Aucamp bedank; Msimanga se kop ook geëis

Marietha Aucamp. Foto: Facebook

Marietha Aucamp, die Stad Tshwane se personeelhoof, het Donderdagaand bedank op versoek van Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane.

Msimanga het dié nuus in ʼn mediaverklaring bevestig. “Van myself, as burgemeester, wil ek haar alle voorspoed met haar toekomsplanne toewens.”

Maroela Media het vroeër berig Aucamp is op spesiale verlof geplaas nadat mediaberigte dit aan die lig gebring het dat sy moontlik nie oor die nodige kwalifikasies vir haar pos beskik nie. Daar is verder beweer dat Msimanga ʼn groot rol gespeel het in haar aanstelling.

Die ANC in Tshwane het intussen Donderdag ʼn klag van bedrog teen Aucamp aanhangig gemaak. Hulle beweer hulle het nog altyd gesê Msimanga is nie die ware burgemeester van Tshwane nie en dat Aucamp agter die skerms die toutjies getrek het.

Lesego Makhubela, woordvoerder van die ANC-koukus in Tshwane, het gesê toe die DA-administrasie oorgeneem het, was Aucamp raadslid van die DA. “Sy is toe as burgemeesterskomiteelid aangestel en ons het vurig daarop gereageer. Hulle het haar toe verwyder en direk in die kantoor van die burgemeester geplaas en vir haar ʼn pos gegee waarvoor sy nie gekwalifiseerd is nie.”

Hy het so ver gegaan as om te sê dat Aucamp daar geplaas is om die “marionet [Msimanga] op te pas”.

Die ANC het geëis dat Msimanga onmiddellik bedank. Tebogo Joala, ANC-woordvoerder in Tshwane, het verskeie dokumente voorgehou wat blykbaar deur Aucamp onderteken is wat aandui dat sy ʼn B Tech-graad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Johann ·

HUH? So nou, vir die pos, is n gepaste kwalifikasie van toelassing? En al die ander “poste” wat oor en weer gevul word tussen die ANC kaders se pionne?

JoeV ·

Ag nee toe Johann, wit mense moet leer om iets te doen, kaders weet klaar alles! Mos!

Stand for change ·

Probleem wanneer die DA oorneem by die ANC, sit hulle met die werkers wat sloer met als omdat hulle nog aan die ANC lojaal is. Dus lyk die DA by City of Tshwane of hul nie hul werk doen nie. Sy is ‘n dinamiese en no-nonsens bestuurder met ondervinding wat daai werkers moes vasvat. Hul het niks daarvan gehou nie. Na Athol Trollip het hulle mos gesê hulle kom vir Tshwane. Dit is betreurenswaardig. Sy het nooit gelieg nie.

KG ·

Ag hemele tog, al die politieke partye laat my soms aan ‘n klomp kindertjies dink met hul optrede. “Wela kapela, ek het jou uitgevang”, nou gaan ek na mamma hardloop.

Piet Snot ·

Kan grootmense (politici) so kleinlik en kinderagtig wees!

KG ·

Gly my Piet Snot hulle kan. In my opinie is dit in elke geval die politici wat die meeste probleme in die land veroorsaak. Ek al so goed keelvol vir die hele spul van hulle!!

Niklaas ·

Ek wonder of die reaksie van ANC dieselfde sou wees as die dame swart was. Seker nie.

Helena ·

Hier is nou die gulde geleentheid wat die DA stadsraad het om van al die ongekwalifiseerdes en ondergekwalifiseerdes wat julle geëerf het ontslae te raak. Ek hoop jul benut die kans ten volle.

Leo ·

Eerder ontslae raak van die wat jok oor kwalifikasies as die wat onder of geen kwalifikasie het en nie gejok het daaroor en wel bevoegd is om die werk te kan doen nie. Niks fout daarmee as die persoon wel die werk kan doen al het hy/sy nie die kwalifikasie nie. ‘n Graad is nie alles nie, maak wel vir jou deure oop, maar niemand gaan weet wie of wat jy was die dag as jy jou houtjas aantrek nie.

Al ·

As sy gejok het oor haar kwalifikasies was dit dir regte ding om te bedank. Die ANC skop ñ groot bohaai op omdat die DA is – gister was daar ñ nuusberig dat voormalige minister van openbare onderneming Lynne Brown ñ werknemer wat slegs graad 9 het, ñ allemintige dalaris gegee het van R870 000 per jaar! Die ANC moet eers voor hul eie deur vee voor hul klippe gooi na ander partye!

thinus ·

Ja die ANC is vinnig om te EIS dat sy al die geld wat sy as SALARIS verdien het moet terugbetaal, en die’ een wat haar aanstelling geteken het moet ook bedank! WAAR HET DIE ANC DIT AL OOIT GEDOEN? Daar is seker in elke staatsdepartement, elke provinsiale dept. en elke stad- of munisipale raad duisende sulke voorbeelde, en het EEN van hulle enige geld terugbetaal na hul uitgevang is???? DIE RES SIT NOG STEEDS DAAR

Kerneels ·

Dit is niks vreemd dat burgemeesters raadgewers het nie. Oral in die ANC munisipaliteite is politieke raadgewers. Of is dit nou wees selfde storie as De Lille.

hendrik ·

En in die ANC is daar net doktore en ingeneurs en wetenskaplikes en al wat ek vra is waar kom al die grade vandaan. Sjoe maar die apartheidsregering was darem baie sleg vir hulle gewees ne. Al het hulle oorsee gaan studeer moes hul tog goeie skolastiese onderrig ontvang het maar aan die ander kant daar is ook universiteite in Zambie en Uganda ens.(sarkasme)

Marietjie ·

Maar dis maar okay as ons regering en vorige president nie eers hulle skoolloobaan voltooi het nie en dan het almal nog kriminele rekords ook. Dit raak net al hoe moeiliker om `n blanke in ons land te wees. Ons is so ver in die minderheid dat ek nie kan verstaan hoekom hulle nog steeds bedreig voel deur `n minderheidsvolk nie. Dit gaan werklik my verstand te bowe.

Chantell ·

Moet die polisie manne wat dan nie kan Lees skryf of skiet nie, ook dan hulle selarisse terug betaal, wonder maar net….

Mrs H ·

Bedrog?! Staan sterk meisie, baklei hard. Hierdie is lagwekkend van ANC wat nog nooit bevoegd hulself op enigge vlak was, is of sal wees nie. Ons staan bankvas agter jou. Jy is net n yster wat hulle gebruik om Solly hard te slaan. Hierdie is dieselfde mentaliteit wat plaasmoorde as net nog n gewone optrede te bestempel.

B-man ·

‘n BTech in wat?
Dis ‘n goeie kwalifikasie en tien-teen-een beter as enige van die ander aansoeke s’n.

Casper Labuschagne ·

Nêrens sê dit dat Aucamp oor haar kwalifikasie leuens vertel het nie. Daarby is, volgens die boonste artikel, die motivering vir die ANC se klag van bedrog wat teen Aucamp gelê is, klaarblyklik die aantyging dat sy agter die skerms die toutjies trek wat die burgemeester beheer.

Tog so jammer dat Aucamp nie lid van die meerderheidsparty is nie, want dan was sy eenvoudig as kader herontplooi na ‘n ander munisipaliteit in ‘n beter pos.

PIKKEWYN ·

Hulle het vanoggend op die radio gese Marietha se sy het nerens ooit aangedui dat sy wel oor ‘n graad beskik nie.

Plaas dat die ANC en EFF van hulle EIE onbevoegte mense in hoe poste ontslae raak wat wel lieg oor hulle kwalifikasies as om onskuldige mense te teiken.

riana ·

As hulle Solly se kop ys….. dan moet die hele spul ANC EN EFF ook bedank, die een is meer korrup as die ander , en hoelank het die Agbare Zuma daar bly sit en die een skelm tjom na die ander bevoder waarvan ons nog steeds nie ontslae kan raak nie…. Ace / Supra…. maak eers julle eie huise skoon ANC/ EFF dan kan julle begin skree

Leo ·

Dis eenvoudig….sy is blank met geen kwalifikasie nie. Snaaks ons oud president Zuma het nie eens matriek gehad nie maar miljoene per jaar verdien. Wat is dan nou eintlik die verskil??? Daar is BAIE mense met grade en diplomas maar kan nie die werk doen nie terwyl daar ook BAIE mense is met geen graad of dipoloma wat meer weet en actually kennis wat opgedoen is deur die jare kan toepas. Dis vir my altyd so amazing as ek sien hoe die (nie almal nie) met hulle kwalifikasies, grade en diplomas neerkyk op die wat dit nie het nie. Hulle is goed genoeg om die werk te doen, maar wanneer dit by erkenning kom, word dit soms meer as dikwel ontneem van die wat dit werklik toekom en agter die skerms sit omdat hulle nie die kwalifikasie het nie. Hulle word misbruik om die met grade te laat goed lyk. Ek weet, ek het vir so ‘n maatskappy gewerk waar die nuwe bestuur net omring wou word deur mense met grade (ook sommer so gesê deur die MD self tydens personeelvergadering) en as jy nie beskik het oor die nodige graad nie, is jy uitgewerk ongeag jou jare ondervinding en kennis. Dankie tog ek het self besluit om te loop, want ek jaag nie titels na nie. Niemand gaan eers weet wie ek was die dag as ek my kop neerlê nie, geen goue beeldjie nie. Hou jou kop hoog Marietha.

Hannelie ·

Nou wonder ek maar net wat van al die ander poste in hierdie land waar daar mense ingedruk word wat nie die regte kwalifikasies het nie en daar is baie van hulle.

bren ·

Dis reg; te veel mense sit in posisies wat hul nie verdien nie. Dis n kriminele oortreding om te lieg oor kwalifikasies? of het daai wetgewing weggeval?

Alida ·

Al wat Solly en die DA nou moet doen is om ALMAL en ek bedoel ALMAL wat op die raad dien se kwalifikasies te ondersoek en te verifeer. Die wat nie geldige of genoegsame kwalifikasies het nie moet ook forseer word om te bedank of geskuif word na ‘n gepaste pos wat by hulle kwalifikasies pas. Daar gaan BAIE skoonmakers wees en BAIE oop poste vir gekwalifiseerde kandidate.

Bosbok ·

Ek neig nogal die keer om saam met die ANC te stem. Die DA/ blankes dink altyd hulle is beter as die ANC en wil altyd korrupsie by al wat n ander party is uitwys. Die DA is maar net so vrot soos die res. Die klip is gegooi voor die regte deur.

Willie ·

Wat het Zumpie gehad? Std 2/4/6? ….939 million 3000 and 60000

Henk ·

Het die ANC ook bedrog klagtes en korrupsie klagtes ingedien teen die ANC lede wat in poste sit sonder kwalifiksies soos motsoeng nar van SABC faam? En teen die wat hulle aangestel het?

Oom Kalahari ·

Marietha Aucamp, hou jou kop hoog en onthou net dat jy deur al jou ondervinding ‘n uistekende diens gelewer het en waar positiewe bydraende faktore plaasgevind het. Daar is sovele wat deesdae net grade links en regs ontvang weens die verbindheid van families in hoe profiel poste en hul het vry opleiding waarvoor jy moes werk. Baie ander het weer gekoopte grade. Dit gaan nie oor hoeveel grade jy op jou sosatie stokkie kan inryg nie, maar hoe effektief en professioneel jy in jou werk optree en die gemeenskap dien. God het vir jou ‘n beter uitleg en toekoms en voel nie ge-intimideer deur die swakkeling wat jou kop eis nie. Darem net snaaks hoe SA ‘n kriminele en graad 7 president kon oplewer wat ‘n hele land en buitelandse verteewoordiging kon dien, maar dit was geen probleem. So die sout potjie weet nie van die peper nie? Alles word nie dieselfde gehanteer nie, afhangende van jou kleur en afkoms.

pikkewyn ·

Ek stem saam oom Kalahari. Sterkte Marietha en hou net jou kop hoog…

Judge Dredd ·

Nou wat nou met al die kaders en liberales wat die kunste geswot het en dan opeindig in besigheid?

Cherokee ·

‘Wat het Zuma gehad’ vra jy? Wel hy is dubbel gegradueerd ! Zuma kan twee grade agter sy naam skryf… graad 1 èn graad 2.

Neelsie ·

Vergelyk dit met berig op News24 waar Lynne Brown se graad 9 “helper” R75 000 per maand verdien het !

Regte ding ·

As sy gejok het, is dit die regte ding om te doen. Ek hoop net alle leuenaars word nou uitgevang. Verder stem ek, ons het mos nou gesien, daar is ‘n rede hoekom jy kwalifikasies moet hê en al is dit indiens opleiding, moet dit korrek aangedui word, maar die enetjjie kan weer ‘n skuiwergat gee. Die vorige president het mos darem gewys met geen opleding en min skoolgaan bestuur jy ‘n land vinnig vinnig in rommelstatus in!!!

Lourens ·

Ek wens die klomp in die regering wil ophou om soos kinders te “tittel en tattel” en te baklei, en eerder soos grootmense (bedoel volwassenes) DIE LAND SAAM TE REGEER EN ALLE KWELPUNTE (DAARS BAIE) OP TE LOS EN REG TE STEL.
Die kodewoord is REGEER, dit is jou WERK wat jy vir JOU Suid-Afrikaners veronderstel is om te doen.

Vanessa Moore ·

Ja Alida ek stem saam jou, maar die ANC en EFF kom weg met alles. As die werk nog gedoen word het ek nie ‘n pyn nie, maar die helfte van hulle sit in poste (met grade) en het nie ‘n idee hoe om die werk te doen nie. Dis hoekom dit in die land gaan soos dit gaan. Die vrou het haar werk gedoen, graad of nie. LOS DIE DA UIT! Hulle probeer ‘n verskil maak in Suid-Afrika, nie soos die ANC en Malema wat die land na ‘n sirkus laat lyk.

Tannie Sahara ·

Daarshy, Oom Kalahari, niemand kon dit beter stel nie!
Dankie. Ons staan bankvas agter Marietha A en Solly M!

Linda ·

Politieke Partye is nie kleinlik en kinderagtig nie, die DA is bekend om ook korrupt te wees nes al die ander partye, hulle sorteer mekaar uit !!!

Linda ·

Dit gaan NIE hier oor ras nie, die ANC het van baie reeds ontslae geraak wat gejok het oor kwalifikasies (COO van SAUK) en dies meer. Korrupsie is aan die toeneem tussen alle rasse en moet beindig word, omdat die mense die Regering dien. Ons kan nie meer?Zuma en sy trawante van vooraf he in ons land nie !!! Almal moet saamstaan en korrupsie uitwis. Baie blankes pleeg net so korrupsie wat besighede het en nie VAT ens betaal nie !!! My boodskap vandag : Vee dus eers voor jou eie deur voordat jy iemand anders aanvat !!!

ek sê maar ·

Het sy haar werk gedoen? Dan is sy minder sleg as die wat kwalifikasies het en steeds nie die werk kan of wil doen nie.

Chris ·

Ek het n paar maande gelede n afspraak met die Mayor van Tshwane aan gevra via e pos wat handel oor onregmatig hede in Tshwane. Ek was self werksaam vir Tshwane en wag nogsteeds vir die afspraak. Dis asof alles onder die mat ingevee word.

Piet ·

Wat praat jy van Matriek Leo, Zuma het nie nie n hoerskool in sy lewe gesien nie. Sal my nie verbaas as sy hoogste graad graad 2 is. Ek sal graag sy punte wil sien……….

Andre ·

Mmusi en die DA sal nie `n word sê oor hierdie nie, dink maar mooi vir wie julle dink hulle staan.

Liza ·

‘n Kwalifikasie beteken nie altyd jy weet hoe om die werk te doen nie! Ek stel eerder iemand aan met 10 jaar ondervinding – spaar my besigheid tyd en moeite om die persoon nog opgelei te kry in die werk! Onthou maar net…wat van al die plasings in die goeverment wat daar is om die “marionette op te pas” – daar is baie deeglike gekwalifiseerde hoe’s wat heelduidelik nie weet wat hulle doen nie….Hoof van Eskom, Minister van Finansies….vorige President – net om ‘n paar te noem.

Maggie ·

In een van die groot staatsinstansies (verkieslik dat ek nie die naam noem nie) het hulle ‘n (Blanke) man aangestel om die tipe vervalsing te ondersoek. Meestal die werknemers se SA identiteit bevestig, (vele werknemers met vervalste ID’s uitgewys), en dan ook die algemene werker sowel as die bestuur se kwalifikasies bevestig. Kort voor lank was hy gewaarsku om sekere inligting NIE bekend te maak nie, daarna was hy dissiplinêr aangevat omdat hy eintlik net sy werk doen, en nodeloos om te sê, is hy uiteindelik uit die pos verwyder en op vroeë pensioen geplaas… hy het duidelik op te veel tone getrap. So,… waarom moet hierdie dame weggejaag word? Rassisme, sy is wit..

Kilroy ·

Ons voormalige president het eleventy kwalifikasies gehad. Ek het gelees dat daar ‘n manier bestaan waar die Munisipaliteit by die vereiste rakende ‘n kwalifikasie kan verbykom deur ‘n verslapping daarvan aan te vra. As Marietha nerens oor haar kwalifikasie gejok het nie, dan het die Munisipaliteit versluim om die tegniese punt na te kom. Dus bedank sy, al is dit nie haar skuld nie. Die verskil is opmerklik tussen haar geval en die COO van die SABC (soos Linda opmerk) se geval deurdat Marietha binne enkele dae bedank het.

Tina ·

Ek sal graag wil sien dat die DA ‘n lys bekendstel van al die ANC kaders wat hulle uit Tshwane Munisipaliteit moes uitskop, omdat hulle gelieg het oor hulle kwalifikasies. Om van die spul wat geen idee gehad het hoe om hulle werk te doen, nie eers te praat nie. Dit het die ANC BAIE lank gevat om EEN moontlike geval op te spoor.

Alida ·

Ek wonder rooi jas in die parlement teen die ANC ongekwalifiseerdes gaan “pay back the money”? Ek glo nie maar as jy blank is hop jy.

Yolande ·

Al wat ek weet is dat as jy hierdie vrou geskakel het met ‘n munisipale probleem, het sy Actually gesorg dat jou versoek aandag kry. Haar dienslewering en commitment was prysenswaardig.

Mich ·

Absoluut! Geen twyfel in Marietha A en geen twyfel in My Burgermeester Solly M nie. Staan saam Maroela-lesers!

jaco ·

Ouer lesers van maroela sal onthou dat dieselfde goed ook maar in die ou SA gebeur het met lekker jobs wat vir Broederbonders gegee is. Baie van hulle was ook nie altyd reg gekwalifiseerd vir daardie jobs nie.

LHS ·

Sorry dat ek lag maar regtig, meeste van maroelamedia se lesers is Afrikaans sprekende blankes wat in die ou dae teen die planne van die NP en hulle valse verraaiers gestaan het. Die meer regse gedeelte van die Afrikaner, die DA se voorgangers was nog altyd die ver linkse gedeelte wat baie hard balklei het om die fantastiese land wat ons nou het te skep. Ons mense is nou in so diep put van wanhoop dat na alle strooihalms gegryp word solank dit net teen die ANC is. Ons ondersteun elke persoon of aksie wat teen die ANC n saak het, selfs diegene wie se beleid steeds maar basies dieselfde is as as hulle voorgangers, die Helen Suzmans, Tony Leons, van Zyl Slabberts ens. Nee wat dankie, as hierdie DA vroutjie moontlik in daardie pos ingehelp is deur n DA burgermeester moet sy maar kry vir haar.

Koos ·

Presies. Om te sê “maar kyk wat maak die ANC alles” is geen verskoning nie. Om sonder die regte kwalifikasie aansoek te doen is dieselfde as om op die trein te klim sonder die regte kaartjie. Darem baie skynheilige kommentators wat hier kop uitsteek…

juba ·

Ek werk ook by die staatsdiens met 1800 werknemers indiens, 1700 managers met “heavy” kwalifikasies, die 100 met basiese ondervinding hou die plek aan die gang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.