AU vra vir massa-onttrekking aan strafhof

Internasionale Strafhof in Den Haag (Foto: Asser Institute)

Internasionale Strafhof in Den Haag (Foto: Asser Institute)

Die Afrika-Unie (AU) het ʼn beroep op sy lidlande gedoen om aan die internasionale strafhof te onttrek.

Senegal en Nigerië het beswaar gemaak teen die nie-bindende resolusie wat die beroep doen. Suid-Afrika en Burundi het albei reeds besluit om te onttrek en het die strafhof daarvan beskuldig dat hy hul soewereiniteit ondermyn en Afrika onregverdig teiken.

Die strafhof het egter die beskuldigings ontken. Die AU se beroep, om aan die strafhof te onttrek, kom na ʼn beraad in Addis Ababa in Ethiopië, wat Dinsdag tot ʼn einde gekom het. Omar Al-Basjir, Soedan se president, het ook die beraad bygewoon. Die strafhof het vroeër ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik en sy teenkanting teen die strafhof is welbekend.

Suid-Afrika het geweier om Al-Basjir in hegtenis te neem tydens sy besoek aan die land in Junie 2015, toe hy die Afrika-Unie se beraad in Johannesburg bygewoon het. Die Suider Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) het ʼn hofaansoek gebring om al-Basjir in hegtenis te laat neem op grond van die strafhof se lasbrief vir sy arrestasie. Die regering het hom egter nie in hegtenis geneem nie en ʼn hof het hom opdrag gegee om in die land te bly totdat oor sy inhegtenisneming besluit kan word. Nadat die hof beveel het al-Basjir moet in hegtenis geneem word, is vasgestel hy het reeds die land verlaat.

Die appèlhof het later die Suid-Afrikaanse regering se versuim, om al-Basjir in hegtenis te neem, as “skandelike gedrag” beskryf. Die Suid-Afrikaanse regering het einde Junie 2015 gesê hy sal oorweeg om hom van die internasionale strafhof te onttrek as ʼn “laaste opsie” oor die Al-Basjir dispuut. Suid-Afrika het in Oktober met die proses begin om aan die strafhof te onttrek.

ʼn Totaal van 34 Afrika-lande is deel van die strafhof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kas ·

Gaan hulle ook vra vir massa onttrekking om bakhand te bedel vir geld?

Johannes van Staden ·

Nou kan hulle growwe menseregte skendings pleeg

simon ·

As n vroeere uitstekende besluit nie na verwagtinge uitdraai nie, breek af, eerder gister as vandag.

John ·

Ons het ‘n president met ‘n klompie hofsake wat wag en hy is een van die voorbokke wat onttrekking voorstaan. (Die x-faktor kan dalk ook help.) Indien grondgrype beplan word, sal onttrekking die sake van die lydende partye bemoeilik.

Kyk Maar ·

Maar hulle wil graag vlugtelingstatus verkry van die lande wat deel uitmaak van die strafhof!

aloys ·

Die AU is heeltemaal reg. Die USA het homself onskenbaar gemaak vir die Strafhof en kan vir hulle misdade in die wereld met as gevolg honderdduisende dode nie veroordeel word nie.

Zumie ·

Die standaard Afrika reaksie:
In plaas van grondige redes, oortuiging en debat steun ons op magsuitoefening en afpersing…

Flintstone ·

Tipiese karaktertrek.Hardloop weg van verantwoodrdbaarheid van hulle misdade.Hoe hulle ook al draai en uitwurm,daar wag ‘n ewige oordeel.

Flintstone ·

Ironies hoe hulle die vinger wys na geskiedkundige misdrywe teen hulle maar self wil hulle nie pa staan vir groteske skending van menseregte nie.Dubbele standaarde wat alle vingerwysing na die verlede tot niks reduseer.

Katie ·

En vreemd hoe hulle altyd Apartheid SA gaan verkla het by al wat ‘n oorsese land is, en ons jare gebuk moes gegaan het onder sanksies omdat HULLE gaan kla en kerm het, nou dat die wittes en ander minderhede se regte onderdruk word, nou wil hulle seker maak ONs het nerens om te kla nie.

KP ·

Korrupte AFRIKA. Ontrek maar ons gaan ons eie strafhof kry gelei deur Gerrie Nel wat beter gaan werk. HKGK.

groenewaldt ·

Hulle wil al die drek van die aarde hienatoe laat kom want hulle sal tuis voel tussen die korrupte drek hier. Hulle beplan seker ondenkbare dinge en wil keer dat hulle vervolg word.

Duidelik ·

Beplan GEnOCIDE van wittes, dan kan niemand aan hulle raak nie… Die ANC wil seker maak dat wanneer hulle in SA begin doodmaak, afvat, menseregteskendings EN grootskaalse KORRUPSIE pleeg, dat niemand hulle sal vervolg nie .. Dit is so duidelik soos daglig.

Lynette ·

Ek lees in berig dat Al Bashir die verrigtinge bygewoon het!!!! Hoekom het die Strafhof hom dan nie gearresteer nie? Hy was dan in hulle midde!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.