD vat hande vir skenkersplan oor Kerstyd

'n Individuele bloedskenking kan tot drie lewens red. Foto: Verskaf

‘n Individuele bloedskenking kan tot drie lewens red. Foto: Verskaf

ATKV-oorde gaan vanjaar sy Kersbydrae maak deur ʼn bloedskenkingsprojek by al sy oorde landswyd van stapel te stuur.

Ivor Hobbs, streeksbemarkingsbestuurder van die SA Nasionale Bloeddiens (SANBD), sê elke skenking kan tot drie lewens red.

Hobbs beklemtoon ook dat daar tradisioneel ʼn ernstige tekort aan bloed oor Kerstyd is weens die hoë aantal ongelukke.

Reyno Wepener, ATKV se oordbestuurder by Buffelspoort, sê die organisasie gaan daarom op Oukersdag al sy gaste, personeel en die Kersvaders by sy oorde landswyd aanmoedig om bloed te skenk.

Volgens SANBD se statistieke, moet bykans 3 000 mense daagliks bloed skenk om aan die nasionale behoefte te voldoen. Skenkings oor Kerstyd beleef egter ʼn groot daling weens die skool- en universiteitsvakansies en ondernemings wat sluit.

Wepener sê die ATKV-oorde wil met die inisiatief nie net voldoende bloedeenhede vir die feestyd insamel nie, maar ook ʼn positiewe houding en bewustheid oor bloedskenking bewerkstellig. Die organisasie wil ook bloedskenkings ʼn permanente deel van sy vakansie-aktiwiteite maak.

Die ATKV-oorde en die SANBD sê gaste wat vanjaar aan die skenkingsinisiatief gaan deelneem, sal ʼn besonderse ervaring van die “skenking van lewe” hê.

Interessante feite oor bloedskenking in Suid-Afrika:

  • Drie lewens kan per skenking gered word, aangesien rooibloedselle, bloedplasma of bloedplaatjies gebruik word vir pasiënte.
  • Die meeste mense weet nie wat hul bloedgroep is nie.
  • Die bloedgroep O is die algemeenste en daarom die meeste in aanvraag.
  • Skenkersbloed word breedweg as volg aangewend: 27% vir algemene mediese behandeling (Kanker), 26% vir geboortes, 21% vir geskeduleerde chirurgie, 10% vir pediatrie, 6% vir ortopedie, 6% vir navorsing en laboratoriums en 4% vir trauma

Vir meer inligting oor die ATKV en die inisiatief besoek gerus hulle webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard ·

Die kostes verbonde aan die insamel, toetse vir veiligheid, verspreiding ens. is astronomies hoog. Dit is waar die prys vandaan kom. Die SANBD is ‘n nie-winsgewende organisasie wat teen baie probleme in nogsteeds probeer sorg dat daar voldoende bloed beskikbaar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.