ATM wil Gordhan se bevoegdheid laat ondersoek

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: Nqobile Mbonambi/ANA)

Die African Transformation Movement (ATM) het Dinsdag gesê hy sal die parlement versoek om ondersoek in te stel oor Pravin Gordhan se bevoegdheid om ʼn LP te wees ná negatiewe bevindings teen hom deur die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane.

Die ATM het in ʼn verklaring gesê hy “neem met skok kennis oor voortgesette onthullings van die omvang van Pravin Gordhan se oortredings wat op 24 Mei bekend gemaak is in die verslag van die openbare beskermer”. Mandisa Mashiya, woordvoerder van die ATM, het gesê die oortredings dateer terug tot die era toe Gordhan die minister van finansies was.

“Die beweging sal die speaker van die parlement formeel versoek om dringend ʼn ad hoc-komitee aan te stel om Gordhan se bevoegdheid te ondersoek. Gordhan word gemaan om sy deelname in alle strukture van die regering op te skort totdat hy onskuldig bevind word. Suid-Afrika kan nie bekostig om individue aan te stel wat geïmpliseer word deur die openbare beskermer nie.”

Gordhan het die bevindings verwerp en is besig om die kwessie te hersien. Sy prokureurs het gesê hy het reeds met regstappe begin. “Ons bevestig ʼn aansoek is by die Pretoriase hooggeregshof ingedien namens ons kliënt, Pravin Gordhan om die verslag deur die openbare beskermer tersyde te stel,” lui ʼn verklaring van Malatji Kanyane Attorneys. “Die hof word versoek om die openbare beskermer se verslag no 24 van 2019/20 te hersien, dit tersyde te herstel en dit ongrondwetlik, onwettig, ongeldig en irrasioneel te verklaar, insluitend die bevindings en haar voorgestelde regstellende stappe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Andrea van Vuren ·

Nou wil die ATM die Speaker vra om ‘n ondersoek teen Gorhan te laat instel. Sy is dan self skuldig bevind aan korrupsie en dieremishandeling. Nee wat, ek gee nou heeltemal op!

Elna ·

Hulle sal nou met enige flou verskoning kom om nie vir Gordhan aan te stel nie. Ek persoonlik dink hy weet te veel en hulle is bang dat hy praat en bring al hulle korupsie skandale uit. Die land het mos dubbel standaarde en hulle is mos net daar vir eie gewin.

Wilna ·

It takes one to know one? Die OB, ag foeitog, lagwekkende nar, has been wat vir Pravin wil aanvat? Hierdie eerbare man is al hoeveel keer vals beskuldig. Wats nog n keer? Hy gaan weereens die laaste lag. OB, gaan vee maar weer vloere. Jy behoort dit reg te kan doen.

Gert van Wierdapark ·

Waar val die ATM’s nou uit die bus uit? Ook die klokkie hoor lui, maar dis al. Die OB en al haar voor en agterryers gooi nou alles in die stryd om saam met die EFF en die se steun aan Tom Monyane vir Gordhan te probeer elimineer. Die soort vendettas is nadelig vir SA.

Basjan ·

Hier is iets aan die broei. Die aanval op mnr Gordhan is net ‘n weerlig afleiding vir iets anders wat hule wil wegsteek.

Linda ·

By watter universiteit het Busisiwe Mkhwebane haar graad (grade) behaal?

Thys ·

Jy kry dit te koop as jy genoeg geld het kan jy deesdae enige sertifikate op straat koop

Piet parys ·

Om te dink die korruptes wat die sauk bankrot gemaak het . Dit is mos nou replay tv wys nou vinger vir Gordan .

Thinus ·

Ondersoek die hele ANC gespuis want die hele lot is korrup.

koos ·

Wil iemand net asb die ATM van die verlede inlig, aangesien hulle ‘n nuwe party is. Die “voortgesette” beweringe is so oud soos die Bybel. Dit kom van Zuma en sy kronies af tydens die “onwettige” ondersoek span in tabak smokkel. Dis was gebruik om sy mond te probeer snoer. Die OB gebruik dit net nou weer om haar en Ace en DD se agenda te dryf.

Elsa ·

Ek vertrou Gordan ook nie eers so ver ek hom sien nie. Het lank saam met hom gewerk….

Hb ·

Ja eks oortuig daarvan dat almal inni ANC korrup is op di een of ander manier,wel ni net di ANC ni

Dries du Toit ·

Elsa verduidelik bietjie. Jy kan mos nie net do sê nie

Petro ·

Staan sterk Mnr Gordhan.. Staan sterk… Dis ‘n aanslag…

Trol ·

Was die atm komatoos tydend die vorige onthullings van dieselfde “oortredings”? Laat die atm ook David mabuza, thandi modise en kie ondersoek? Dis met afgryse dat ons verneem david, thandi, ace &kie word nie ondersoek nie.

Cherokee ·

Wel, julle Gordhan-aanhangers vergeet klaarblyklik hy is ANC. En hy was ook lid van die ANC in Umkhonto we ziswe se tyd. En vir die wat nie weet wie Umkhonto we sizwe is, vra vir dr Google. Slegs ‘n kwart eeu en van die ANC-lede begin wit aanhangers werf.

Pierre ·

Dit is duidelik dat hier skielik ñ politieke motief agter hierdie skielike verskyning van die verslag is. Waarom nou, sy is vir my ñ bietjie te veel van ñ vertroueling uit EFF en ATM geledere, enigste mense wat haar goedgesind is. Hoop hy kry sy sê in. Sy is groot gif. Veral as dit by die Ramaposa faksie kom,

Akademi Buktu ·

Voortgesette onthullings? Nee ATM, duidelik is julle bitter ver agter en ek kan nie anders as om jul bevoegdheid in enige leierskapsposisie te bevraagteken nie. Maar gaan asseblief voort sodat julle onnoselgeit geopenbaar kan word nie.

Pravin vir President ·

Oh please man – hands OFF Mr Gordhan – at least he has integrity; when is Zuma going to jail for what he stole and the REST of South Africans government thieves? and LOCK up that little woodworker, ‘JULIAS’ JULIAS with his big mouth.

Basjan ·

Hier is iets aan die broei. Die aanval op mnr Gordhan is net ‘n weerlig afleiding vir iets anders wat hule wil wegsteek.

ANNE-MARIE VAN WYK ·

Los tog die man uit dat hy sy werk doen. Ondersoek julle self.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.