Atleet sak in pylvak ineen

Argieffoto

’n Atleet het Sondag tydens die Mandeladag-marathon in die KwaZulu-Natalse Middellande enkele meter van die eindstreep in Howick inmekaargesak.

Organiseerders van die marathon het in ’n verklaring gesê die atleet het aan die 21 km-wedloop deelgeneem toe hy in die pylvak sy bewussyn verloor. ’n Dokter en paramedici het die atleet te hulp gesnel en hy is later na ’n hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.

Luidens die verklaring is dit die eerste voorval van dié aard in die marathon se sewe jaar van bestaan. Die marathon se roete strek elke jaar van Pietermaritzburg tot in Howick.

“Die organiseerders het hul innige meegevoel met die atleet se familie meegedeel. Die verlies van een atleet word deur die hele hardloopgemeenskap betreur,” lui die verklaring.

Die atleet se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sophia ·

Laaste ent van wedloop! Gewoonlik laaste reguit stuk voor wenstreep.

Netta ·

Jy is heeltemal reg. Die meeste mense gebruik die woord verkeerd.

Tania Heyns ·

Dagsê lesers

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Geskok ·

Aag nee!
Iemand is dood en die grootste bekommernis is die korrekte gebruik van ‘n woord.
Wat maak dit saak of dit “pylvak, pylvlak of net voor die eindstreep” is.
Dit is belangrik om ons taal korrek te gebruik maar regtig, bid eerder vir vertroosting vir die naasbestaandes.
Het ons so afgestomp geraak?

Eddy ·

Dis nou jammer.Ek onthou Gugu Zulu wou Berg Kilimanjaro uit klim ter ere van Nelson Mandela en so gesterf. Hier is weer n wedloop om Nelson Mandela vereer,en n atleet sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.