Die ATKV het gesê die vereniging neem kennis van die uiteenlopende reaksies op sy Afrikaans Plus-inisiatief.
Dit kom nadat Deidre le Hanie, nuwe besturende direkteur van die ATKV, vandeesweek aangekondig het dat die organisasie ʼn nuwe strategiese fokus het en ʼn nuwe rigting inslaan deur Afrikaans in ʼn meertaligheidskonteks te bevorder.
“As ’n nasionale taal- en kultuurorganisasie neem ons voortdurend deel aan die gesprekke oor Afrikaans,” het Mercia Eksteen, woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.
“Die 2011-sensus wys dat die aantal Afrikaanssprekendes sedert die 2001-sensus toegeneem het. Dit toon dat Afrikaans in ses van die nege provinsies onder die eerste drie tale vir eerstetaalsprekers tel. Dit toon verder dat 75% van bruin Suid-Afrikaners, 60% van wit Suid-Afrikaners, bykans 5% van Indiër Suid-Afrikaners en meer as 600 000 swart Suid-Afrikaners se eerste taal Afrikaans is. Afrikaans word wyd deur Suid-Afrikaners verstaan. Indien maatskaplike samehorigheid en nasiebou bevorder wil word, is Afrikaans en Afrikaanssprekendes pertinent deel daarvan.”
Sy het gesê met Afrikaans Plus wil die ATKV bloot voortbou op die jare lange tradisie binne die ATKV om brûe te bou eerder as mure.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
104 Kommentare
Dit is dieselfde fout as wat die Spur gemaak het. Moet dit nie doen en later spyt wees nie.
Soos die ou lekkergoed advertensie gelui het: “now she has ruined the friendship”.
Dit klink nie asof Marie Eksteen veel gesê het nie en as dit al is wat sy gesê het dien dit as rede vir die ATKV om nie Afrikaans-Plus te word nie maar Afrikaans-Eksklusief te wees.
Verwyder jou self voordat jy die ATKV opfoeter!
Met die alewige gebou van brue – het ons ons taal al hoeveel maal moes prysgee. Kyk maar net na die universiteite en skole – dit spreek boekdele. As julle dink dat hierdie plus- van julle gaan werk , maak julle ‘n groot fout. Julle sien en hoor nie meer van my nie- dit is verseker. Julle gaan minus ek wees. Laat die ander mense wat Afrikaans praat en van ‘n ander kultuur is, hulle eie ding doen. Hulle het ‘n ander kultuur en ek gaan nie my kultuur ook opgee vir hulle nie – jammer. Ek gaan nie musiek… Lees meer »