Atterbury-rylaan tydelik gesluit

Die ryvlak tussen Loisstraat en January Masilela sal gesluit wees.

Die ryvlak tussen Loisstraat en January Masilela sal gesluit wees.

Stad Tshwane het motoriste in kennis gestel dat Atterbury-rylaan dié naweek tydelik gesluit gaan wees.

Sr. Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie het gesê dat albei ryvlakke tussen Loisstraat en January Masilela-rylaan Saterdag 4 Maart van 12:00 tot 18:00 en Sondag 5 Maart 2017 van 06:30 tot 16:00 gesluit sal wees.

Dieselfde reëling in terme van die tyd wanneer die pad gesluit sal wees, sal volgende naweek, 11 en 12 Maart, weer geld. “Motoriste wat die westelike ryvlak, weg van January Masilela-rylaan, gebruik sal steeds toegang hê tot Plantland en albei Engen-vulstasies met ʼn omdraaifasiliteit terug na January Masilela,” het Mahamba gesê.

Dié ontwrigtings is om oorhoofse kragdrade te skuif om plek te maak vir die oprig van ʼn brug wat in Dallas-weg gebou word. “Daar sal geen kragonderbrekings tydens die verskuiwings in die Menlyn-gebied wees nie,” het Mahamba gesê.

“Daar sal tekens opgerig word om verkeer te herlei en die Tshwane-metropolisie sal ook help om die verkeer te herlei by die besige wisselaars,” het Mahamba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

willie ·

waarom word nog steeds erkening gegee aan die vreemde straatname in beriggewing? al word daar dan net beide name genoem! dit tenspyte van hofbeslissings!

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, plaas asseblief ook die ou bekende straatname in hakies agter die nuwe name.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.