
Foto: Reint Dykema
Khulubuze Zuma, Zondwa Mandela, Thulani Ngubani, en Fazel en Solly Bhana het teen ʼn vroeëre uitspraak, waarvolgens hulle vir onder andere R1,7 miljard skadevergoeding aanspreeklik is, geappelleer.
In die appèlaansoek het van die voormalige direkteure reeds aangedui dat nie hulle όf hul families finansieel daartoe in staat is om die geld te betaal nie. Hulle sal gevolglik binnekort gesekwestreer kan word indien hulle nie gesamentlik of afsonderlik aan die bevel kan voldoen nie.
“Geregtigheid het vandag vir honderde Aurora-werknemers geskied en hierdie uitspraak is ’n aanduiding dat ander betrokkenes by hierdie saak nie van die reg kan skuil nie,” het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, gesê. Du Plessis het verder die hoop uitgespreek dat die Aurora direkteure na vandag se uitspraak nie sal voortgaan om die regsproses te vertraag nie en die gevolge van hulle dade sal begin dra.
Aurora Empowerment Systems is die moedermaatskappy wat destyds deur die Pamodzi-likwidateurs aangestel is om die Pamodzi-myne in Springs en Orkney te bestuur. Die direkteure van die maatskappy het egter beide myne vernietig deur plundering en wanbestuur.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die Aurora-saak op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Goed so Sluit hulle toe Tronkkos mag daai ekstra gewig laat wegsmelt
Snaaks die Zuma en Mandela vanne kom alweer op? Verkoop maar en betaal. As jy n myn wan bestuur gaan maar weer terug op jou spoor tot by pik en graaf. Soek daar vir oplossings
Toe hulle die geld gesteel het was dit nie n probleem nie soos hettie gese het sluit hulle toe dan gaan jy sien hoe ontwikkel hulle n sterwende siekte nie lank om te lewe nie kamaraad s shaik se siekte
Dankie aan Solidariteit vir hul volgehoue pogings om geregtigheid te laat geskied. Die skuldiges het sovele lewens verwoes.
Vat al hulle goed soos hulle die mense se goed gevat het hulle voel niks vir ander nie lyk vir my dit is in die familie