AU sukkel om volwaardige opvolger vir Dlamini-Zuma te kry

Nkosazana Dlamini-Zuma (2012) (Foto: SA Government | Flickr)

Nkosazana Dlamini-Zuma (2012) (Foto: SA Government | Flickr)

Afrikalande sukkel om ʼn volwaardige opvolger te kry ná Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma as die Afrika-Unie se voorsitter voor volgende maand se AU-beraad in Kigali, Rwanda.

Beamptes het gesê die drie kandidate wat tot dusver hul name opgegee het, is “benede peil” en “iemand beter” moet gevind word.

Jakaya Kikwete, voormalige president van Tanzanië, en huidige minister van buitelandse sake in Algerië, Ramtane Lamamra, word tans oorweeg.

Die beamptes het gesê die soektog om die pos te vul kan moontlik die verkiesing in volgende maand uitstel tot die AU se volgende beraad in Januarie 2017 in Addis Ababa, Ethiopië.

Indien dít gebeur, sal Dlamini-Zuma self, of haar adjunk, Kenia se Erastus Mwencha, aanbly as waarnemende voorsitter.

Dlamini-Zuma se termyn verstryk volgende maand en sy het ʼn tweede termyn, waarop sy geregtig is, van die hand gewys.

“Dit is ʼn groot gemors. Ons kan dit maar erken,” het die beampte gesê.

Die drie kandidate wat hul hande opgesteek het, is Pelonomi Venson-Moitoi (65), minister van buitelandse sake in Botswana; Specioza Naigaga Wandira Kazibwe (60), voormalige adjunkpresident van Uganda; en Agapito Mba Mokoy (51), minister van buitelandse sake van Ekwatoriaal-Guinee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

NEL ·

John , ek wil aansoek doen , Die geld behoort goed te wees. Jy het seker nie vreeslik kwalifikasies nodig om die job te doen nie, dink my vervoer diploma kan die ding doen…..

Therese van Schalkwyk ·

Die kandidaat van Botswana, minister van buitelandse sake Pelonomi Venson-Moitoi wat hand opgesteek het, is heel waarskynlik té bekwaam vir die spesifieke pos. Enige kandidaat van Botswana behoort die res in die skadu te stel.

Totdat één goeie resultaat deur die Afrika-Unie uitgespel kan word, sal daar geen slapelose nagte oor hierdie “groot gemors” hoef te wees nie.

Intussen verdring der duisende Afrikane mekaar ter see op lekkende bote van gewetenlose smokkelaars na Europa, tuiste van die kolonialis. Volgens vele, die sg. argitekte van Afrika én die Midde-Ooste se misrabelheid. Wat ‘n fiasko!

koos ·

Hou haar daar sy is die beste persoon om Afrika te regeer. Trots Suid Afrikaans. Hoekom haar talente hier in Suid Afrika kom mors.
Dlamini Zuma vir koning!!!!!

Joann ·

Hier loop baie werkloses in die strate,stuur een van hulle,ek glo nie die werk is so ingewikkeld nie.

Johann ·

As ek nou al ooit n PR move gesien het en n bewusmakings projek om die wereld voor te bery vir die terugkeer van haarminder edele Zuma is dit dit. BELAGLIK ABSURD hahahahhhahahahahahahhahahahhaa. Wel vir eers; want as die anti terugkom om oor te neem…gaan ons huil eerder as lag. Lyk my dis die ANC se Zuma opvolg plan. Sy hordes vrouens …ekse en huidig.

Theuns ·

Sy het nog ‘n termyn as Voorvreter van die AU van die hand gewys want sy is een van die Kandidate vir Zuma se Presidents pos. Dit is nou natuurlik om tot Zuma se redding te kom! Die President kan mos sommer ‘n hele klomp oortredings kwytskeld(Presidential Pardon). Die Hemel behoede ons!!

Koos Karoo ·

Stuur haar voormalige man, ou Jacob, dan is ons ten minste van hom ontslae.

Hendrik ·

Kan julle dink watse betogings gaan die land he as hulle hierdie dame aanstel as president. Sy praat ook verskriklik stadig en die parlementsopeningtoespraak gaan ure neem.

Rikku ·

Ek glo dit nie !!!!!
Dit kan seker nie so moeilik wees nie.
Mag ek aansoek doen ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.