Die African Transformation Movement (ATM) sê hy neem met frustrasie kennis van die SAUK se aankondiging dat hy voortgaan met planne om talle werkers af te lê.
Die openbare uitsaaier het vroeër vandeesmaand gesê die getal geraakte werkers staan nou op 303, sowat die helfte van die oorspronklike 600 poste wat geraak sou word.
“Dit is teleurstellend om te verneem dat inheemse programme die meeste gaan ly, omdat sommige van diegene wat afgelê gaan word bydraes lewer tot inhoud wat die meerderheid ingelig hou, opvoed en vermaak,” het die ATM gesê.
“Die SAUK se aankondiging om ʼn beduidende gedeelte van die bevolking te ontmagtig is moreel laakbaar en onverdedigbaar, veral op ʼn tydstip wanneer werksverliese meer as ooit tevore vermy moet word.”
Die ATM sê die SAUK moet daaraan herinner word dat ʼn wêreldwye pandemie steeds heers en dat mense ʼn behoefte aan inligting het, net om in die gesig gestaar te word deur die werklikheid dat die openbare uitsaaier nie ʼn gehaltediens in hul moedertaal kan verskaf nie.
“Dit is ongelukkig. Indien enigiets, moet ons die openbare uitsaaier vergroot en uitbrei. Daar is vandag steeds ʼn groot deel van die bevolking wat vervreem bly, wat op die kantlyn staan en gestroop word van hul reg om kommunikasie te ontvang in ʼn taal wat hulle verstaan.”
Die ATM het ʼn beroep op die regering gedoen om te verseker werksgeleenthede bly behoue, terwyl hy terselfdertyd verseker alle burgers kry toegang tot programme en inligting in ʼn taal van hul keuse.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
303, net minder as die helfte van 600…….?
Sover ek weet is dit baie lankal nie meer SAUK nie maar SABC want Afrikaans is sedert Mandela nie meer welkom nie. Wat my betref kan die SABC heeltemal platval want hulle is in elkgeval die ANC se openbare spreekbuis – skakel al baie jare nie in op SABC nie en DStv is ook al lankal nie meer deel van ons lewe nie.
Nou moet die regering weer help. Met wie se geld??? Ons belastingbetalers s’n!!!!!
Hoekom moet ons betaal vd wanbestuur? Dis sleg, maar laat mense dan gaan.
Die regering hou aan om SAL en SABC uit te help. As hulle niemeer kop bo water kan hou a. g. v wanbestuur, laat hul dan ondergaan
Gaan in vrede… sal nie gemis word nie – so ook nie die SAL en ANC nie.
Ag hkm stress almal so!!!!Daar is te veel wat niks doen by SABC.Ons moet die dieselfde gemors daagliks oor en oor kyk.Vat die 303 se vet salarisse en koop nuwe kykstof.SABC is n bodemlose put wat net bly geld insluk en al wat ons sien op tv is die people.