ATKV-Veertjies: Hier is die wenners

Foto: @atkvsa, Twitter

Foto: @atkvsa, Twitter

Die ATKV bekroon jaarliks diegene wat in die loop van ’n gegewe jaar ’n uitnemende bydrae in Afrikaans gelewer het. Verskeie presteerders is die afgelope naweek by Vodacom World in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon.

Volgens ʼn verklaring wat die ATKV oor die geleentheid uitgereik het, ontvang elke kategoriewenner R3 500 en ’n trofee.

Wouter de Wet is vereer vir sy lewensbydrae op radio. Wouter vier vanjaar 50 jaar as omroeper. Op die ouderdom van 73 jaar is hy steeds bedrywig as deeltydse omroeper by RSG en is vanaf April 2010 die aanbieder van RSG se operaprogam, Dis Opera, wat Sondagaande uitgesaai word.

Gaste is op luisterryke wyse vermaak deur Karin Hougaard, The Soil en Hemelbesem.
Die gasheer en -vrou vir die aand was Elma Smit en Katlego Maboe.
Die regisseur was Henriëtta Gryffenberg en Janine Neethling was die musiekregisseur.

RADIOPRYSE

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram
• Martelize Brink – Oggend op RSG: Tobie Cronje – RSG
Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram
• Ettienne Ludick – RSG Sport: Ellispark – Veld van drome – RSG
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of dieptenuusprogram
• Lynette Francis – Praat Saam: Magiese Madiba – RSG
Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram
• Foeta Krige – Monitor: Moslem vlugtelinge – RSG
Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram
• Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG
Beste nuus- of dieptenuusprogram
• Lynette Francis – Praat Saam: Dwelms in Eldorado Park – RSG
Beste dokumentêre program of programreeks
• Mia Malan & Darren Taylor – Bulungula – RSG
Beste radiodrama of -teater
• Margot Luyt – Bagasie – RSG
Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
• Anton Treurnich – Vuurvas – Radio Tygerberg 104FM

PRYSE VIR GEDRUKTE/ELEKTRONIESE MEDIA
KOERANTE

In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek
• Willemien Brümmer – Die storie van skutter Luiters – By: Media24
Beste persoonlikheidsprofiel
• Murray La Vita – Terug uit die land van stilte – Die Burger
Kunste-artikel
• Willemien Brümmer – Middagete met Hennie Aucamp – By: Media24
Beste leefstyl-storie
• Pieter Steyn – Die swerwers langs die grootpad … – Die Burger & Volksblad
Beste essay, rubriek of blog
• Piet Matipa – My gedagtes ken nét Afrikaans – Beeld
Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
• Laevelder/Lowvelder – Redakteur: Irma Green

TYDSKRIFTE

In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek
• Ronel Nel – Dagboek uit Denmar – Rooi Rose
Beste persoonlikheidsprofiel
• Hannelie Booyens – ’n Groot gees – Taalgenoot
Reis- en avontuurartikel
• Willem van der Berg – Die Groot Trek … bakkiestyl! – My Tyd: Rapport
Kunste-artikel
• Bibi Slippers – Toe die kalbas vol geword het – My Tyd: Rapport
Beste leefstyl-storie
• Bibi Slippers – ’n Wolhaarstorie in ses stemme – My Tyd: Rapport
Beste essay, rubriek of blog
• Reinet Nagtegaal – ’n Lewe met kanker – My Tyd: Rapport

TELEVISIEPRYSE
VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Saartjie Botha & Deon Opperman – Donkerland
Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Jozua Malherbe – Donkerland
Beste dramareeks of enkeldrama
• Deon Opperman – Donkerland
Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
• Stian Bam – Die Boland Moorde
Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
• Franci Swanepoel – Donkerland

AKTUELE GENRES
Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram
• Coenie de Villiers – Kwêla
Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram
• Riaan Badenhorst – Kwêla: Adam Small
Beste gesels- of joernaalprogram
• Amor Engelbrecht – Pasella: Buite
Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Freek Robinson – Robinson Regstreeks
Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Phillip Lennon – 50/50: Rhino Force
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
• Wim Steyn – Dagbreek Bestes
Beste nuusleser
• Lynette Francis – Nuus om Sewe
Beste dokumentêre program of programreeks
• Paul Venter – Max oor Madiba
Beste vermaaklikheidsprogram
• Paul Venter – Jou show met Emo & Wicus
Beste leefstylprogram
• Amor Engelbrecht – Pasella: Terug
Beste werklikheidsreeks
• Paul Venter – Kokkedoor
Beste aanbieder in ’n vermaaklikheids-, leefstylprogram of werklikheidsreeks
• Emo Adams – Jou show met Emo & Wicus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.