Aurora-direkteure binnekort gesekwestreer

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het vandag Solly en Fazel Bhana se aansoek om appèl oor die vroeëre uitspraak dat hulle aanspreeklik is vir R35 miljoen in die Aurora-saga, van die hand gewys.

In die appèl-aansoek het die paar reeds aangedui dat nie hulle, of hul familie finansieel in staat is om die geld te betaal nie en hulle sal gevolglik binnekort gesekwestreer word.

“Geregtigheid het vandag vir honderde Aurora-werknemers geskied en hierdie uitspraak is ’n aanduiding dat ander betrokkenes by hierdie saak nie van die reg kan skuil nie,” het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit gesê.

Lees alle vorige berigte oor Aurora op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George ·

Julle het te lank gevat om die geld tekry .dit is al lankal oorsee of verduister.

George ·

Julle het te lank gevat om die geld tekry .dit is al lankal oorsee of verduister.

Ouman ·

Wat het van hulle vriend KZ geword of word hy beskerm deur sy familie

J.Z ·

lankal geskuif, hou maar dop so oor n paar jaar ry ons blink motors.

Johan ·

Daar sal niks van kom nie.
Hierdie groepering gekoppel aan nr 1 is meester kulkunstenaars.
Daardie miljoene wat gestroop is het “track records”, maar soos in nr 1 se geval waar meer as 700 sake teen hom is, wil ek glo dat alle paaie om die gelde te in ook soos by nr 1 nie gevolg gaan word nie. Hulle is mos immers “connected wat wil voorkom of dit outomatiese vrywaring verseker.

Henk ·

hoe het geregtigheid geskied as die kriminele miljarde gesteel en versteek het en hulself dan laat sekwestreer?
Iemand hier het ‘n wanpersepsie van die betekenis van die woord geregtigheid

Pieter V ·

Wat het geword van die here Zuma en sy ander venote of het hy n beskerm heer in nommmer
een ? Dit kan dalk goed wees vir Khulubuse en sy gesondheid as hulle hom sekwestreer ,met minder geld sal dit hom noop om minder te eet en sodoende te verslank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.